Klant vs kliënt

Junie 30, 2010 in Sonder kategorie

 Ouboet het ’n massiewe probleem met die woord klant. Ek weet daar is definisies wat sê iemand wat bloot iets koop is ‘n klant, en die persoon wat meer professionele dienste soos die dienste van ’n  prokureur of ingenieur koop is ’n kliënt.

 

Ek se stront. Die woord klant bestaan nie in my woordeskat nie. Dit is ’n swak woord sonder bestaansreg. Dit is ‘n stomp woord sonder metaforiese raakvatspasie. Klant is ’n plat woord wat herinner aan sy Engese rymgenoot sonder die l, wat beledigend is. Klant klink te veel na klont, en klonte mag die neusvlueles irriteer.

 

As iemand my ‘n klant noem is besigheid oor.

 

Wat dink jule?

16 antwoorde op Klant vs kliënt

  1. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Presies.

  2. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Dis hoe ek dit ook min of meer verstaan. Die woord klink net vir my so stomp en onAfrikaans.

  3. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Thanks vir die ondersteuning Charlene. Geat minds think alike.

  4. Klant herinner my altyd aan kalant. net so onvanpas as klont

  5. “Klant” klink kommin…”

  6. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Ek stem. Niemand praat van beeldradio nie, want die woord het gesterf voordat iemand hom die eerste keer gebruik het. .

  7. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Yes Tomma, kommin verby.

  8. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Presies, soos Tomma se, dis kommin.

  9. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Presies. Spot on.

  10. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Thanks Samuhr. Kommin woord.

  11. VozSola het gesê op Junie 30, 2010

    gelukkig in onse besigheid is ons kliënte – GASTE!
    dus het ek nie ‘n probleem nie… Wat my wel afsit is dat meer en meer mense verwys na KLANTE en nie kliënte nie?
    Die woord Klandisie? Duh? klink net so af soos Klantesorg…

  12. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Klant is kommin. Kant en klaar.

  13. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    OK, jy’s reg, maar ek wil nie deur die klantfase gaan nie.

  14. Ja nee ek praat heeldag met my kliënte NIE KLANTE NIE!

  15. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Ek is so bly almal stem saam.

  16. louisna het gesê op Julie 1, 2010

    Great minds think alike therina.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.