Skryf en opelyf. Oggendgereggie vir alle woordskeppers en veral digters

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Skryf en opelyf toon verbasende ooreenkomste en tog ook kardinale verskille, waarvan enkeles peristalties dog stigtelik onder die (l)oep geneem word:

 

  • Gereeldheid is nie amal beskore nie
  • Spuit(l)oep waarborg nie kwaliteit uitsette nie
  • Gereeldheidsaanhitsers soos All Bran, Lennons-kasterolie, Fartlooze en Brooklax bestaan nie vir skryf nie
  • Albei kan aanleiding tot aambeie gee en bring soms wurgings voort wat aan opgekrulde mielieblare herinner (Bron: Pynlike herinnerings aan ’n prosedure wat op Vrydag 13 Januarie 1984 in die Eugene Marais-hospitaal uitgevoer is om volle oopgang te verseker)
  • Die geel goed van die kers kan (l)oepe luisterryk en in technicolour laat brand maar uitsette hou net verband met ongereeldheid van laasgnoemde siektetoestand.
  • Beide bot of haak vas op die troon
  • Release gaan nie altyd sonder spatsels gepaard nie
  • Geverfde (l)oepe blom slegs in die gedagtes
  • Gekneusde uitsette kom by abei siektetoestande voor (of is dit nou agter?)
  • Peristalse gaan met ’n gevoel van oorwinning gepaard, ofskoon predisseksieverwarring (l)oepties kan bounce en neusvleuls of A4 papier mag irriteer
  • Holle en penne bly inspirasiegedrewe produkmunters

 

Sindroom 2-vermaning: Volroommelk, rou grondbone, gestoofde pruime, boontjiesop en baked beans bring soms verligtig maar sit die knypspiere en neusvlueuls in overdrive. Soms is briekstrepe onafwendbaar.

 

Met beide siektetoestande word blaasbeheer nie gewaarborg nie. Dus lewer ek woordrepliek op albei:

 

Sindroom 1: Skrywerskramp

 

Kat het op die plan gekots

en my bril se lens spring uit

 

Die stene is so swaar en

die troffels kap weer mis

 

Die waterpas hang skeef en

die profile clamps spring af

 

Jonas gee my ‘n stywe lip en

wave my uitkak met ‘n smile

 

want terstond het ek vandag

geen enkel vasvatwoord nie

 

Sindroom 2: Shithouse poetry

 

If you want to shit at ease

put your elbows on your knees

first a grunt and then a squeeze

and out it comes like rotten cheese

 

Lekker skryf

Uitlaatgroete

ouboet

14 antwoorde op Skryf en opelyf. Oggendgereggie vir alle woordskeppers en veral digters

  1. plankloper het gesê op Junie 29, 2010

    Ja nee…

  2. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Anha, so het elkeen van ons maar ietsie weirds in ons. Ten minste het jy styl wat my ontbreek. Thanks vir die inloer

  3. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    yes, nie so raar nie, maar waar. Thanks vir die inloer.

  4. VozSola het gesê op Junie 29, 2010

    …ongeag die uitwerking…dit gaan uiteindelik oor die verligting van die denke-kwaal…
    …en steeds word dit weggespoel…verwerk…en ten nuut weer te aan ons as suiwer ten toon gestel…

    Die peins, die dink, die druk, die uitwerpsel, die verligting, die wegspoel… na die optel, die lees, die verwerking, die verstaan…en die helderheid om weer aan ander dit weer te gee as nuut…

    Dit is ‘n wonderbaarlike proses – sowaar!

  5. VozSola het gesê op Junie 29, 2010

    Ek het nagelaat om te noem dat as die hardlywigheid te veel druk, is kennis, insig, ervaaring en ondervinding al hulmiddels wat help…elk met die eindproses in sig…maar ook elk met sy eie nagevolge en dit mag ook tot oordosering ly…en daarvoor is geen hulp nie.

  6. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Mooi, geniet dit MaanKind

  7. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Thanks. Jy is inderdaad ‘n waardetoeveoegnde venoot in die fyn spel van skryf.

  8. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Geen hulp, geen woord, geen storting.

  9. jannel1 het gesê op Junie 29, 2010

    En evaluasie word ongelukkig meeste van die tyd, in beide gevalle, deur ‘n drol gedoen.

  10. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Jan, dit is buitengewoon besonder erg lekker om jou intellek en wydgeskakeerde metaforiek op die blog terug te hê. Toetsbestuur meer grepe uit jou boek op die blog.

  11. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Ekke, thanks. Ek sien jy is metafories in overdrive. Spot on sonder spatsels.

  12. Ha,ha mooi gestel! Ek het nou so lekker gegiggel!xxx

  13. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Thanks Tweeling.

  14. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Thanks, great minds think alike.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.