AKS vir Modderkoekie

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Modderkoekie het in haar puik stuk ‘Your fat and your mother dresses you ooooooooooogly!’….. voorgestel ek skryf iets oor pecking order by mans.  ‘n Paar jaar gelede was ek betrokke in die kwaadaardige korporatiewe burokrasie en daar het ek met AKS (Akute kortgatsindroom) kennis gemaak. 

Kort mannetjies kan hulself deugde toedig wat nie bestaan nie. Dit laat my dink aan een van slegs twee stukkies litigasie waarby ek tot dusver betrokke was.Die pecking order het onbepland rens geword.

’n Klein mannetjie het vir die vyand opgetree. Voortvarend, welsprekend, en vol selfvertroue soos wat ek hom oor jare leer ken het, het hy losgetrek en die voorsittende beampte van sy rein, welgekoesterede en eerlike bona fides begin oortuig. Sy weergalose en diepgekoesterde respek vir hierdie aansoekers wat oor jare ‘n goeie saak onbaatsugtig gedien het, het hom elke moontlike tree van ‘n moeilike pad laat stap om tot op die hoogste vlak ‘n alternatiewe bedeling te probeer beding.

Nieteenstaande hierdie pogings was die skrif teen die muur……….. weens magte totaal buite ons beheer………. en so het die beskaafde heer die een logiese argument na die ander in suiwer en korrekte korporatiewe idioom verwoord. Elke lid van ons span, wat elke dag se verrigtinge met afwagting bygewoon het, sou hom seker, as die plek en invalshoek meer geskik was, wou toekots. Met ons opgekropte emosie en maag vol vrot en wrang herinneringe,  en inaggenome sy fisiese grootte, sou dit nie veel van ‘n uitdaging gewees het nie.

In elk geval, die kleinmannetjie is onder kruisverhoor geneem. ’n Hoogleraar in die die regsberoep aan my alma mater het vir ons opgetree. Ofskoon ek nie ‘n besonderse waardering, of dalk begrip vir die burokratiese rompslomp van die regstelsel het nie, het ek daardie dag die deugde van meesterskap van jou vakgebied in volle felheid binne die regsdissipline ervaar.

Binne die bestek van ‘n halfuur is ‘n voortvarende en welsprekende ster tot soekeling en stotterende poephappende dwaas gereduseer, met die fyn spel van suiwer en korrekte dialoog en die naakte werklikheid, die waarheid: die volle waarheid en niks anders as die waarheid nie.

Die draaiende maag het in ‘n nuwe allerheerlikste, selfs vraatsige aptyt verander. Die enigste vroulike lid van ons geselskap wou hom soen.

 Ek het niks teen klein mannetjies nie.

12 antwoorde op AKS vir Modderkoekie

  1. puik verwoord!

  2. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Thanks strepies.

  3. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Thanks Modderkoekie. Sorry, ek kon net nie ‘n meer treffende woord vind nie.

  4. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Baie beslis

  5. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    pun intended? Thanks vir die inloer.

  6. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Yes, allie pad

  7. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Thanks Annemari.

  8. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Jy is baie skerp.

  9. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    My kontak is ongelukkig beperk tot die een in die verhaal. Hy het te veel mag vir sy persoonlikheid gehad en toe duik hy.

  10. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Presies. Die wiel draai.

  11. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Min of meer.

  12. louisna het gesê op Julie 1, 2010

    Ek stem. Hoe kleiner die mannetjie, hoe groter die ego.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.