Ligte vermaninkie aan al die gevalle helde

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

’n Paar sporthelde is seker nog lighoofdig geklap oor hulle buitenshuise hardkoppigheid. Hiermee rig ouboet ’n goedbedoelde en deernisvolle, dog  ferm en patriargaalgeïnspireerde versoeningsboodskap aan al die manne wat by die walle van Buitepoort gegly het.

 

Poortpyn

 

Die fermte van manwees druk aan senuwees wat

tydig en ontydig sinusgolwe oor hul vaardig maak

 

Op- en aftes ets die wrangste skuldlas af en

kwes genadeloos die lewensweg se smalste gang

 

Spaar die roede nie, en onthou gevalle

held, die tongsambok kwes tog so diep

 

want  helaas, die roedes uit oop gulpe wetter

fermhard en so genadeloos as mammie slaan

 

en sonder snotsambok haar eer verdedig en vas

glo twee is wel ’n paar wat net binneshuis mag paar

10 antwoorde op Ligte vermaninkie aan al die gevalle helde

  1. Gan soek jou vorige pos op die tuisblad. GONE!!!!
    Ek sien dit gebeur as mens te gou weer iets op blog sit. so mis baie mense goeie goed wat verdwyn

  2. VozSola het gesê op Junie 28, 2010

    …en die blinde sambok slaan die hardste…

  3. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    As jy binne die geslote ruimte van die selbbaat na buitentoe staat van de huwelik is, is pret slegs binneshuis

  4. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    ……en kan hy wetter….

  5. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Nee, volgens my rekords is hy hog op die stoep. Hy val wel van die registery af as jy weer een plak, maar ek het net 10 inskrywings op my lys, so ek plak weer sodra die inskrywing van die registry verdwyn.

  6. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Thanks Ekke. You ain’t see nothing yet. Watch die volgende een. Geen net kans dat die registry van 10 op my lys versadig is. Ek sal die pos dophou.

  7. Ek weet dis nog op stoep, maar al gaan jy na “volgende” op register, is dit nie daar nie. dit sou ek graag anders wou hê

  8. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Rosie, ek plak goed wat soms jare gelede reeds geskryf is, so of die goed afval of nie is nie ‘n groot issue nie. Verder is ek bekwaam elektronies/tegnologies gestremd. Selfs met die DsTV-remote vra ek soms nog jongste se hulp.

  9. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Spot on. Sulk en stilstuipe is ondeugde wat mens vroeg in jou lewe moet ontgroei.

  10. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    Therine, komende an jou is jou repliek inderdaad vol insperasie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.