Eerstes in die lewe. Hou vas!

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

OK hierdie een is seker ‘n skrams klap werd. So be it. As jy jouself moontlik mag raaklees en melancholiese verdriete oor jou vaardig raak, vat eerder ‘n wye draai en pass die point of impact.

 

Nietemin, sekere grepe uit mens se jeug onthou jy in technicolour.  Onthou jy jou eerste kar, jou eerste fight, jou eerste vrysoen, jou eerste pak slae, jou eerste liefdesteleurstelling en ander eerstes?

 

Sekere grepe uit die hoofstuk genaamd Geleefde werklikhede van die Homo Sapiens  word iewers op ’n hard disc gestoor wat nie geformat kan word nie.  Selfs al veras jy daai hard disk op ’n brandstapel, sypel memories van verfloë dae steeds deur, blykbaar selfs deur die wasige sif van die onewayskemer van Alzheimers.

 

Eerste lig

 

Met oplaaityd was jy ’n halftoe skugter roos

wat skaam en knus teen die deur geleun het

 

Na dank vir spys en drank het jy stadig begin

bot en meevoerend al minder skaam geraak

 

Op die dansbaan was jou voltes immergroen en

jou passies tartend vir my nog ongleefde jeug

 

Helaas het jeug uit snoep ontwaak en oopgegaan

want oplaaityd en opstaantyd het ritmies saamgeval

 

en met die tweede draai in die oggendlug het leef-laat-

leef-vermaningskuld verdig tot sprokies helder lig

4 antwoorde op Eerstes in die lewe. Hou vas!

  1. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Thanks versie. Jy maak my dag in technicolour.

  2. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    My lewensfilsofie is om die golf te ry, hetsy in die oseaan of in die gedagtes.Jy laat my tog so goed voel as jy ook nostalgies terugverlang na ons “verlore jeug”. Die lewe is veels te kort om alles wat mens meevoer in te pas. Die metafoor in die vorige sin was toevallig, maer toe ek hom weer lees toe verstaan ek die “verlore jeug” tog soveel beter.

  3. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    “…stampe en stote ontlont”…. jy dink ook matefories diep vandag Ekke.

  4. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Thanks Woernjaps

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.