Bestudeer spyskaarte maar eet tuis

Junie 27, 2010 in Sonder kategorie

Neem asseblief kennis dat die onderhawige poging nie naastenby aan een van die eienskappe van ’n gedig voldoen nie. Beskou dit eerder as ’n kriptiese sameflansing van ’n getroue minnaar se los gedagtes binne die brose speelveld van die Sewende Gebod.

 

Gedagtes van ’n getroue getroude man

 

Jou diepbruin oë

skets nuwe horisonne

in die sprokies van ’n

landskap sonder tyd

 

Jou hande kan straks grys slape streel

welwetende jou laggie toets

in hierde broos verkenningsuur

terstond die smalwegreël

 

Jou kontoere laat gedagtes wip

tot in die kartels van jou binnevlees….

tot skouermannetjie ’n man wat kan,

maar die gebooie eer, tot orde roep

 

Malsmik-eiendoms-beperk

se kontaksport word, ai tog,

soms so guitig-gulsig met

die spyskaart aangevuur

15 antwoorde op Bestudeer spyskaarte maar eet tuis

  1. pasella het gesê op Junie 27, 2010

    daai uiteet kan die gestel ontstel.

  2. Na aanleiding van MK :
    TWEE OUENS IN WOOLWORTHS STAMP MEKAAR SE WINKELTROLLIES.
    DIE EEN SÊ: “HEL, EK’S JAMMER, MAN, MAAR EK SOEK MY VROU.”
    DIS TOEVALLIG. EK SOEK MYNE OOK.”
    “MISKIEN KAN ONS MEKAAR HELP. HOE LYK JOU VROU?”
    “SY’S LANK. SY’T LANG, DONKER HARE, LANG BENE MET MOOI KUITE, GROTERIGE, FERM TITS EN ‘N OULIKE, STYWE GAT.
    HOE LYK JOUNE?”
    “F*K DIT. KOM ONS SOEK JOUNE.”

  3. pasella het gesê op Junie 27, 2010

    Ek ken die grappie, maar nou lag ek weer so lekker daarvoor! dankie Rosiedoring!

  4. Vir n “kriptiese sameflansing” soos jy dit noem is dit darem maar damn goed hoor!

  5. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Thanks Kelly

  6. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Heilige onderwerp, so ek probeer maar.

  7. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Soos jy weet Modderoekie, is meeste van my goed gebaseer op gedagtes en nie werklike persoonlikhede nie. Thanks vir die inloer.

  8. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Pragtig rosie. ‘n Mooi vrou is seker die magtigste wapen bekend aan die mensdom.

  9. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Hallo lewies. Thanks vir die inloer.

  10. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Spot on Ghaap. Die mik is nie one way traffic nie.

  11. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Baie beslis.

  12. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Thanks versie. Dakie vir die inloer.

  13. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Oneindig groot en die spyskaarte met die heerlikste disse is die wereld vol bestrooi.

  14. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Ai MaanKind. Life’s not fair.

  15. louisna het gesê op Junie 28, 2010

    Spot on.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.