Hoekom is die meeste van ons gunsteling gedigte ouer as 50 jaar?
Junie 24, 2010 in Sonder kategorie
Dit is verstommend hoevel bloggers gedigte lees en watter diep insig hulle toon. Hier volg ietsie uit ’n navorsingsprojek deur my seun. Kundiges en gewone poësieliefhebbers is gevra om hulle 10 beste gedigte te kies. Die volgende rangorde is bepaal:
Rangorde |
Gedig |
Digter |
1 |
“Winternag” |
Eugene Marais |
2 |
“Gebed om die gebeente” “Oom Gert vertel” “Wys my die plek” |
D.J. Opperman C. Louis Leipoldt C. Louis Leipoldt |
3 |
“Ma” “Sproeireën”’ “Die beiteltjie” “Lied van die kinders” “Die kind” “Grense” “Die hond van God” “Raka” |
Antjie Krog D.J. Opperman N.P. van Wyk Louw Lina Spies Ingrid Jonker N.P. van Wyk Louw N.P. van Wyk Louw N.P. van Wyk Louw |
Die digters wie se gedigte die meeste op keuselyste voorkom is soos volg:
Rangorde |
Digter |
1 |
D.J Opperman |
2 |
N.P van Wyk Louw |
3 |
Eugene Marais |
4 |
C. Louis Leipoldt *Breyten Breytenbach *Antjie Krog |
5 |
Totius Sheila Cussons Jan F. E. Celliers |
6 |
Ingrid Jonker *Lina Spies Uys Krige C.M. van den Heever Elizabeth Eybers Ina Rosseau |
Van die vyftien digters hierbo genoem, leef slegs die drie wie se name met ’n * gemerk is vandag nog, of te wel 20% van die gunsteling digters. Gee dit ’n verdere aanduiding dat die kundige deelnemers hoofsaaklik van veel ouer gedigte hou? Breyten Breytenbach en Lina Spies word/is vanjaar 70 en Antjie Krog is in haar middel tot laat vyftigs. Is die briljante digters aan die uitsterf, of lees ons bloot te min nuwe verse?
Slegs een jong digter, Loftus Marais, in sy middel twintigs, figureer. Is hierdie nie een massiewe geleentheid vir baie meer jong digters om hul talente verder te ontwikkel nie?. ’n Verdere interessante afleiding is dat 5 van die digters, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Sheila Cussons, Antjie Krog en Lina Spies op die een of ander wyse deur Opperman van raad bedien is of opleiding in die digkuns by hom ontvang het.
rosiemetdorings het gesê op Junie 24, 2010
Antw op jou vraag: die gemiddelde poësieliefhebber as dalk ook 50 en ouer.
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Baie geldige punt.
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Beslis. Sommige groot geeste wou nie hul prsoonlike keuses bekend maak nie, maar het wel kommentaar gelewer
eiewys-gekkigheid het gesê op Junie 24, 2010
Ek kan seker nou galbraak hieroor ouboet en laat ek dit so stel, daar is te min geleenthede vir jong aspireerde digters. Glo my ek het al etlike verskonings gehoor. Daar is doodeenvoudig nie genoeg om digkuns aan te wakker in die jonger geslag nie.My kinders vind gedigte ‘boring’ en alhoewel ek dit sterk aanmoedig as deel van hulle taal en kultuur gaan dit maar moeilik. Waarom word daar nie beurse aangebied vir jong mense wat werklik ‘n aanvoeling en talent het vir die gedigte wêreld nie? Die feit dat ek van die ouer geslag digters hou is omdat ek kan visualiseer en myself inleef in elke gedig…..
VozSola het gesê op Junie 24, 2010
…want daarna was ons dalk nie geregtig op ope denke nie? Digters was mos maar meestal kluisenaar-denkers tussen regte mense. Ek dink aan nog ‘n grote soos Adam Small…wat steeds gans te min erkenning kry.
Digkuns het eers weer in die nuwe millenium rigting gekry…soos die ou-stywe-gekontroleerde-woorde-monopoly-mense…hulle hande na ander begin oopmaak het…
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Ghaap, jou insig is uitstekend. Ek stem, mens wil ‘n gedig verstaan en waarder.
Poësie moet my ook aan die hart gryp.
Hoekom bly sproeireen, ma en wys my die plek sulke briljante gedigte, 40-50 jaar nadat hulle gemunt is?
Hoekom inspireer Opperman steeds, toevallig vanjaar, 25 jaar na sy heengaan?
Hoekom is Komas uit ‘n Bambiesstok seker die mees aangeprese kunswerk in Afrikaans?
Anyway, ons lees mekaar beslis raak.
VirMyLiefling het gesê op Junie 24, 2010
Ek kan my vandag se gedigte voorstel:
I i ry
al lngs m dkrnd,
ss i snr v dmnti,
hng d drpls ut di hml.
– CJ Lngnhvn
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Ja, Boerneef het puik geskryf.
By Pramberg bler geen moflam
en die lakkals hou jolyt
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Puik stuk Tweeling. Ek weet daar is hope talent, maar te min aansporing.
Wat ons nodig het is pryse op skoolvlak. Ons het ook inisiatiewe soos DJ Opprman se destydse letterkundige laboratorium nodig. Weet jy hoeveel Hertzogpryswenners is daar geslyp? Etienne van Heerden, Antjie Krog ens ens. Breyten, Olga Kircsh en andere het ook onder Opperman se hand deurgeloop
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Ai, maar jy is hiperskerp vanoggend
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Ek stem saam oor Adam Small. Het jy daai artikel in Rapport gelees: Waar is Adam Small se Hertzogprys?
eiewys-gekkigheid het gesê op Junie 24, 2010
Dit is eintlik ‘n moerawiese skande! En ek stem saam met Ghaap baie van die ander digters se gedigte is onverstaanbaar. ‘n Gedigte bied tog ruimte vir verstand, verbeelding en herlewing….
UNPOCO het gesê op Junie 24, 2010
Ouer as 50 jaar? Seker omdat ons so oud is. (lol)
UNPOCO het gesê op Junie 24, 2010
Is hierdie dalk ‘n Mixit gediggie?
VozSola het gesê op Junie 24, 2010
nee, nie gelees nie…
Maar was daar nie so rukkie terug ‘n borsbeeld vir hom onthul nie…en wat hy nie self bygewoon het nie…?
VozSola het gesê op Junie 24, 2010
ek dink jy moet onmiddelik “Poësie Kenner” op daai geel hempie van jou griffel…
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Snaaks. Kinders van vandag hou steeds van Sproeireen, Wys my die plak en Ma, almal ouer as 40 jaar.
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Yes, lyk so.
pasella het gesê op Junie 24, 2010
Die jonger poësie is baie geslote en onverstaanbaar.
TT Cloete is self ‘n groot gees.Vreemd dat hy nie op jou lys verskyn nie. Ek hou ook van Wilhelm Knobel. Adam Small sie gedig oor die dominee (“n Doemanie, djy, djy met djou paleis hys en djou aeroplane mouterkar…” verskoon as dit nie 100% korrek is nie, ek haal so uit my kop aan, het my destyds baie pret gegee. Wat van Breyten se “Wie kan jol met ‘n stok in sy hol” Lekker studentikose anargistiese poësie!
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Yes, Ghaap is ‘n meester op nog ‘n groot P, en dit is Poësie.
louisna het gesê op Junie 24, 2010
TT Cloete is wel deur ‘n paar genoem. Ek hou ook van sy gedigte. Agter all het hy 2 keer die Hertzogprys gekry. Ek dink dit bly maar ‘n baie persoonlike saak.
VozSola het gesê op Junie 24, 2010
As hy moet sommer “Triple P” heet…ek dink dit cover al die angles…
😉 (Sorry ons skinder so openlik van jou, Ghaap)
Mmmm…Wat’s jou fav. Engelse poem?
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Weet jy wat maak my so happy? Slim girls soos jy sien met X-rays deur gedagtes
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Maar ek moet se lewies, Loftus Marais se werke staan my nogal aan.
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Spyker op die kop. Daarom beskou ek Opperman as die beste woordskepper in Afrikaans, met Breyten baie naby.
Rafael het gesê op Junie 30, 2022
Dit is waar, ek stem heeltemal saam