‘n Briljante tegnies-versorgde gedig

Junie 23, 2010 in Sonder kategorie

 

Dit is bekend dat my kennis van die letterkunde tot Afrikaans 2 beperk is.  Nietemin beskou ek die volgende D.J. Opperman-skepping as een van die heel beste tegnies-versorgde gedigte in Afrikaans:

 

De vroegere boere-paradijs

Is nou een molshoop, groot en grijs

Totius: Trekkersweë

 

Ballade van die grysland

 

I

Uit tonnels van die nag tuur

ek oor rook en mis as ysterspore

my in kringe van die stad instuur.

 

Teen dakke en skoorstene blink

Die son, soos in ‘n leeggeloopte dam

op bottelskerwe en geroeste sink.

 

Eers in slote langs die straat,

met blou koffiekan en pik

het ek verbygangers beny, gehaat.

 

Toe het ons tot ‘n staaldriehoek

die leë olievate opgestapel –

bye aan ‘n nat bruin heuningkoek.

 

En haar hande, soos oor ‘n klavier,

gryp en vou en gryp en vou

stukke sjokola in blinkpapier.

 

Draaisae gil en in my ore

klink die geklets van beitels,

die geneul van swart motore.

 

Uiteindelik valse syfers neergekrap,

kon ek uit vet van viskafees

na ‘n paradys ontsnap.

 

II

Na tuine  van die nag, waar neonligte blom,

het ek met haar gevlug; maar by my was

die vrees – die rekenmeester kom.

 

Bo na sterre, soos die grootwiel,

van sterre na die aarde,

duisel elke vrou my siel.

 

Bioskoop en dans, draak en die fisant

dra ons op die mallemeul

nagliks na ‘n Feëland.

 

‘n Pennieslotmasjien se kake

spoeg ‘n kaartjie na my uit:

“Wees veral versigtig met geldsake.”

 

O die vrees! as die rekenmeester kom

hoe sal ek kan verantwoord

en verslag gee van sy eiendom?

 

Die dag breek grou: ‘op tafelblad’

links in my smalle kamer

‘staan leë bottels in hul nat’.

 

O week na week gebonde

‘n haas aan die ovale kring

en agter my ses honde.

III

 

Die hospitaal is wit- gevlak en koel

as die glaspypie water uit my tap…

tot ek die vrees weer voel.

 

Smiddags groei ‘n oog uit elke kwas

en in die nanag gryp ‘n vlermuis

my dae soos ‘n tros lukwarte vas.

 

‘n Knop het in my keel gekom

die oggend toe die peerboom

in die steenkoolerf wit blom

 

O as die rekenmeester kom!

wat sal ek van sy wêreld

nog kan wys aan hom?

 

Deur tralies wat die tuin omsluit

kyk ek en my verwarde broers

verlangend na die stad nog uit:

 

hoe deur die reën en laaste lig,

krukkig soos nat voëls

loop elke jas met sy gesig.

 

Blinkpapier, mallemeul en wiel,

’n laphaas en ses honde

óm en óm … die dun spil van die siel.

 

Absolute briljante tegniese meesterskap

15 antwoorde op ‘n Briljante tegnies-versorgde gedig

  1. Siende dat ek net Afr op skool geneem het (en ook net omdat ek moes) kan ek nie saampraat. Weet net daar’s ouens wat met woorde kan toor.

    In die Hoëveld – Laaste strofes
    Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
    Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
    Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
    Waar ek kleiosse gemaak het as ’n kind.
    Toon van den Heever (1894-1956)

  2. pasella het gesê op Junie 23, 2010

    Wat sal die rekenmeester reken?

  3. VozSola het gesê op Junie 23, 2010

    my keuse…
    Uys Krige se ‘Die Seemeeu’
    maar ek hou van sy gedig ‘Poësie’

  4. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    Goeie keuses. Dink net hoe saai sou die ewe wees as almal saamgestem het?

  5. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    Absoluut

  6. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    Daai rekenmeester het sy vingers in die till gehad lewies

  7. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    Pragtig roosdoring. My ma was ‘n nooi van den Heever en ek het ‘n verlangse link met haar en die van den Heevers in die annale raakgelees.

  8. VozSola het gesê op Junie 24, 2010

    Mmmm…nou dink ek…
    nie eintlik nie…dink net hoeveel pret kan ons hê om te oes wat ander ge-‘saai’
    het! Ons doen dit reeds!

  9. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    Onthou, Hugo is deur Opperman onderrig in die Letterkundige Laboratorium op Stellenbosch. Van die meeste goeie digters Sheila Cussons, Lina Spies, Breyten, Krog en andere het onder Opperman se hand deurgeloop.

  10. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    OK, ook weer waar

  11. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    Inderdaad ‘n pragtige gedig

  12. I am planning on being a creative writing teacher for my Senior project. The problem is, I can’t think of a grade that kids start creative writing. I would rather deal with younger kids than older ones because in the end I want to give them a book of the classes collected works. I was thinking 3rd Grade, but I can’t remember when I started creative writing. Any and all help would be much appreciated. Thank you. :).

  13. Using “Capability Manager” I have allowed contributors to upload media to the media library of my wordpress website.. . At the moment, however, they can still see the uploads that have been submitted by other users.. . I need to be able to moderate the uploads, so if everyone can see them before I do, it defeats the object!. . Therefore, how do you set wordpress so that a contributor can only see the content that they contribute?. . Thanks!.

  14. joker 123 het gesê op April 10, 2022

    Hi! This is kind of off topic but I need some help
    from an established blog. Is it tough to set up your own blog?
    I’m not very techincal but I can figure things out pretty fast.
    I’m thinking about setting up my own but I’m not sure where to begin. Do you have any tips or suggestions?
    Appreciate it

  15. I have a portable version of Firefox on an external drive and I’d like to export my current Firefox settings form my laptop Firefox to it.. . Is this possible?.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.