Die mooiste liefdesgedig in Afrikaans
Junie 23, 2010 in Sonder kategorie
Wat is vir jou die mooiste liefdesgedig in Afrikaans? Myne is Breyten se:
Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel
Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ‘n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Yes, pragtige gedig Ghaap. Breyten is loshand die grootste lewende digter in Afrikaans.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Breyten bly die grootste lewende digter in Afrikaans.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Ongetwyfeld die grootste een wat leef. Opperman is my held, en hy het Breyten individuele opleiding gegee, en duidelik ‘n goeie job gedoen.
rosiemetdorings het gesê op Junie 23, 2010
‘n Enkele oomblik (Olga Kirsch)
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Self ‘n pragtige keuse.
rosiemetdorings het gesê op Junie 23, 2010
Daar is ongelukkig mos nie altyd ‘n happy ending nie
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Beslis nie. Vat nou maar Leipoldt se pragstuk:
Wys My Die Plek
Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, ‘n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.
Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd ‘n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.
Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was –
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het – of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?
eiewys-gekkigheid het gesê op Junie 23, 2010
Oehhhhhhhhhhhhh jaaaaaaaaaaaaa! Breyten se tronk digbundel inspireer my geweldig as ek dit lees.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Breyten is 70 en ek dink die beste uit sy pen lê nog voor. Om te dink die ou establishment wou hom nie sy eerste Hertzogprys gee nie. Skande kwadraat. Daai man is met ‘n “pen” in die hand gebore. Punt.
purplepuppy het gesê op Junie 23, 2010
Ek het van jou gedroom -Karel Ark.
Ek het van jou gedroom gisteraand,
want vanoggend was my kussing
nog gedimpel met jou gesig.
Ons was op die strand gewees,
want tussen die lakens op my bed,
was daar sand by die voetenent.
Ons het hande vasgehou,
want my palm was nog warm
en my vingers gevorm soos jou hand.
In my droom moes ons gesoen het,
want my lippe was klam,
soos jou smaak in my mond opdam.
Ons het saam aan die slaap geraak,
want my rug was koud,
maar my voorlyf warm ge-lepel.
In die droom wou ek nog iets vir jou fluister,
jou met ‘n laaste gedagte toevou,
want op my tong ontdek ek drie woorde:
Ek en Lief en Jou.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Pragtige woorde in gelid. Liefde is seker die tema waaroor die heel meeste (en mooiste) gedigte geskryf is.
purplepuppy het gesê op Junie 23, 2010
en verlore en gebroke liefde veral. Daaronder het ek n paar gunstelinge. Pyn het n manier om die siel aan te gryp.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Yes, Ek stem. My seun het ‘n projek oor gedigte gedoen. Wys my die plek is op baie liefhebbers se lys van topgedigte
purplepuppy het gesê op Junie 23, 2010
Ek kan verstaan hoekom. Ek neem aan jy ken die webwerf woorde.co.za. soveel mooi versamelings daar.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Yes thanks. Ek loer oral.
salparadise het gesê op Junie 23, 2010
Mmmm ek gaan so n bietjie moet nadink,ek het nogal lanklaas afrikaanse gedigte gelees…Hierdie een is wonderlik!
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Ja, mens moet mooi dink, want daar is so baie om uit te kies.
salparadise het gesê op Junie 23, 2010
Ek weet nie eers waar om te begin nie…Veral as ek net een moes kies!
Wolletjies het gesê op Junie 23, 2010
Dis pragtig geskryf – ek moet bieg, ek lees nie baie Afr gedigte nie.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Sterkte. Is jy al die Franse taal magtig?
karientjies het gesê op Junie 23, 2010
My gunsteling ook Purplepuppy wou nou net paste toe sien ek jy het klaar
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Nooit te laat om te begin nie. Ek het bietjie agtergeraak en intussen Brink se Groot Verseblik deurgelees.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Great minds think/feel/appeaciate slike. Mooi so en thanks vir die inloer.
purplepuppy het gesê op Junie 23, 2010
ouboet het my sommer weer in oue gedagte laaie laat krap. maar ek dink ek sal sommer “post” daaroor.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Yes, maak so. Interessant hoeveel bloggers in gedigte belangstel. Great minds think alike.
louisna het gesê op Junie 23, 2010
Pragtig Grieta. Jammer Ingrid is dood voor sy naastenby haar beste geskryf het. En dit wat sy agtergelaat het is briljant.
As jy van Jonker hou, Google: Die enigmatiese Madiba en die kind. Versoening deur die bril van ‘n reenboognasie. (Litnet Seminaarkamer) My seun was Afrikaans Ekspo-landswenner met hierdie projek.
kobusvictor het gesê op Junie 23, 2010
Die Breytens, Oppermans, Louws en geslag van die sestigers het werklik werk van waarde opgelewer. Breyten staan vir my kop en skouers bo die ander uit. Was my voorreg om hom ‘n keer of wat te ontmoet. Fyn mens en ‘n regte jintelman!
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Welkom MaanKind. Ons wag
louisna het gesê op Junie 24, 2010
Ek stem Kobus. Ek dink op 70 het ons nognie die beste van Breyten gesien nie. Die grootste lewende woordskepper in Afrikaans. Daai dag tydens sy eerste verskyning in die hof het Opperman en die hele denkede literere gemeenskap soos een man agter hom gestaan.
ferdinand het gesê op Oktober 19, 2014
…ai…hoe soetlieflekker praat onse mooi taal liefde
fleet het gesê op Mei 13, 2022
Appreciate the recommendation. Let me try іt out.