Eerste ses maande tussen die Arabiere

Junie 18, 2010 in Sonder kategorie

 

Dames, hierdie is ’n gedramatiseerde weergawe van ’n losweg ware verhaaltjie. Hy is tong in die kies geskryf en vandaar die fiktiewe vertelling aan ma. Hou in gedagte dat 6 Boerseuns saam in die vreemde nogal lekker kan gesels.

 

Wat ’n ervaring was dit nie om vir ’n tyd lank tussen die Arabiere te werk nie. Hier volg ’n grepie:

 

“Hel ma, nou die aand het my hart amper stukkend geskeur.  Ek loop uit my flat uit om gou kos te gaan koop.  Net toe ek die deur toemaak toe kom die allermooiste Arabiermeisie in haar swart gewaad uit die flat langs my uitgeloop. Haar subtiele soet scentreuk en allerfraaiste gesig het my amper bewoë en na aan trane gehad.  By die lift het sy weggekyk. Ek het die allergrootste bewondering vir haar pragtige lyf seker ‘n bietjie te kwaai gewys, ek weet nie. 

 

Haar soepel en slanke lyf met die ideale kombinasie van onderste en boonste bates het my dadellik aan Ina van die KJV laat dink. Eendag wil ek nog ‘n versie skryf oor hierdie mooi meisie en haar mooi rondings. Anyway ma, toe kom die lift, en ek maak ‘n waarderende grasieuse buiging om die mooi meisie eerste te laat inklim.  Sy gaan staan toe dwars in die lift, voor die opening en gee my die idee ek mag nie saam met haar inklim nie. In fact, sy was persistent dat ek nie saam met haar mag inklim nie. Arabier gee my dus net daar en dan die allerhardste emosioneel skokkende snotklap van my ganse lewe met haar terughoudende gebaar.

 

“You don’t want me to come in?”, vra ek in die soetste stem.”  “No.” Net dit: “no.”  Niks meer nie.  Die deur gaan toe en die soet scentreuk sterf weg. Die soetste klank van Lapaloma wat pa destyds so mooi op die klavier gespeel het, sterf saam met haar weg.  Ek hoor hoe sing julle soos van ouds weer Uit dieptes gans verlore en Bly by my Heer, op die ou beryming, saans toe julle in die kamer boeke gevat het.  Ek sien weer vir Ina en haar verruklike slanke lyf, maar ek sien Rachelle Greeff se rugkant van die bruid ma. Sy stap weg ma, soos destyds. Sy laat my in die donkerste oomblik van smart met ‘n gekweste siel en deurboor my soekende menswees met ‘n ongenaakbare ferm gebaar, “No” net dit. Ek was ‘n gebroke man. Hel ma, my hart was stukkend. 

 

Captain moes my die volgende dag emosioneel koudlei: “Luister my lang vriend, Arabiese vroue klim nie alleen saam met vreemde mans in ‘n lift nie.  ‘…veral nie saam met j..s ou mans nie….’ mompel Siener en lag behaaglik hard uit sy maag, amper soos oorle ouma destyds oor haar eie vuil grappe gelag het.” 

 

Arabiermeisie in hysbak

 

Verruklike meisie in swart

komplimentloos afgeskei

 

Sy in die hysbak

hy langs ‘n traan

 

Soet woorde vernietig

‘n blomtuin sterf weg

 

Uit dieptes gans verlore

Bly by my Heer

 

Volrond en swart die

bruid het ‘n rugkant

 

Pa en Ma het saans

saam boekegevat

 

6 antwoorde op Eerste ses maande tussen die Arabiere

  1. Ek is mal hieroor ouboet, seker omdat daar arabiese bloed êrens in my vloei….

  2. louisna het gesê op Junie 18, 2010

    Thanks Monica. Dit was nogal ‘n lekker ervaring.

  3. *Applous* Baie goed geskryf.

  4. louisna het gesê op Junie 18, 2010

    Thanks Tweeling. Saans het ek baie daar sit en skryf.

  5. louisna het gesê op Junie 18, 2010

    Thanks Ekke. Jy is skerp op Vrydae.

  6. louisna het gesê op Junie 19, 2010

    Thanks vir jou simpatie Rea.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.