Pitkossie aan almal wat in die middel-sewentigs gejeuk het.
Uit blote respek teenoor ouers van normale kinders oor alle eeue heen word die kortverhaaltjie onvoltooid gelaat. Enige raaklees/raakvat is egter op die leser se eie gewete.
Die harde klank van die band het hom opgeval toe Faan by die proefplaas se hek indraai. Veraf het hy reeds die dronk studente hoor lag. By sy aankoms het hy die eerste aksie gesien toe sy kar se ligte ‘n verafbeweging nader toelig. ‘n Groterige knaap het reeds sy lam se langbroek effens afgeskuif en hy vryf haar boude met sy hande onder haar panty. Die sekond of drie wat die lig hulle belisting nader toelig, bring hulle nie van stryk nie.
Die groot party word in ‘n enorme skuur gehou. Eers na ongeveer vyf minute begin hy die mense se gesigte mooi raaksien Die skuur is fenomenaal kreatief opgemaak. Reuse kerse staan op die planters en trekkers en ‘n effense luggie laat die vlamme effens kantel. Crinkcle paper hang in alle fatsoene en fasette vanuit ‘n sentrale pivot, naamlik ‘n reuse kandelaar met ‘n loodglas- en kristaleffek. Onder word die crinclepaper aan trekkers, sleepwanes en houtpale vasgemaak.
Ietwat uit pas met die aand se onderliggende motief en derglike saambindende temas speel die band die openingsdeel van Tchaikofski se eerste klavierkonsert. Hy hoor hulle verander die sewende noot verkeerdelik na D mol. Verkeerd ou maat, hy bly op A-Mol. Hoe kan Piet so ‘n fout maak? OK, hulle het seker nie die bladmusiek nie, en be reasonable, vir die leek wat luister kink niks uit pas uit nie.
Time is tight is die volgende song, en hy vra die lang meisie vir ‘n dans. Sy is verbasend glad op haar voete, maar hy kan haar geen kompliment gee nie, bloot omdat geen mens iets onder die oorverdowende klank van die band kan hoor nie. Die groot kanne bier waaruit skuimende drafts getap word, word telkens omgeruil soos wat die manne hul dors les. ‘n Rankerige knaap struikel oor ‘n eg en bekots homself. Hy is buite aksie vir die aand, waarskynlik more ook. Een contender minder, dink Faan en tuur verlangend oor die asembenemende oes van die aand
In die een hoek is daar roterende ultravioletligte wat alles wat wit is romanties versag tot ‘n aanloklike skakering van deurvat malssagte purper. Meisies met wit bra’s trek dadelik die aandag van wellustige vingerpunte.
Buite word die jolyt voortgesit. Oral sit manne en meisies op die grasperke en drink en vry verwoed. In die tyweede linie, waar die bome begin, is die aanslag minder subtiel. Op een stadium het hy van ‘n vaste plek op die gras, met ‘n geoefende oog in die ver donkere ten minste drie pare sien paar. Springgety.
Die wêreld is nie meer dieselfde nie my kind, dink hy aan ma se vermaning toe hy laasnaweek sy wasgoed en gestrykte onderbroeke by die huis gaan haal het. Dinge het te veel verander. Die mense self het verander. In ons tyd het ons gemmerbier gedrink en soetkoekies geëet as die manne kom kuier. Vandag dring die manne op seks aan. Gelukkig het ma jou goed grootgemaak ou seun.
Faan start die Volla en ry terug koshuis toe. Hy maak sy potlood skerp, trek ’n A4-fullscap nader en begin skryf aan ’n kortverhaaltjie: Mosaïek van vroegaandmoontlikhede. Hy tob diep en meevoerend oor die begrippe oorbedien en oorgeslaan, gee die ouman ’n laaste vryf en gaan slaap rustig met ’n rein gewete. Die nat punt van sy ferm vroegoggenddroom maak hom verlangend wakker. Die lang girl het hom oorgenooi vir koffie en soetkoekies.
Onlangse kommentare