Jy blaai in die argief vir 2010 Maart.

Slag vir Vrystaat

Maart 8, 2010 in Sonder kategorie

“Bloemfontein – Springbok Heinrich Brüssow will be out of rugby for the remainder of the Super 14 season and perhaps the rest of the year after being injured in the Cheetahs clash against the Hurricanes.”


Dit is baie beslis die mees tragiese nuus van rugby 2010. Die lewe is snaaks, soms soet, en soms wreed. Julle soet oorwinning Saterdag word met diepe hartseer afgesluit. Sterkte Jan, Kammi, Neels en ander Vrystaters.


Kom ons hoop hy gaan reg wees vir vanjaar se toetse. Baie lank voor 2011 WB-afskop is yster weer op sy plek, met ‘n nommer 6 groen trui aan.

Skandes waai oor die Vrystaat

Maart 7, 2010 in Sonder kategorie

 

Die Cheetahs het puik gespeel. Punt. Maar ek sukkel om die volgende skandes te verwerk:

 

  • Julle kaptein word met die allergevaarlikste boorvat grond toe gedwing en die oortreder kom met ’n geelkaart weg. Skande. As die rev kon sien, het no 12 ’n rooikaart gekry en dit sou beslis die res van die wedstryd veel beter in julle guns geswaai het en sou julle ten minste ’n verdere 10 punte besorg het.  Met  die tugverhoor sou hy waarskynlik vir 3 wedstryde geskors word.
  • Behalwe die verandering op die log berig Rapport niks oor die skouspel nie. Skande. Jammer Rapport as ek dalk misgelees het of as ek dalk nie die volledige weergawe van die koerant ontvang het nie.

 

Nietemin, julle het die oorwinning verdien. Met die Lions en die Sharks totaal uit die prentjie, is die Cheetahs nou die buiteperd om die topvyf te haal en wie weet, dalk tot die semifinaal te vorder.

 

Die Stormers het gister verras en luid hande opgesteek. Wie gaan die groen no 6-trui dra? Burger of Brussouw? Ek sê laagenoemde. Wie gaan op no 3 sak?

 

Dink net, 3 SA spanne haal moontlik die semifinaal.  Dan begin die All Blacks wat aan WB-skok ly se holle tiekie-wawiel knyp vir 2011.

 

Lekker Sondag Jan, Kammi, Neels, Vrystaters en ander bloggers

 


Moddergooiers, los Modderkoekie en ons vriendinne uit

Maart 6, 2010 in Sonder kategorie

Hiermee ‘n taktiese vermaning aan alle moggergooiers en skoorsoekers. Modderkoekie, Anha en ander gewaardeerde blogvriendinne is  baie spesiale kollektiewe blogeiendom. Gooi hulle met modder, beledig hulle, of maak snedige opmerkings teenoor hulle en julle het blogland soos een man teen julle.


Dalk moet julle ‘n ander forum soek om julle oorgeslaandheid te gaan uitleef.  Hier is groot manne met integreiteit wat nie julle lafhartigheid verder sal duld nie. Manne soos Jan, Kammi, Ekke en Neander is hiperskerp bloggers wat geen onreg teen vrouens duld nie.


Ons blog in vrede en is groot vriende. Ons is ‘n virtuele vriendekring met waardes en leef ons menswees hier uit. Ons vriendinne is stylvol en word gedryf deur sterk waardesisteme. Loop lig, want ons gaan ons eiendom teen elke prys verdedig.

Modderkoekie, kom terug asb!

Maart 4, 2010 in Sonder kategorie

Liewe modderkoekie,


Moenie dat bogsnuiters jou ontstel nie. Almal hier verlang na jou geselskap.


Ouboet is aangestel as voorsitter van ‘n taakspan om jou terug te kry.


Sien jou gou weer op die blog en die stoep.

Sê-Net vs blog

Maart 4, 2010 in Sonder kategorie

Wat is lekkerder? Sê-Net of blog?  Beslis blog, want dit is ‘n lewendige medium. Sê-Net is ‘n stadige medium.

 

Eenkeer het ek daar geskryf: Teenswoordige bydraes op Sê-Net se metafoorrryke landskap wissel tussen briljant en asbliktreffers.

 

Die holruggeryde gay-debat raak raak uiters eentonig.

 

Sedepreke en veroordelings deur kerkgeklaptes laat my ore sidder.

 

Foeitig, dan raak sommige mense moreel verward.  Dit laat my wonder hoe die voosgespykerde oupoot moes voel nadat sy op 40 ‘n retrovirginity-operasie ondergaan het.

 

Groete

 

 

Ryperd

Anglisismes en ‘n skerp girl

Maart 4, 2010 in Sonder kategorie

‘n Mooi skerp girl skryf eenkeer op SêNet iets in anglisismiese trant om ‘n punt oor te dra. Skerper as skerp. Toe antwoord ek haar soos volg:

 

Jy is eksepsioneel sag op die oog en jou woordkreasies op ekwivalente altitude. Kongratulasies met jou ekstraordinêre informatiewe eksersie. In ‘n prioriese episteel het ek gerefereer na dwang-anglisismes.  Jy sou goed ge-ekseleer het met ons ekstenderend-gepasseerde revalrie waarin “U-turnering geprobibiteer” met die akkolade gerewardeer is. 

 

Attraktief, almal rekogniseer nie die humorieuse part nie, seker omrede hulle nie approppratief tot die premisie geïntroduseer is nie.   

 

Nooit-die-minste wil ek onambiguees konkludeer dat jy maar mag inskribeer.

 

Separasie tot ons weer uniteer

 

 

Ryperd

 

Ek skryf

Ek skryf as ek sad is
om die pyn te fnuik

as ek bly is uit vrees
dat die gety draai

as ek woorde het
om mors te keer

as ek nie woorde het
nie omdat ek stilsit haat

Om bly te bly is wegdryf
van die satansdag wat

sad en pyn die skandmuur
van onthouding maak

Anglesismes en ‘n skerp girl

Maart 4, 2010 in Sonder kategorie

‘n Mooi skerp girl skryf eenkeer op SêNet iets in anglesismiese trant om ‘n punt oor te dra. Skerper as skerp. Toe antwoord ek haar soos volg:

Jy is eksepsioneel sag op die oog en jou woordkreasies op ekwivalente altitude. Kongratulasies met jou ekstraordinêre informatiewe eksersie. In ‘n prioriese episteel het ek gerefereer na dwang-anglisismes.  Jy sou goed ge-ekseleer het met ons ekstenderend-gepasseerde revalrie waarin “U-turnering geprobibiteer” met die akkolade gerewardeer is. 

Attraktief, almal rekogniseer nie die humorieuse part nie, seker omrede hulle nie approppratief tot die premisie geïntroduseer is nie.   

Nooit-die-minste wil ek onambiguees konkludeer dat jy maar mag inskribeer.

Separasie tot ons weer uniteer

Ryperd

Ek skryf

Ek skryf as ek sad is
om die pyn te fnuik

as ek bly is uit vrees
dat die gety draai

as ek woorde het
om mors te keer

as ek nie woorde het
nie omdat ek stilsit haat

Om bly te bly is wegdryf
van die satansdag wat

sad en pyn die skandmuur
van onthouding maak

Today’s Inspirational Quote:

Maart 3, 2010 in Sonder kategorie


“An idea can turn to dust or magic, depending on the talent
that rubs against it.”

— Bill Bernbach

Voz se emosie-challenge

Maart 3, 2010 in Sonder kategorie

Voz, sorry hierdie een is laasjaar geplak, maar ek dink hy raak hier en daar aan jou versoek,


Vyf emosies in vyf minute maak ouboet melancholies en hy sny diep

 

Ouboet glip gister vroegaand gou by Spar in om ys en soda vir die spierverslapper te koop en vyf emosies raak binne vyf minute oor hom vaardig:

 

Emosie 1) ’n Gevoel van behaaglike lekkerte wat met braai, veral tydens mammie se knus nabyheid en seuns se tangvaardighede peak, raak oor hom vaardig toe hy die ys uit die vrieskas haal.

 

Emosie 2) By die till kry hy die ou tannie wat seker beduidend sukkel om die pot pruttend te hou baie jammer.

 

Emosie 3) By die lotto-till maak die kurwes van die folferm en mooi jong pop vervloeë begeertes en katelmetaforiek in hom wakker. Verdere metaforiese verdigting word uit respek gestaak.

 

Emosie 4) By die parkeergarage maak die uitermatig-oorgewig jong sonridder  hom moerig met die uitbeduie. Die tien-kakke-agter-uitdrukking in sy uitpeuloë laat ouboet egter terstond gestalte gee aan die leef-en-laat-leef metafoor en hy gee hom ’n R5 tip

 

Emosie 5) By die eerste robot besef ouboet die haaslip-hartseer van die arm en emosioneel gekweste dogtertjie en haar vroegafgeleefde ma in die ry, wat waarskynlik nie toegang tot die luukse van ’n mediese fonds het nie, het hom van vyf emosies in vyf minute die diepste getref.

 

Bewoëvol-skaam lê ouboet sy saak in respekvolle nederigheid neer, welwetende die andersins pragtige dogtertjie met haar skarlakenwit en sieldrup-mooi blou ogies gaan hom vanaand, en lank daarna nog, uit die luukse van slaap hou. Sy het die voet op die clutch-van-die-gewete in ’n oogwink afgehaal. Fokweet Anha, ek wens jy kon haar smartbelaaide sinsoek en luide wekroep om hulp vir net een sekonde deur ouboet se wasige bril sien.

 

Cowboys don’t cry, maar hierdie enetjie is dalk net-net die HAT-weergawe van ’n close shave amid the cruel horrors of a chapter called life

Maankind in ‘n neutedop

Maart 3, 2010 in Sonder kategorie

Ek en vriendin MaanKind het ‘n deal.  Ek “spec” haar en sy doen dieselfde met my. Dus, die karakter MaanKind manifesteer soos volg deur my bril: 

1.)Sal die volgende die meeste geniet:

 Sononder op die strand met haar kleinkinders om haar en ’n glasie Meerlust Rubicon in die hand

2.)  Watter tipe film sal hulle die meeste geniet:

 Titanic, Captain Corelli’s Mandolin, The pianist  

3.)  Watter tipe restaurant sal hy/sy die meeste geniet:

 Die visplek op Houtbaai se strand

 

4.)   Watter stelling beskryf jou blogmaat die beste:

Slim moederfiguur wat nie nonsens vat nie. Gee moeilik komplimente en as sy een gee, verdien jy hom. Eerder haar pel as haar vyand.

5.)    Hoe sou jy jou blogmaat se dress sense beskryf:

Stylvol en smaakvol

6.)    Watter woorde som hom/haar die beste op:

 Die kombinasie van ’n huishen, kultuurliefhebber en intellektueel

 

7.)    Watter soort voertuig dink jy pas die beste by jou blogmaat:

 Die nuwe E-klas Merc, maar ek weet sy gaan van my verskil. Dus ‘n wit Corolla.

 

8.)     Waarna dink jy luister jou blogmaat:

Verseker nie Worsie Visser, Charles Jacobe, Cora Marie of Jurie Els nie. Dalk iets nader aan die teenpool. Ek vermoed Adante Cantabile van Rachmaninoff (du Plooys van Soetmelksvlei se kenwysie) sal sy geniet, so ook die kabbelende meevoerendheid van Schubert se Impromptu in Amol en Sinding se Rustle of spring.  Dus, musiek nader aan class musiek as aan kontreimusiek.

 

9.)     Watter stokperdjie/tydsverdryf pas by hulle:

Skryf, kultuur, reis en kuier, boeke, boeke, boeke & tjloklitkoeke

 

10.)    Aan watter historiese figuur laat jou blogmaat jou die meeste dink en hoekom?:

Die raakpunt tussen Florence Nightingale, Olive Schreiner en Barones Maggie Thatcher.  Hier en daar slaan“ shades of Mother Theresa“ deur.