Huweliksraad

Maart 30, 2010 in Sonder kategorie

Saamstem oor alles is naas die gestremdheid van sogenaamde perfeksionisme seker die grootste struikelblok in die pad van enige individu, en enige huwelik wat wil oorleef. Helaas is aanhou probeer en ‘n vaste voorneme om nooit op te hou probeer nie, sekerlik die beste oplossing.

 

In elk geval, die sogenaamde volmaake huwelikke is inherent mank as gevolg van soveel inoupogings om die skyn te bewaar dat openlike konflik later met rente na die oppervlak gedwing sal word.

 

Vat die rukwinde soos hulle kom en hou die skip op die see. Lekker dag vir almal.

 

10 antwoorde op Huweliksraad

  1. Klink vir my so bietjie na aanhou bloed probeer tap uit ‘n klip uit….. of is ek nou uit my plek uit hier

  2. louisna het gesê op Maart 30, 2010

    Nee, dis maar net “lets agree to disagree”

  3. louisna het gesê op Maart 30, 2010

    Spot on.

  4. Janklaas het gesê op Maart 30, 2010

    Mooi foto.

    Wonder hoekom het hulle reflektors op hulle rokke gedra?

  5. louisna het gesê op Maart 30, 2010

    Ja, die reflektors is vreemd.

  6. Ai, so waar … mens probeer soms so hard om die vrede te bewaar en dan krop alles op … maar dit wag vir jou, een of ander tyd moet dit uit en liefs maar dit uitkry so gou as moontlik, eerder as wat dit le en broei en smeul en op ongelee tye ontplof

  7. NARITHA het gesê op Maart 31, 2010

    More Ouboet 🙂
    Dis so waar wat jy se! Maar al daai rukwinde kan jou net sterk maak en ek glo daarsonder sal geen huwelik dit kan maak nie.
    Mooi dag vir jou.
    ((((HUGS))))

  8. louisna het gesê op Maart 31, 2010

    Ek stem. Selle daar

  9. louisna het gesê op Maart 31, 2010

    Daai ontploffing kan woes wees.

  10. louisna het gesê op April 1, 2010

    Ek stem.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.