Hallo bloggers. Ontmoet en omhels die vleismeultjie want ouboet het ’n droom……..

Maart 17, 2010 in Sonder kategorie

Aan al my gewaardeerde blogvriendinne en -vriende

 

Alhoewel ek gaan afskaal, verlang ek bloot te veel na julle om té lank stil te bly….. sal maar snags ’n straaltjie piepie en vroegoggend die raakgemikte dog halfgevulde beker naarstigtelik voor die hoofpawiljoen uitgooi.

 

Ek mis blog en dus intelligente en meelewende geselskap, knus saam met vriende wat ek nog nooit in persoon ontmoet het nie, maar mense wat my intens tickle en my op die wieke van “the tides of time” bly meevoer. Tussen die gewerskaf deur, ’n oorvol inmandjie en volgehoue kajuitraad oor tenders wat nie gewen word nie, wonder en droom ’n hoopbelaaide ouboet. Tog is daar “amid the curse of my white skin after 1994” ‘n paar oproepbare geleefde werklikhede wat tog so mooi was; wat tog so sinmaak en helaas, dalk ook by sommige van ons kalmering en strokes (veral koei Bontrok se kalflekkies) soek. 

 

Dit laat my terugdink aan ’n model waarmee ek as student in die vak Bedryfsielkunde kennis gemaak het. Die model werk op die beginsels van die tradisionele vleismeultjie. As mens wors maak, is die eindresultaat dit wat by die meul se voorkant uitkom, naamlik heerlike en smaaklike wors. Dit is dus ’n kombinasie van wat mens insit en dit wat binne die meul gebeur. Kortweg: 1. Inset. 2. Transformasie. 3. Uitset.  MAAR kwaliteit word nie net gemeet aan die voorgeskrewe insette (bestanddele en resep) nie, maar veel eerder aan die kwaliteit van die uitsette van die meul.

 

Nou wonder ek, hoekom word tenders toegeken hoofsaaklik op grond van insette (BBBEE)?  Die heel meeste tenders, veral die grotes, bied ‘n ideale geleentheid om kennis en vaardighede aan voorheen benadeelde landsburgers oor te dra. Hoekom word BBBEE-uitsette nie voldoende na waarde geskat nie?

 

As ek die grondwet reg verstaan moet mense wat oor kennis beskik, die geleentheid gegun word om dit aan ander oor te dra. My voorstel is dus eenvoudig: meet BBBEE as uitset en nie slegs as inset nie. Tap kundiges se breinkrag voordat hulle landuit vlug.

 

Ons vra ’n tyd gelede vir ’n bekwame voorheen benadeelde kollega en 34%-aandeelhouer om ’n aanbieding namens die maatskappy te gaan doen.  Sy vraag: Why me? Ons ontaktvolle antwoord: You know the topic well, you have better suits than the Boertjies and your presence will add political clout. Sy antwoord: I hate it when my skin colour counts more than my knowledge.  Ons deel die vleismeulgedagte met hom en ’n vriend van jare skud net sy kop. Gelukkig besef hy die Boertjies soek nie net ’n handlanger nie.

 

Meteens kry Martin Luther King se I have a dream-toespraak nuwe betekenis, veral deur die bril van ’n post-94 benadeelde. Verskoon asb ek ’n grepie uit die beste toespraak van alle tye in my mooiste moedertaal vertaal. “Ek droom dat my vier klein kindertjies eendag nie aan hul velkleur beoordeel sal word nie, maar aan die kwaliteit van hul karakter.” [1]  

 

Ouboet het nie 4 klein kindertjies nie, maar 2 seuns? bo 18. Hulle ken van die vleismeultjie. Ouboet jnr, pasgegradueerde, het ’n peperduur fotografiekursus voltooi, sy girl van 3 jaar afgesê, en gaan oor 2 weke begin foto’s neem op Caribean en ander luxury cruises. Bid saam met ouboet dat hy ’n vrou gaan ontmoet om die lankgedroomde weelde van die derde geslag binne die heilige eg moontlik te maak. Kleinboet wil op Stellenbosch gaan swot. Wat gebeur daarna? Nog ’n ingenieur wat land gaan verlaat?

 

Ai hoe lus is ek nou vir ‘n heerlike stukkie kaaswors! Ek het ‘n droom. Ouboet word tot die letter toe vernoem. Die doopplegtigheid was waardig. Die geselligheid by my plekkie op Hermanus, wat na Jan Nel se lotto-noodplan waargeword het, was buitengewoon besonder erg lekker. Ouboet skree vir die WP en die Stormers. Enorme wiegende blou ballasse aan blou karre se diffs is lank reeds vergete. (Kammi en Jan sien en praat stront)

 

Ek het ‘n droom.

 

Wat dink julle?

 

Ek dank u!


[1] G Gadney, Kennedy, Macdonald & Co, London, 1983

17 antwoorde op Hallo bloggers. Ontmoet en omhels die vleismeultjie want ouboet het ’n droom……..

  1. louisna het gesê op Maart 17, 2010

    Thanks maatjie vir die inloer.

    Ek hoop Ouboet jnr ontmoet sy deksel om die droom waar te maak.

    Ek hou van wors en goeie kaaswors is die heel lekkerste. Mooi aand.

  2. FOXY1975 het gesê op Maart 17, 2010

    Jip, ons het almal ons drome nè!
    Sterkte met al die werkdinge Ouboet! Dit is tog so waar en so ‘n jammerte dat mense nie verby sekere dinge kan kyk en kan begin aanbeweeg nie! Poste word eenvoudig nie gevul nie omdat daar nie bevoegte mense is om hulle te vul wat voldoen aan die BEE ‘voorwaardes’ nie en al wat dit veroorsaak is dat dienslewering nog ‘n trappie agteruitgaan en kennis verlore gaan…

    Ek dink daar is reeds baie mense wat lankal nie meer kyk na kleur en geur nie maar belangstel om mense met kennis aan te stel en dit gaan net eenvoudig my verstand te bowe dat ons regering nie kan begin ‘grootword’ en aanbeweeg nie. Rome wasn’t buildt in a day!

    Mooi bly en dankie vir jou blog! 🙂

  3. jvdw4 het gesê op Maart 17, 2010

    sterkte!

  4. louisna het gesê op Maart 17, 2010

    thanks johan

  5. louisna het gesê op Maart 17, 2010

    Thanks Foxy. lyk my ons kyk na die lewe deur dieselfde bril.

  6. Aproqueen het gesê op Maart 17, 2010

    Alyd lekker om op Ouboeta se stoep te kuier. Ek het ‘n beeld in my kop van Ouboeta wat so knypoog kyk die verte in en al sy gedagtes bymekaar maak om hier te kom skryf. Jy skryf lekker ..

  7. wynvdm het gesê op Maart 17, 2010

    Droom hom Ouboet. Droom hom! Lekker pos!

  8. loudavisi het gesê op Maart 17, 2010

    Kaaswors bo!
    As jy dit hier koop.

    Weet mos nie hoe smaak Pretoria sin nie.

  9. louisna het gesê op Maart 18, 2010

    Bly altyd ‘n wenner.

  10. louisna het gesê op Maart 18, 2010

    Dankie vir die uitnodiging MaanKind. Met dank aanvaar.

  11. louisna het gesê op Maart 18, 2010

    Thanks Rooiwyn

  12. louisna het gesê op Maart 18, 2010

    Dankie dat julle my mis SoNel. lekker dag

  13. louisna het gesê op Maart 18, 2010

    Jy’s skerp Elza. Thanks.

  14. louisna het gesê op Maart 18, 2010

    Inderdaad Annemarie. Thanks.

  15. FOXY1975 het gesê op Maart 18, 2010

    😉

  16. Janklaas het gesê op Maart 18, 2010

    Hermanus moet leeg wees sonder blou ballasse…

  17. louisna het gesê op Maart 18, 2010

    OK, ek neem kennis Jan.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.