Ietsie oor gister se rugby vir Jan

Maart 14, 2010 in Sonder kategorie

Het jy gister se wedstryde gekyk Jan? Pragtig né? Nommer een en twee op die log is SA-spanne. Met die Lions en die Sharks uit die race bly net jou span oor om in te haal vir die semifinaal. Ek hoop jou  jou lotto-noodplan se stap nommer 14 werk. Dit sal die finaal se oorwinningslied net soveel lekkerder maak.


Stap 14)  Bel die ref in volgende Bloubul-Cheetah wedstryd en maak beter offer as Bloubulle.


Sterkte vir Saterdag.

6 antwoorde op Ietsie oor gister se rugby vir Jan

  1. jannel1 het gesê op Maart 14, 2010

    Hehehe – Ek het gewonder of jy dit raakgelees het.

    ‘n Onvoorwaardelike geluk met ‘n uiters puik vertoning.

  2. louisna het gesê op Maart 14, 2010

    Ek lees jou altyd mooi raak Jan. Wat my net pla, is dat hulle bly wen en eintlik elke keer net een helfte speel.

  3. louisna het gesê op Maart 14, 2010

    Lekker geslaap dankie. Rugby is ‘n passie. Heerlike dag daar ook.

  4. louisna het gesê op Maart 14, 2010

    Oh yes. Die Bulls is nou bo-aan die Super 14 log en die Stormers tweede. Albei spanne het puik gespeel.

  5. louisna het gesê op Maart 14, 2010

    Ek stem. Bonuspunte speel ‘n groot rol in Super 14. Net die arme Sharks. Hulle het 4 bonuspunte, maar vier games in ‘n ry verloor.

  6. louisna het gesê op Maart 14, 2010

    Ongelukkig is hulle en die Lions die kluts kwyt.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.