Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

Blogsensitiwiteite

Februarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Blog is lekker, maar soms duik daar argumente en standpunte op wat mense seermaak. Ek het ‘n paar goed geblog wat die hare laat rys het, soos byvoorbeeld goed van karwagte wat my irriteer, die haas wat ek doodgery het en vanoggend se aggressie teenoor ystervarke wat my tuin beskadig. 


Ek het respek vir mense soos Modderkoekie wat bepaalde behoudende waardes soos respek vir diereregte het.  Ek kry meer respek vir haar vir die taktvolle wyse waarop sy mense van wie sy verskil aanspreek.  Gee Fatcat ‘n lekker drukkie en se dit kom van ouboet af.


Waar trek mens die streep tussen algemene aanvaarbaarheid en jou eie opinie? In elk geval, jammer as sekere goed julle dalk ontstel het.


Wat is die oplossing? Let’s agree to disagree. 


Gelukkig het rugby nog nie te sensitief geraak nie, maar onthou die Super 14 word nie in Februarie gewen nie.  Ek en Jan vat mekaar soms aan, maar ons het soort van ‘n deal. Let’s agree to disagree.


Lekker aand vir almal.

Julle raad (dalk voorbidding) asseblief.

Februarie 24, 2010 in Sonder kategorie

Modderkoekie se “bemoerde ystervark se stekels” is so pas aangewys as metafoor van die maand. 

 

Ystervarke kom snags uit die berg en kom raid my tuin. Hulle is lief vir selomes en boomwortels. Tuiningenieur bestee soms meeste van sy tyd om die skade te beheer.


Hulle is GEEN bedreigde spesie nie en ‘n kenner het my meegedeel dat hulle nie soos die visarend hoegenaamd beskerm word nie. Ek wil die goed van kant maak, maar my beter helfte is die remmende faktor. Sy fotografeer hulle as hulle my honde se kosbakke kom raid en gebruik hulle penne in blommerangskikkings.


Vanoggend het ek oor minstens 2 kruiwavragte grond gestruikel op pad garage toe. ‘n Vaalbos se wortels is moertoe gevreet en die restant van die manneufer het op die geplavyde paadjie beland.


Het julle raad om hierdie netelige kwessie te besleg? Wat volg na die volgende trappe van vergelyking: Gatvol, bemoerd bebliksemd?

Had ek maar die gawe…….

Februarie 23, 2010 in Sonder kategorie

Poppie met pakkie het ‘n stukkie rou senuwees in ouboet se metaforiese onderbou raakgeboor met haar meesterlike verwysing na Marilyn Monroe. Toe onthou ouboet hy het self iets oor haar geskryf in ‘n opstel oor ‘n buitengewoon geslaagde matriekreunie op Loftus.

 

Anyway, JFK is eergister 38 jaar gelede in Dallas Texas doodgsekiet. Sy skilderagtige verlede sluit Marylin Monroe en ander skoonhede in. Die magtigste man op aarde omring homself met die skoonstes onder die skones. Selfs die waardige TT Cloete, afgetrede hoogleraar aan die bakermat van sinlikheid en hoofkwartier van die Doppers wat nie dans nie, laat hom soos volg oor Marylin uit:

 

“…die spanbroek van plooilose blou materiaal

is ‘n vliesdun vel

wat alles wat binne is kaal

na buite egalig sag gestrek nerfeus vertel…”

 

En nog is het einde niet, en die oubaas skets die jolytige jeug soos volg:

 

“…sliert semen, soos vlinders wat aan stengels wieg

sit en staan hulle bloed spoel in polsende vlesige kolke…”

 

Had ek net vir ‘n vlietende oomblik die gawe om die wit toppie, dis nou nie Jakes nie, in die idioom van die van groot psalmdigter, Hertzogpryswenner en CHO-gebreide strydos te verewig. As groot geeste soos dié Eva se nageslagte so mooi besing of begeer, waar pas nietige mense soos ek en jy in?

 

“Loftus en die wit toppie“ is vroeër geblog maar die essensie word net gou weer geplak om Marilyn in konteks te verstaan en om ’n logiese verhaallyn aan die manne te bied.

 

Geagte Vriende, kom ons fokus op die felste realiteit van die aand: die twee susters, glo 11 maande uitmekaar gebore, maar saam met ons matriek geskryf. Inceadibly beautiful. What more can we say. Bliksim, die genetiese motbolle wat hulle varsgehou het moet gepatenteer word. Met daai resep sal mens kan geldmaak. 

 

Ek twyfel of hulle reeds facelifts en dies meer gehad het. Anyway, who cares? Skaar jou by die voor-die-handliggende werklikheid en los die debat oor die veroorsakende faktore vir die akademici. In alle billikheid en objektiewe redelikheid ouboet, hulle is pragtig aangetrek, een in swart, die ander in ‘n noupassende donker langbroek en wit toppie, een van daai asembenemende skeppings wat van eksotiese sagte, sensuele en effens blinkerige deurvat-materiaal gemaak is. Seker iewers in Sandton in ‘n duur boetiek gekoop.

 

Ek en Attie tob oor die strukturele onderbou al dan nie van die wit toppie, maar seamlesness en gewoon géén aanduiding, reliëf, streppie of derglike clues maak een van ons se hipoteses seker nie. TT Cloete, waar is jou plooilose nerfeuse woorde!  Ons tob oor regverdigheid, die vermanings van die Skrif, Hooglied, beproewing bokant jou vermoëns, die vae moontlikheid van ‘n tweede kans op ons ouderdom en derglike ernstige hereroseksuele aangeleenthede.

 

Meteens dank ek die Vader dat my pa sy hele lewe lank ouderling was; dat hy my die waardes wat binne die eng grense van die heilige eg vereis word, en soms genadeloos afgedwing word, vroeg in die lewe reeds aangeleer het. 

 


Drome

Februarie 23, 2010 in Sonder kategorie

Today’s Inspirational Quote:

“It does not do to dwell on dreams and forget to live,
remember that.”

— J.K. Rowling

Vir MaanKind

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Sommer ietsie ligs vir jou MaanKind. Ek merk jou skaarsste op die stoep.

Today’s Inspirational Quote:

“The measure of achievement is not winning awards. It’s doing
something that you appreciate, something you believe is
worthwhile. I think of my strawberry souffle. I did that at
least twenty-eight times before I finally conquered it.”

— Julia Child

Geniet die dag!

Vir MaanKind

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Sommer ietsie ligs vir jou MaanKind. Ek merk jou skaarsste op die stoep.

Today’s Inspirational Quote:

“The measure of achievement is not winning awards. It’s doing
something that you appreciate, something you believe is
worthwhile. I think of my strawberry souffle. I did that at
least twenty-eight times before I finally conquered it.”

— Julia Child

Geniet die dag!

Min of meer waar

Februarie 22, 2010 in Sonder kategorie

Die harde klank van die band het hom opgeval toe hy by die proefplaas se hek indraai. Veraf het hy reeds die dronk studente hoor lag. By sy aankoms het hy die eerste aksie gesien toe sy kar se ligte ‘n verafbeweging nader toelig. ‘n Groterige knaap het reeds sy chick se langbroek effens afgeskuif en hy vryf haar boude met sy hande onder haar panty.  Die sekond of drie wat die lig hulle belisting nader toelig, bring hulle nie van stryk nie.

 

Die groot party word in ‘n enorme skuur gehou. Eers na ongeveer vyf minute begin hy die mense se gesigte mooi raaksien Die skuur is fenomenaal kreatief opgemaak. Reuse kerse staan op die planters en trekkers en ‘n effense luggie laat die vlamme effens kantel. Crinkcle paper hang in alle fatsoene en fasette vanuit ‘n sentrale pivot, naamlik ‘n reuse kandelaar met ‘n loodglas en kristal effek. Onder word die crinclepaper aan trekkers, sleepwanes en houtpale vasgemaak. Ietwat uit pas met die aand speel die band die openingsdeel van Tchaikofski se eerste klavierkonsert. Hy hoor hulle verander die die sewende noot verkeerdelik na D mol. Verkeerd ouboet, hy bly op A-Mol. Hoe kan Piet so ‘n fout maak. OK, hulle het seker nie die bladmusiek nie, en be reasonable, vir die leek wat luister kink niks uit pas uit nie.

 

Time is tight is die volgende song, en hy vra die lang meisie vir ‘n dans. Sy is verbasend glad op haar voete, maar hy kan haar geen kompliment gee nie, bloot omdat geen mens iets onder die oorverdowende klank van die band kan hoor nie. Die groot kanne bier waaruit skuimende drafts getap word, word telkens omgeruil soos wat die manne hul dors les. ‘n Rankerige knaap struikel oor ‘n eg en bekots homself. Hy is buite aksie vir die aand, waarskynlik more ook. Een contender minder. In die een hoek is daar roterende ultravioletligte wat alles wat wit is romanties versag tot ‘n aanloklike skakering van purper. Meisies met wit bra’s trek dadelik die aandag. 

 

Buite word die jolyt voortgesit. Oral sit manne en meisies op die grasperke en drink en vry verwoed. In die tweede linie, waar die bome begin, is die aanslag minder subtiel.  Op een stadium het hy van ‘n vaste plek op die gras, met ‘n geoefende oog in die ver donkere ten minste drie pare sien paar. Springety. Die wereld is nie meer dieselfde nie my kind. Dinge het te veel verander. Die mense self het verander. In ons tyd het ons gemmiebier gedrink en soetkoekies geeet as die manne kom kuier. Vandag dring die manne op seks aan.

Geluk aan die Bulle en die Stormers

Februarie 21, 2010 in Sonder kategorie

Ek noem die Bulle eerste om 2 redes:


  • Alfabeties kom hulle eerste
  • Hulle het eerste gespeel

 

Die eerste helfte het ons hopeoos te veel foute gemaak wat genadeloos uitgebuit is.  Ek dink die skare het die poppe gemis. Toe kom ons in overdrive en sit die Brumbies ore aan.  Om met 18 punte teen ‘n bykans nasionale span te wen verg ‘n pluimpie. Generaal Matfield is nederig in sy puik Engels, maar toe hy oorslaan Afrikaans toe, toe juig die skare. Morne Steyn het geen gelyke nie.


Ouboet jnr bel my van Nuweland af en juig oor Habana se pragdrie. Sê van Vrystater Rasssie wat jy wil, maar daai man kan talent raaksien. Geluk Stormers. Julle het verdien om te wen.


Ek hoop die popkwessie word gou opgelos sodat ons die Waratahs met alle kragte tot ons beskikking kan aandurf.


Jan, Kammi & kie, veels geluk met julle oorwinning

Februarie 20, 2010 in Sonder kategorie

Vrystaatvriende, julle span het ‘n puik oorwinning oor die Sharks behaal. 


Ten spyte van ‘n foutjie bly Brussouw die beste no 6 in die land.


Riaan Viljoen steek in Februarie reeds sy hand op vir die beste Super 14 drie van die seisoen.


Julle mag dink ouboet is subjektief, maar gisteraand het ek objektief na julle span gekyk. Welgedaan! Ek en my groot pel in die Kaap was gaande oor die Cheetas en het soos gewoonlik gereelde SMSe aan mekaar gestuur.


Die grootste jammerte van die naweek is dat daai pragtige blou poppe nie by die skouspel teen die Brumbies op Loftus gaan optree nie. Ramp van die Super 14.


Lekker naweek en sterkte aan die Stormers.

Hallo vriende. Ietsie oor sokker:112 dae voor afskop.

Februarie 19, 2010 in Sonder kategorie

Ek voel so skuldig omdat ek so min inloer. Nietemin, ek het so pas een uur 1 en 11 minute gery aan 8 kilometer in Johannesburg tussen UJ (die ou RAU) and die M1. Padverleggings, dooie verkeersligte, onkundigheid om ‘n stukkende verkeerslig  as ‘n 4-rigtingstop te hanteer, ‘n stukkende lorrie ens. En natuurlik woordeskat wat spontaan oor my vaardig raak.


Aan die van julle wat tyd en baie geld het, oorweeg om tussen 11 Junie en 11 Julie in die buiteland deur te bring. Die ander alternatief is om soos in 1994 die spens te stock en tuis te bly.

 

Ek vermoed beweging tussen (in binne) die host cities gaan nie die spreekwoordelike wandeling in die park wees nie. Die enorme vraag na brandstof en beperkte bestaande aanbiedingsmoontlikhede kan dalk ook lol wat die toestand mag vererger.


Terloops, op 15 Mei 2004 toe Sep Blatter die aankondiging gemaak het  dat SA die gasheer is, was daar 2216 dae (100% van die beskikbare tyd) oor voor afskop. Vandag is daar 112 dae (5% van die tyd) oor. Kan mens hieruit aflei dat 95% van die werk votooi is? Ek wonder/weet?

 

Groete tot later.