Lewies se briljante boodskap aan alle Cheetah-ondersteuners

Februarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Hoe kry ek die font groter? Alles probeer. Niks werk nie

 

Lewies jou yster. Ek het vermoed jy is baie slim, maar die volgende stukkie verbysterende insig plaas jou maklik in die MENSA-kategorie:


Lewies skryf: “Ek wil eintlik op jou volgende inskrywing kommentaar lewer, maar die Bulls poppies sit die kommentaardosie toe! (Hels geforseerde poging tot metaforiek!)


Vir die Super 14 staan ek nou agter die Bulls. As getroue Cheetah ondersteuner voel dit vir my na hoerery, maar magtig, ek wil ook een keer aan die wenkant wees!


Terloops, die generaal daar is nie Matfield nie, maar daai outjie wat sy rugby in die Vrystaat leer speel het, generaal Steyn!”


Ek reageer toe met ‘n versugting dat ek weens tyd nie 22 generaals almal op die naam kan noem nie, want ‘n skip het een kaptein.  Dat generaal Morne Steyn sporadies in Vrystaats onderrig is, is inderdaad ‘n pluimpie vir die Cheetahs.


Inderdaad het Lewies ‘n massiewe punt beet. Ek het ‘n vermoede dat die Sharks en die Cheetahs se drome besig is om rens te word. Lewies se haalbare droom om “ook eenkeer aan die wenkant te wees” laat dus twee opsies as julle nasionaal-lojaal na die prentjie kyk: Die Stormers en die Bulls. 


Die Stormers kan dit nog maak. Hulle het hope talent met Andries Bekker, Brian Habana en Jaque Fourie aan die spits. No 15 lyk ook op vorm.


Die mees logiese opsie is natuurlik Lewies se briljante keuse: BLOU. Dus, Jan, Kammi, Neels en ander gekweste mede-rugbykenners; julle het ‘n keuse. Maak vrede, of bly treur. Super 14 is dié strafste internasionale kompetisie en nie vergelykbaar met die plaaslike Currybeker-kompetisie nie.


Ons (ek en Lewies) verwag nie julle moet enorme blou balasse tussen julle karre of 4×4’s se agterwiele laat wieg nie. Bloemfontein is groot en Jan se cafe’s het baie eiers wat dalk meer as net ‘n ritmies-wiegende blou juweel gaan tref.


Kom ons begin stadigaan dink aan die 1011-landskap. Wat sal lekkerder wees as om die grootste koppie in die wêreld vir die derde keer (nogal in All Black-land) met manne soos Matfield, Juan Smith, en Brussouw aan die spits te gaan haal? Dit sal Januarie se raakvat in die “house of pain” soos ‘n Woensdagpiekniek in Droldrif laat lyk.


Lekker week in die Vrystaat.


Rugbygroete uit Gauteng


Ouboet


19 antwoorde op Lewies se briljante boodskap aan alle Cheetah-ondersteuners

  1. Dit bly jou smaak en opinie. Ja, daar is fanatiese bloues, maar ek kyk bloot objektief na die spel, en die log vertel ‘n verhaaltjie. Loftus is ‘n intimiderende skare, ek stem saam.

    Dankie vir die inloer. Lekker week therina.

  2. Ai toggie, ek gaan nie skaam kry omdat ek vir die Vrystaat skreeu nie. Sal altyd hulle ondersteun. Dis dan my span daai, of hulle nou verloor of wen.
    My tweede span is Blou. Moet hulle ook maar ondersteun want die man van my is Blou befok in die kop en nou het hy al die laaities in die huis ook aan sy kant. Gelukkig skaar die meisiekind haar maar saam met my.
    In Super 14 skrou ek maar vir al die SA spanne. Solank een van hulle net daai beker huis toe vat is alles mos reg. Lyk maar tog weer dit is Blou sin die jaar. GO BULLS!!

  3. Jy het ‘n slim man getrou wat sy seuns met insig grootmaak. Een van ons beste vriendinne (Jongste in matriek se Afrinaans-onderwyseres) skree vir die Cheetas. Dit gee ‘n nuwe dimensie aan die vriendskap.

  4. Jinne Ouboet, ek het nou nie gedink jy gaan my verrad so openbaar maak nie!! Nietemin, laat ons nou nasionaal-lojaal die Bulle ondersteun, dis SA se hoop in die Super 14. Maar Curriebeker, Cheetahs (Vrystaat né), wen of verloor. Fokkitie, aan lg is ek al gewoond! Lekker week vir jou Ouboet!

  5. Vetjan het gesê op Februarie 28, 2010

    Ek is natuurlik ‘n Stormers man, en is maar baie vies oor die Stormers Vrydagaand met 2 punte verloor het. Die Bulle se terugveg poging was baie goed, die ware toets vir beide Bulle en Stormers is in NZ.

  6. Welkom Oom … en ja … ek stem saam … ek dink ook jy is fokken slim … en dit het nou net mooi niks met Rugby te doen nie.

  7. Janklaas het gesê op Maart 1, 2010

    Plaas gerus meer kiekies. Ek vind dit baie opvoedkundig.

  8. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    OK, dis inderdaad opvoedkundig.

  9. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Ek stem. Om die Crusaders en Chiefs daar te gaan klop wil gesien wees. Andries bekker groei vir my in statuur met elke game.

  10. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Sorry Lewies, maar jy stem dat jy my ‘n moerse “gap” gegee het om die situasie uit te buit.

    Met die Currybeker bly Vrystaat deesdae ‘n faktor.

  11. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Spot on Kokomo. Ons is nie almal so nie. Blou is lekker.

  12. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Nou dink jy reg.

  13. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Lekker lag Spokie

  14. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Stanks Sonel. Mooi dag vir jou ook.

  15. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Ek dink ‘n paar Vrystaters sulk ook.

  16. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Ons sal probeer reel. Kom Loftus toe.

  17. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Nooit!

  18. *Modderkoekie los ‘n spoor op die stoep*
    Lekker dag vir jou Ouboet.

  19. louisna het gesê op Maart 1, 2010

    Thanks. Selle daar.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.