Goeiemôre Vrystaters en al my rugbyvriende

Februarie 28, 2010 in Sonder kategorie

Wat ‘n fenomenale skouspel was gister se rugby nie?

 

Kom ons begin by die Cheetahs en die Highlanders. Ek dink Rapport se opskrif op bladsy 3 van SPORT moet seermaak: “Cheetahs moet wakker skrik.” Dis onsensitief maar bevat tog enkele waarhede. As vredesoeker wil ek eerder op die positiewe konsentreer.

 

Brussouw het geen gelyke nie en kan op huidige vorm met gemak in enige wêreldspan instap. Onthou net, ’n briljante speler in ’n verloorspan is ryp om gepoach te word. Jaque Fourie is maar een van talle voorbeelde.

 

Juan het besielend gespeel, maar of daar afwaartse druk met sy drie was kon nie met sekerheid vasgestel word nie. In elk geval, die alternatief sou ’n 5-tree-skrum wees en julle aggressie was op daardie stadium so sterk dat julle beslis sou gescore het.  

 

As die TV-rev Brussouw se drie nie toegeken het nie, sou ek saam met julle voor Hoskins se kantoor gaan toy-toy het. Geluk met die bonuspunt.

 

Kom ons kyk wat sê die log:

Team

Nation

P

W

L

D

PF

PA

PD

Bp

Ttl

1.

Bulls

()

3

3

0

0

149

104

45

3

15

2.

Hurricanes

()

3

3

0

0

114

60

54

2

14

3.

Chiefs

()

3

3

0

0

128

102

26

2

14

4.

Crusaders

()

3

2

1

0

87

64

23

2

10

5.

Stormers

()

3

2

1

0

70

38

32

1

9

6.

Blues

()

3

2

1

0

66

67

-1

1

9

7.

Brumbies

()

3

2

1

0

75

82

-7

0

8

8.

Reds

()

3

1

2

0

87

77

10

2

6

9.

Highlanders

()

3

1

2

0

63

75

-12

1

5

10.

Cheetahs

()

3

1

2

0

83

102

-19

1

5

11.

Waratahs

()

3

1

2

0

74

103

-29

1

5

12.

Sharks

()

3

0

3

0

44

79

-35

2

2

13.

Lions

()

3

0

3

0

96

131

-35

2

2

14.

W.Force

()

3

0

3

0

56

108

-52

0

0

 

 

Die Bulls het swak begin en op ’n stadium in die eerste helfte het ek ’n herhaling van Jake White se 49-0 fiasko teen Aus in my geestesoog sien manifesteer, veral toe die TV-kamera vir ’n wyle op Jaco van der Westhuizen se gesig fokus.  

 

Wanneer laas het julle so ’n harde en fisies uitmergelende wedstryd gesien? Wanneer laas het julle ’n meer arrogante kaptein as Phil Waugh gesien? Het julle al ooit ’n beter comeback in die tweede helfte gesien?

 

Generaal Matfield, I salute you and and your brilliant team.  I humbly rest my case. En, o ja, beauty is in the eye of the beholder.

 


13 antwoorde op Goeiemôre Vrystaters en al my rugbyvriende

  1. Net so OB. :-))

  2. Unbeata-bull, increda-bull!
    Ons ou spannetjie het waaragtig karakter.
    Ek besef dat ek nie moet “gloat” nie want dis nog ‘n lang pad maar ai, wat ‘n vertoning!

  3. Generaal en sy manne het gepraat, en gewys.

  4. Lang pad maar briljante begin. Drie games, drie wenne en drie bonuspunte wil gedoen wees.

  5. More 🙂

  6. Beauty is in the eye of the beerholder.
    Ek weet nie of my hart gaan hou vir die hele seisoen nie.

  7. Goeiemôre Beertjie. Sê iets asb.

  8. Ja, ek is bevrees die Sharks het uit die bus geval. Sterkte nogtans.

  9. Jou voorkeur is nie aan my bekend nie, maar sterkte.

  10. Ek wag vir Jan, Kammi en Neels se kommentaar. Neels, moet asb net nie deur jou poephol praat nie. Vir die wat nie Kerneels se meesterstuk gelees het nie, onthou ek quote bloot sy eie woorde.

  11. Hy speel beter as wat hy lyk. Kaptein duisend.

  12. Hulle het geskrik en pragtig teruggeveg. Thanks vir die inloer.

  13. Iets! lol…….Ek’s ‘n Sharkie so ek se maar niks 🙁

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.