Lekker rugbynaweek

Februarie 26, 2010 in Sonder kategorie

Met die Sharks se swak vertoning teen die Crusaders twyfel ek of hulle vanjaar ‘n buitekans het om die semi-finaal te haal.


Wat die ander wedstryde betref, lig my fut feel my soos volg in:


Stormers: 27

Brumbies: 19


Highlanders: 36

Cheetas: 17


Bulls: 48

Waratahs: 11



Lekker kyk!


Early days, MAAR die spanne wat die grootste kans het om teen die Bulls in die finaal op Loftus te speel lyk na nie Stormers en die Crusaders.


Sterkte generaal Matfield. Jy hou ‘n beker so mooi in die lug op en jy praat beter Engels as ‘n Nataller, en beter Afrikaans as ‘n Vrystater.En jy dink en spring beter as wat jy praat.

10 antwoorde op Lekker rugbynaweek

  1. Dit lyk of die babes gereedmaak vir ‘n skrum.

  2. Soort van ja. Ek sien uit na die wedstyd.

  3. en seen my ma en seen my pa

  4. Pragtige song. Ons het eenkeer ‘n funksie gehad waartydens Laurika, Mannetjies Roux en Fanus by was. Sy moes daai song daai aand driekeer sing.

  5. Go Bulls!!!!!

  6. carinp het gesê op Februarie 26, 2010

    Geweet julle kyk net oor die girls!

  7. Nooit. Hulle i net ‘n bonus agter ‘n wenspan

  8. Yes!

  9. Kammi, een ding is seker. Ons altwee ken die spel baie goed.

    Wat meer is, jy sal altyd jou span ondersteun en ek altyd myne. As ons weer die wereldbeker wen juig ons saam.
    Jy gaan vir Matfield en F du Preez net so ondersteun soos ek vir Brussouw en Juan. Ons hoop altwee die regte nommer drie word gevind.

    En as ons ophou om mekaar te “soort van terg” gaan die landskap maar saai wees.

    Sterkte met jou span! Ek hoop jou skoonseun skree ook haak Vrystaat.

  10. My familie (mammie en 2 seuns) is ook blou. Hulle besef die impak van ‘n afwyking in tradisie terdee.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.