Ex post facto sinergiefoutjie

Februarie 26, 2010 in Sonder kategorie

 

Dis nie die fluweel in

haar omroeperstem nie

 

ook nie die glans van

haar engelgewaad nie

 

ook nie haar ontwerperskepping

of die verruklikheid daaronder nie

 

Vandag se somber som het sy gewete

daai dag rond en blink en sag gemaak

 

maar mannetjie se vlymskerp kloue op

sy harde skouer tog so sieldiep ingeslaan

6 antwoorde op Ex post facto sinergiefoutjie

  1. Middag Ekke.

  2. Iris Bester het ‘n bad hair day?
    Sorry Ouboet maar jy sal meer insae in jou gedig moet gee voor ek kan comment soos jy gevra het ek moet doen.
    Die eerste drie strofes maak sin,maar die laaste twee kan ek net nie kleinkry in konteks nie??

  3. Man het geswig voor pop, en hy is nou baie spyt daaroor. Sy gewete ry hom bloots. Die sinergie van al haar deugde was so groot dat hy haar nie kon weerstaan nie.

  4. Aha..selfkastyding na ‘n oomblik van uit karakter vergryping aan verbode vrugte??

  5. Spot on, maar deur gedagtes en nie dade nie geinspireer.

  6. Maak so en selle daar

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.