Onverwante ernstigheid

Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie

Vaarwel

 

Gewetespel is uitgewoed

na soveel nagte vol berou

oor gisters wat verstar verskyn

teen die ruit wat dikker word

en met elke asemteug van

jammersê verskraal die kans

van eenword vir oulaas lief

25 antwoorde op Onverwante ernstigheid

  1. ai – hoop nie jy se vaarwel nie Ouboet!

  2. Nee wat.Dis sommer ‘n ou stukkie wat nek uit die “laai” gekrap het

  3. ai maar dis mooi gese….

  4. zephur het gesê op Februarie 25, 2010

    met môre ‘n sonneskyn

  5. Sjoe goed om te hoor – ek comment nie baie by jou nie – ma ek lees gereeld – wil nie lekker leestof en foto`s verloor nie!

  6. Thanks samuhr

  7. Donker wolk se silwer randjie

  8. …soos dryfhout, sal dit ook weer eendag herwin word…

  9. Thanks Maggie

  10. Soos jy se.

  11. Thanks.

  12. Materie vergaan nooit.

  13. Vaarwel ook nie…dit kruip net in jou onderbewussyn weg…vir ‘n wyle. ‘n Submarine emosie van sussing.

  14. Puik metariaal vir fyn stellasies vers

  15. nou moet ek weer gaan dink…

  16. Lekker dink. Opperman se “Digter” is dalk jou beginpunt.

  17. Mooi ouboet!

  18. Thanks Monica

  19. agge nee, nou smokkel jy alweer met my… (hak en plak vir my op Spaces, s’blief)

  20. Sommer hier:

    4.DIGTER (DJ Opperman)

    Ek is gevang

    en met die stryd

    êrens in die ewigheid

    op ‘n Ceylon verban

    waar al my drange

    na ‘n verlore vaderland

    my dag en nag geëiland

    hou met horisonne en verlange.

    En in die geel gloed van die kers

    snags deur die smal poort

    van die wonder elke woord

    laat skik tot klein stellasies vers

    wat groei tot boeg en mas

    en takelwerk – en die uiteindelike

    reis met die klein skip

    geslote agter glas.

  21. dankie x 3!

  22. Thanks Jo

  23. Ek merk net na “geëiland” is ‘n lyn uitgenaal. Ek het hierdie een sommer gegoogle. Ek dink dit is geëiland hou met horisonne en verlange. (Reeds ingesit)

  24. 100% dankie Ghaap. Dis ‘n ou stuk.

  25. Thanks

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.