Belydenis van ‘n jong boerklong met normale pre-volwasse strewes (SNV 21)

Februarie 25, 2010 in Sonder kategorie


Soms dink mens verlangend terug aan die meevoerende en soel landskap van jou slypingsjare, die koshuisjare. Daardie jare roep herinnerings op van ’n guitig-verwaende witjaskennis (medic) wat daarmee gespog het dat sy …. (derde been) en sy persoonlikheid sy grootste bates was.  

 

Toe ouboet as boorling uit ‘n Calvinisies-patriargale jeug hom koel, beheersd en takties betig, wip hy sy gat in ‘n krul.  Toe hy sinies spog dat retrovirginity-prosedures oor vier jaar deel van sy boetedoening gaan wees, toe verstar ouboet se pupille.

 

Toe hy die room-van-die-oes-landskap wederregtelik wou betree en by ’n pel (eerste span slot) se girl sy bates probeer beproef, toe word hy hoogs verdienstelik en genadeloos gemoer.  Lip het eers na ‘n week gesak en het hom dalk ‘n merkie of twee op sy kerfstok gekos.

 

Toe skryf ouboet ‘n stigtelike weergawe van pre-volwasse strewes, eendag toe ‘n room-van-die-oes-pop sy pad kruis. Nodeloos om te sê die poging is nie afgelewer nie want die droom het voor die hipotetiese verbeeldingsvlug en dramatiese opbou kort na strofe 4 rens geword.

 

Eenword

 

Ek kan jou nog nie hoor nie

want jy praat in raaisels

 

Ek kan nog nie deur jou sien nie

want jou spelpatroon is wasig

 

Ek kan jou nog nie ruik nie

want jy staan altyd te ver

 

Ek kan nog nie aan jou vat nie

want jy’s nog veels te rats

 

Ek kan jou nog nie proe nie

want jy’s nog onskuldig

 

Maar gut feel draal ‘n ander

deuntjie: ons gaan stap vir stap

 

een vir een voor eendag

as een by al vyf uitkom

 

 

NS: Dalk sê een van die poppe: “Mens moet nogal guts hê om jou mindere pogings uit jou stomppenjare so argeloos voor die hoofpawiljoen te plak.“

 

Of: “Sies ouboet“

 

Of: “Jy toets die randmetafoor“

 

Of: “Katools ou man“ (Kleinmondmetafoor)

 

Of: “Moenie misvattie“ (Christo)

 

Of: “Probeer is die beste geweer. Inkom is saakliker as uitkom“ (Jan)

 

Of: “Met herhaling kom begrip“ (Ekke)

 

Of: “Man bly man. Hole-in-one’s tref nie beginners nie“ (Ghaap)

 

Of: “Takties ontoereikend“ (DsP)

 

 

Sorry! Die stuk is tong-in-die-kies geskryf

4 antwoorde op Belydenis van ‘n jong boerklong met normale pre-volwasse strewes (SNV 21)

  1. Thanks Ekke

  2. Ai die lekker van jonkwees….

  3. Thanks Kelly

  4. Mag jong gedagtes ons nooit verlaat nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.