Lewies se briljante boodskap aan alle Cheetah-ondersteuners
Februarie 28, 2010 in Sonder kategorie
Hoe kry ek die font groter? Alles probeer. Niks werk nie
Lewies jou yster. Ek het vermoed jy is baie slim, maar die volgende stukkie verbysterende insig plaas jou maklik in die MENSA-kategorie:
Lewies skryf: “Ek wil eintlik op jou volgende inskrywing kommentaar lewer, maar die Bulls poppies sit die kommentaardosie toe! (Hels geforseerde poging tot metaforiek!)
Vir die Super 14 staan ek nou agter die Bulls. As getroue Cheetah ondersteuner voel dit vir my na hoerery, maar magtig, ek wil ook een keer aan die wenkant wees!
Terloops, die generaal daar is nie Matfield nie, maar daai outjie wat sy rugby in die Vrystaat leer speel het, generaal Steyn!”
Ek reageer toe met ‘n versugting dat ek weens tyd nie 22 generaals almal op die naam kan noem nie, want ‘n skip het een kaptein. Dat generaal Morne Steyn sporadies in Vrystaats onderrig is, is inderdaad ‘n pluimpie vir die Cheetahs.
Inderdaad het Lewies ‘n massiewe punt beet. Ek het ‘n vermoede dat die Sharks en die Cheetahs se drome besig is om rens te word. Lewies se haalbare droom om “ook eenkeer aan die wenkant te wees” laat dus twee opsies as julle nasionaal-lojaal na die prentjie kyk: Die Stormers en die Bulls.
Die Stormers kan dit nog maak. Hulle het hope talent met Andries Bekker, Brian Habana en Jaque Fourie aan die spits. No 15 lyk ook op vorm.
Die mees logiese opsie is natuurlik Lewies se briljante keuse: BLOU. Dus, Jan, Kammi, Neels en ander gekweste mede-rugbykenners; julle het ‘n keuse. Maak vrede, of bly treur. Super 14 is dié strafste internasionale kompetisie en nie vergelykbaar met die plaaslike Currybeker-kompetisie nie.
Ons (ek en Lewies) verwag nie julle moet enorme blou balasse tussen julle karre of 4×4’s se agterwiele laat wieg nie. Bloemfontein is groot en Jan se cafe’s het baie eiers wat dalk meer as net ‘n ritmies-wiegende blou juweel gaan tref.
Kom ons begin stadigaan dink aan die 1011-landskap. Wat sal lekkerder wees as om die grootste koppie in die wêreld vir die derde keer (nogal in All Black-land) met manne soos Matfield, Juan Smith, en Brussouw aan die spits te gaan haal? Dit sal Januarie se raakvat in die “house of pain” soos ‘n Woensdagpiekniek in Droldrif laat lyk.
Lekker week in die Vrystaat.
Rugbygroete uit Gauteng
Ouboet
Onlangse kommentare