Suurgeworde eerste liefde

Januarie 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Jou hande fnuik ‘n uitwerpdeug

van pyn en duisternis

wat aanhou krap

maar die kuns van haat

het jy reeds vroeg gesnap

en met fyn geweegde

tyd vernuftig vervolmaak

 

Jy streel my in ‘n uur

van losmaak

voor die val

tot gisters om my toevou

en mores skugter raak

Die wanhoop van die donker nag

skik traag in hierdie uur

van stil vermaak

12 antwoorde op Suurgeworde eerste liefde

  1. VozSola het gesê op Januarie 31, 2010

    ook moertoe?

  2. louisna het gesê op Januarie 31, 2010

    Heeltemal moertoe

  3. louisna het gesê op Januarie 31, 2010

    In hierdie geval die (on)vermoë om iets weg te gooi of te vergeet.

  4. louisna het gesê op Februarie 1, 2010

    Spot on.

  5. jannel1 het gesê op Februarie 1, 2010

    Ek het nogal gedink die PDU lui ‘n klokkie. Dit is die selfaangestelde morele sedebewaker van die blogs wat van tyd tot tyd sy of haar verskyning maak, om so bietjie evangelie te verkondig vir die sondiges.

    Ek weet nie of jy nog die comment hier by my kon onthou nie.

    http://blogs.litnet.co.za/jannel1/ten-minste-het-iemand-die-rugby-geniet

    Nou ja dit lyk my die persoon word maklik verstom. Wat my verstom is hoe mense aanhou om goed te lees van persone wat hulle nie aanstaan nie. Verstommend.

  6. louisna het gesê op Februarie 1, 2010

    Inderdaad verstommend Jan. Soos die tannie wat kla oor die man wat kaal tan. Toe die polisie kom vra hy, maar waar is die kaal man. Nee, jy moet op die stoel klim en deur die boonste venster loer om hom te sien.

    Ja ek onthou die comment. Pragtige een.

  7. jannel1 het gesê op Februarie 1, 2010

    Die storie wat jy vertel kom uit ‘n ware hofsaak uit. Die man het een of ander velaandoening gehad en moes volgens doktersvoorskrifte kaalbas tan.

  8. jannel1 het gesê op Februarie 1, 2010

    PS miskien is die huidige klaagster dieselfde persoon as in die hofsaak?

  9. louisna het gesê op Februarie 1, 2010

    Sjoe, lekker hofsaak.

  10. louisna het gesê op Februarie 1, 2010

    Dalk. Maar ek weet wie die klaagster is.

  11. veralda het gesê op Februarie 2, 2010

    en toe sout laf geword het is die deeg uitgewerp by die voordeur want dit sou nie deug

  12. louisna het gesê op Februarie 3, 2010

    Ai maar jy is skerp.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.