AANHANGSEL D: BLOED IS DIKKER AS WATER
Januarie 31, 2010 in Sonder kategorie
OPSTEL OOR DIE NAUDÉ- FEES, 16 JUNIE 2007
Kernfeite
Aantal karre getel: 48
Aantal mense: 115
Aantal mense meegevoer: 115 + die wat oor die skouspel ingelig is
Beserings: Geen
Ongevalle: Geen
Skaam mense: Oggend 5-10. Middag en aand: Geen
Kos: Ongelooflik lekker
Feesterrein: Puik. Potensiaal vir massiewe uitbreiding
Algemene opmerking: Ongelooflik lekker
Dames: Pragtig
Agtergrond
Op 16 June 2007 het een van die grootste feeste in die geskiedenis van die Naudé-familie plaasgevind. Onder die besielende leiding van feesbestuurder Poppie Moolman het hierdie heugelike gebeurtenis op plot 323 Bredell afgespeel. Die 53-jarige oom (nou 56) wat die speech oor die Naudé-familie gemaak het, het homself geroepe gevoel om die skouspel op skrif te sit.
Die Naudé-familie is een van dié kleurrykste families in die land, en beslis nie sonder rede nie. Verskeie Naudés het hulle gedurende die afgelope 300 jaar op verskeie terreine onderskei en besliste bydraes tot die ontwikkeling van die land en sy mense gelewer. Op genealogiese terrien spog die Naudé’s met die eerste georganiseerde familiesaamtrek in Suid Afrika wat die eerste keer in 1917 in Bethlehem gehou is. Hierdie Naudé-saamtrek vind minstens elke 5 plaas.
Verder het die Naudé-familie een van die omvangrykste familiekronieke oor bykans 500 jaar uit die pen van ‘n amateur genealoog opgelewer.
Indien in ag geneem word dat ‘n beduidende deel van die inigting in die kroniek oor die Bethal Naudés (dus die tydperk na 1880) handel, is die Bethal Naudés een van subgroepe van die familie oor wie die meeste “in-diepte” inligting beskikbaar is. Die omvangryke werk van Faan Naudé maak die groter Naudé- familie een van die mees volledig-opgetekende families in die land. Ten minste 95% van die totale familie se kerndetail is reeds in ‘n volledige stamregister opgeteken wat gereeld opgedateer word.
(Word vervolg, indien daar belangstelling in ander se geleefde mistykies is)
boerseun1 het gesê op Januarie 31, 2010
Die tipe ding is net so goeie rede as enige iets anners vir ‘n moerse party. Mooi so en ja, skryf nog oor die dinge.
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Thanks Boerseun. Ek sal nog goed plak.
Hopestar het gesê op Januarie 31, 2010
Good Morning
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Good morning Hopestar. Have a nice day.
modderkoekie het gesê op Januarie 31, 2010
Dis amazing Ouboet.Aan my geliefde Oupa se kant het die familienaam by my Ma en haar suster gestop.My tannie het nooit kinders gehad nie,en my Ma net die een dogter.
Daar is gelukkig nog heelwat van ons in Skotland.
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Kry hulle bymekaar vir ‘n lekker party
shlwanjan het gesê op Januarie 31, 2010
Ag cool! {-;
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Thanks. Lekker party gewees.
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Thanks Flenters
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Pragtig.
louisna het gesê op Februarie 1, 2010
Thanks Ghaap