Vir Christell. Nog ou foto’s
Januarie 30, 2010 in Sonder kategorie
Hierdie is die uwe tussen die skare tydens die “publikasie” van die boek in 2002.
Die baard is gekweek net vir die gedagte.
Baba wat tydens die ABO in die Standerton-konsentrasiekamp dood is
Patriarg JP Naudé (1850-1933) my oupagrootjie en sy tweede vrou. Die “dogter” agter is ‘n buite-egtelike stiefdogter wat hy as sy eie kind grootgemaak het.
jannel1 het gesê op Januarie 30, 2010
Pragtige dogter, wat gedagtes van addisionele buite-egtelikheid by my aanwakker.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
More Ekke. Ja, ek voel myself deel van die moderne en die ou verlede. Lekker naweek. Ek sien Kammi se dogter trou vandag.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Jan, hoekom wetter die poppe my as ek net effens aan die randmetafoor raak, maar jy loop skotvry uit? Life’s not fair.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Nee, eerste bladgeskud.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Oh yes. Ek was nog nie daar nie. Ouboet jnr approach vanjaar 24 en vry nog in die bondel.
boerseun1 het gesê op Januarie 30, 2010
Dis seker lekker as mens nog sulke ou fotos van jou familie kan besit. groete
jannel1 het gesê op Januarie 30, 2010
Hulle weet daar is nie meer redding vir my nie Ouboet, maar vir jou probeer hulle nog op die regte pad help 🙂
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Ja, ek het baie lank baie diep gaan krap en is ruim beloon. Groete daar ook.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Nee, ek voel anders, want ek wou so graag ook ‘n dogter he
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Maar ek was nog altyd op die regte pad. (Gedagtes uitgesluit)
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Ek het 2 seuns. As ons vroeer bevriend geraak was ons dalk swaers.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Maak so
christellfourie het gesê op Januarie 30, 2010
Pragtige veral die boonste foto’s is baie mooi.
Moet se die baard pas jou nagal baie mooi ou boet .
Is dit famielie foto’s ?Watter jaar is dit geneem ?
christellfourie het gesê op Januarie 30, 2010
Toemaar ou boet ek het ook net twee seuns
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Thanks. Almal is familie. Boonste geneem 2002. Babalykie in 1901. Oupagrootjie seker so 1928-1930
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
In dieselfde bootjie. Ek en my seuns is root pelle.
kerneelsie het gesê op Januarie 30, 2010
Hoe moes ek nou raai ek moet eintlik praat van “Oom” Ouboet.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Kerneels, ‘n oom is ‘n ou man wat sy bal raaksit.
christellfourie het gesê op Januarie 30, 2010
Ouboet ek vra oor die boonste foto’s is dit ook Famiilie ? Ek wens ek kom ook van my oupa en oupa groot sulke foto’s op spoor dis regtige baie waardevol
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Ja, almal familie. Boonste: In die groot mooi raam is groot-oupagrootjie Jacob Johannes. Links van hom is oumagrootjie Gerbrecht. Haar eerste kind is 7 maande en 5 dae na haar huwelik gebore voor broeikaste.
Tweede van bo. Groot foto is oupagrootjie Jacobus Petrus. Die twee onder hom is ek en mammie in graad een.
Die res is almal familie.
Neffertiti het gesê op Januarie 30, 2010
‘n Waardige man, jy.
Oupagrootjie lyk na Genl CR de Wet.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Thanks. Ja, hy lyk nogal skrams na Genl de Wet
Trakie het gesê op Januarie 30, 2010
Ek hou van ‘n baard! Nou net nie so lank soos op die onderste twee foto’s nie 🙂
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Je nee, hulle baarde is oordoen.
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Baie hartseer. In die famiiekroniek het ek die volgende stuk by die foto geskryf:
Geen mens met ‘n siel sou dié een kon oorslaan nie. Wie is dié mens, en hoeveel geluk of pyn het hy in sy kort leeftyd ervaar? Dalk is daar ‘n meer grondige rede as blote verweer waarom dié uitsonderlike foto verdof het, en spaar die liewe Vader ons die felle leed wat ‘n helder blik sou gee. Dalk sou ons ‘n Naudé-uitdrukking in die ongeleefde gesig té bedreigend vind. Tog het hierdie uitsonderlike lewensles oor jare behoue gebly, en met die genade het die felle realiteit effens versag. Met die skoon dooprok aan sy koue lyf het die jongeling se jong moeder sy hande behendig oor sy bors gevou, en daarmee die onafwendbare aanvaar: hy is gereed. Sy moet hom nou groet. Die enigste troos wat sy het is dat dié tenger wese van haar liggaam geen kwaad geken het nie, en in sy kort lewe waarskynlik net geluk gebring het, voordat die felheid van die eerste lewe hom van haar weggeruk het. Dan sien jy, soos die jong moeder, die eerste lewe deur die wasige sif van die dood, en meteens verlang jy saam met haar na die waters waar daar rus is.
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Hartseer. Ja kameras was skaars en beperk tot die boksmodelle met die swart lap om die lig uit te hou.
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Thanks. Ouboet het ook sy sagte kant.
palamino het gesê op Februarie 1, 2010
Die ooreenkoms tussen jou en die naasaat in die s/w foto langs wie jy staan is absoluut merkwaardig. Dis ‘n ongelooflike fotoskat, die!
louisna het gesê op Februarie 1, 2010
Thanks Palomino. Ja ek is nogal trots op die tradisie.
zette het gesê op Februarie 3, 2010
Sjoe, dis hartseer! Maar, as mens nou verder dink, sou die kindjie in elk geval seker al teen dié tyd al gesterf het, siende dat hy al doerie tyd geleef het.
louisna het gesê op Februarie 3, 2010
Baie hartseer. ABO was die grootste onreg in ons geskiedenis.