Modderkoekie, hoe ken mens jou voorgeslagte uit op foto’s?
Januarie 30, 2010 in Sonder kategorie
Bo links: Patriarg JP Naudé en 4 van sy kinders. Links onder is Oupa Lewies. Bo regs. Patriarg en sy eerste vrou met die borsspeld waaroor die storietjie hier onder meer vertel.
Tydens ‘n besoek aan tannie Bes Kotze het sy my twee ou foto’s gewys. Volgens oorlewering was hulle van die vroeë familie die een heelwaarskynlik (haar) oupa se eerste vrou en die ander een haar oupa se ma. Die groot deurbraak het egter gekom tydens ‘n besoek aan tannie Betsie Killian, oupa Lewies se suster, Elizabeth Maria, se kleinkind en self ook ‘n Elizabeth Maria. Ek het haar besoek in die hoop dat sy dalk van die ouer foto’s in haar ouma se foto-album, wat ek by haar neef oom Johan Raath gekry het, sou kon identifiseer. Sy was in die kol met die foto’s van die mense wat sy geken het, maar sy het die ouer mense nie geken nie.
Groot was haar verbasing toe sy wel ‘n borsspeld aan een van die vrouens op een van die foto’s herken het. Dit is presies dieselfde borsspeld wat haar ouma vir haar gegee het omdat sy die naam Elizabeth Maria dra. Sy is versoek om hierdie borsspeld mooi te bewaar aangesien dit ‘n erfstuk uit die vroeë familie is. Sy het die borsspeld gaan haal en daar was geen twyfel dat dit presies dieselfde een as die een op die foto is nie. Die man by wie sy op die foto ingehaak is, is niemand anders nie as ‘n jonger en doelgerigte Jacobus Petrus, my oupagrootjie. Die werklike foto van Elizabeth Maria is dus heel toevallig opgespoor, en dit alles deur ‘n buitengewoon uitsonderlike sameval van omstandighede.
DallaSePa het gesê op Januarie 30, 2010
Ouboet … ek sien jy is omtrent die hele dag hier rond … werk jy?
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
So tussen die bloggery deur. Ek sit op kantoor en swoeg so tussendeur met die intray. 90% + van die goed wat ek plak is jare gelede reeds geskryf.
DallaSePa het gesê op Januarie 30, 2010
Vasbyt … een van die dae is die BULLE in BLOU weer op Loftus … die kantoor sal biki moet wag. Mind you … ‘n losie sal nooit weer vir my dieselfde wees nie …
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Ja nee, die losie is ‘n losplek. Die Bulle gaan weer eens presteer. Omdat ek nie bestuur as ek gedrink het nie, verkies ek Loftus op die big screen tuis.
Ruben se voortydige heengaan is darem baie sad.
DallaSePa het gesê op Januarie 30, 2010
Sy kinders is nog klein …
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Ai, so klein. Ek ken Drikus Hatting, sy swaer. Sy dogter en my jongste is saam op skool.
Ek dink daai rev in die 95 final was blind. Ruben het gescore.
DallaSePa het gesê op Januarie 30, 2010
Praat jy …
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Gelukk is is ons Bulle rugbyskerp en sanik nie soos die Vrystaters wat die rev blameer elke keer as ‘n Cheeta huil nie.
loudavisi het gesê op Januarie 30, 2010
Ons geskienis is kosbaar.
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Baie
modderkoekie het gesê op Januarie 31, 2010
Interesante vraag Ouboet,met baie navorsing,maar ook soms met jou ‘hart’.
louisna het gesê op Januarie 31, 2010
Ja, ek het al alles ingespan. Maar dit bly lekker.