Ou foto’s vir Christell en Modderkoekie
Januarie 29, 2010 in Sonder kategorie
Regs is my groot-groot-oumagrootjie Anna Elizabeth Johanna Naudé, gebore Erasmus. Volgens ‘n museumkundige wat ou modes baie goed ken, is die foto ongeveer 1860 geneem, 18 jaar na die uitvinding van fotografie.
Die dowwe foto links is van my groot-oumagrootjie Johanna Maria. Hierdie foto moes dalk ‘n paar jaar voor haar dood in 1870 geneem gewees het. Sy is op 39 dood tydens die geboorte van haar laaste kind. (Placenta Privia)
Beide se eerste kinders is ten minste 9 maande na die voltrekking van die heilige eg gebore. Hulle was dus soet meisies in vergelyking met enkele ander gedokumenteerde gevalle van “vroeë geboortes” in ‘n behoudende Victoriaanse era lank voor broeikaste..
modderkoekie het gesê op Januarie 29, 2010
Ek is mal oor ou fotos Ouboet,dankie.
Ja wat bo die kombers,langs of onder,kindertjies is altyd ‘n seen.
Wolletjies het gesê op Januarie 29, 2010
Die foto`s van jou – hoe stal jy hulle uit in albums of in rame teen mure? – want ek glo jy moet `n mooi versameling he.
Doubtingthomas het gesê op Januarie 29, 2010
So daardie fotos is om en by 150 jaar oud. Fassinerend.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Thanks Ekke.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Ja, jy’s reg.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Ja, die versameling is groot. Oorspronklikes hou ek in ‘n groot digte houer. Alle foto’s is geherfotografeer (eers meganies en later elektronies). Die mooiste foto’s is geraam en hang regdeur die huis. Alle direkte voorsate se foto’s is in groot rame.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Ja, en mens was al mens in Adam en Eva se tyd.
DallaSePa het gesê op Januarie 29, 2010
Moerse-lekker-trou-nagte-in-beide-gevalle-smaak-dit-my …
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Oh yes. Daai klap van die eerste skoot.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Ja, ek het myne gewys. Jou beurt.
christellfourie het gesê op Januarie 29, 2010
Dankie ouboet dit is darm maar net bosbaar , die verlede het so baie om te vertel en ons kan net luister .
Ek is mal oor die foto’s dis baie mooi.
DallaSePa het gesê op Januarie 29, 2010
LOL … rerig!
:))))
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Ja, as mens diep in die verlede krap, soos ek het, dan kan mens baie mooi luister.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
OK, dalk skrams raakgevat agter die kraalmuur voor die tyd.
DallaSePa het gesê op Januarie 29, 2010
O donner … LMGA!!!!!
Wolletjies het gesê op Januarie 29, 2010
Mooi man – jy moet slag foto`s wys hoe dit teen die mure hang – ek het ook `n paar ou foto`s – ma kry nie geskikte rame vir hulle nie – ek het so `n ruk treug ovaal rame opgespoor – moet dit net nog bietjie opknap – lekker naweek Ouboet –
maryke-anne het gesê op Januarie 29, 2010
Baie mooi foto’s, maar hoekom het die mense nie gesmile nie?
Berwick het gesê op Januarie 29, 2010
Mooi!
VozSola het gesê op Januarie 29, 2010
ou kiekies maak my bang… ekke het my ouma se familie album geërf… Maryke vra oor die smiles? Nee, dit gaan nie oor die smiles nie, maar oor die oë. Hulle het swaar boodskappe voor hul vensters gehang. Oge is nou maar een ding wat nie kan lieg nie. (ek praat oor die algemeen, nie tov jou foto’s hier nie)
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Nee, omhels hulle
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Thanks. Familie.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Dit wonner ek ook.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Of skrams misgevat
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
OK, ek sal. Ek het 4 oorspronklike ou rame gerestoureer.
jannel1 het gesê op Januarie 30, 2010
Interessant die kwaliteitsverskil en dat die nuwer foto swakker as die ouer een is. Of is laasgenoemde dalk net beter opgepas en behoue gebly?
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Ek dink dit is maar ‘n kwessie van oppas, alhoewel ek vermped die foto links is swak afgeneem.