Mi(da)svat van ’n oorgeslaande

Januarie 29, 2010 in Sonder kategorie

Verbeeldingseelte  

op jou bakhouhande

word helaas verlig

soos volwensdrif

in soelnat poepe skif

Jy skryf ’n sprokie vol

verlange van jou Midasvat

Jy, ghuru wat aan alles vat

en mateloos betas,

word wys

Als waaraan jy vat

word voor die skare

louter kak

13 antwoorde op Mi(da)svat van ’n oorgeslaande

  1. Daarvan gepraat – daar was destyds mos gespot dat Barend du Plessis ‘n ere-doktorsgraad in chemie sou kry. Want hy het goud in kak verander.
    🙂

  2. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    Spot on Thomas. Ek dink ‘n paar huidige politici sal ook kan aanspraak maak op eregrade.

  3. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    Sjoe, jy is vrouhaftig of ‘n Vrydag.

  4. VozSola het gesê op Januarie 29, 2010

    mmm… the South African dream? (team)

  5. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    Yes, why not?

  6. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    En soos Thomas tereg sê: Moertoe.

  7. Ek wens ek kon dig..selfs as jy skryf oor iets soos my mees gehate woord..ag nou ja :0)
    Gaan loer bietjie op spaces,ek het baie interresante links oor van die Franse name wat jy gister geplaas het gekry.

  8. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    Elke outjie maak ‘n foutjie. Sorry vir die steurnis. Lekker dag.

  9. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    Thanks. Ek sal so maak.

  10. P.s,ek sien vanoggend op die nuus JD Salinger is oorlede,het jy ooit sy ikoniese ‘Catcher in the rye’gelees?

  11. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    Ja ek het hom gelees. Goeie storie. Jammer dat reuse groet, maar hy was darem nie meer vandag se kind nie

  12. Nee,nie meer vandag se kind nie.
    Ek is al WEER besig om Roald Dahl se autobiografie te lees.Een van my mees geliefde boeke.
    My Oupa het my as kind aan sy boeke voorgestel,in my opinie is hy ‘n ongelooflikke skrywe.En sy sketse ter verduideliking laat my steeds skater.

  13. louisna het gesê op Januarie 29, 2010

    Ek sal hom gaan lees. Groete.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.