Ek en Jan Nel is dalk verlangs familie. Wie nog?
Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie
Die genealogiese landskap is een massiewe web van verwantskappe. Wie is familie?
‘n Interessante verskynsel is dat geen direkte Naudé-voorsaat, sover vasgestel kon word, met ‘n Engelse, Skotse, Walliese of Ierse vrou getroud is nie. Volgens ‘n evaluering van inligting wat opgespoor kon word, het ten minste die volgende families ‘n invloed op die samestelling van die Naudé-familie waaruit die skrywer en sy seuns afstam, gehad: Alberts, Bekker, Beshouwer, Bezuidenhout, Bockelberg, Botha, Bothma, Bouwer, Briet, Cloete, Coetzee, Coetzer, Combrinck, Cordier, De Jager, De Klerk, De Menetrie, De Ruelle, De Savoye, Du Toit, Erasmus, Fourie, Franz, Gerrits, Helm, Hermann, Horak, Hugo, Isnard, Jacobs, Jooste, Jourdan, Keyser, Koekemoer, Levebre, Lubbe, Marais, Meyer, Minnaar, Mittalat,
Nel, Olivier, Oosthuyzen, Otto, Pienaar, Provo, Putter, Rossouw, Schoeman, Schutte, Slabbert, Smit, Snyman, Steenkamp, Strydom, Taboureux, Taillefert, Tol, Van Den Heever, Van der Merwe, Van Der Sand, Van der Schulp, Van Der Walt, Van Deventer, Van Heerden, Van Niekerk, Van Sitte, Van Veenwouden, Van Wyk, Venter, Vorster, Visagie, Vosloo, Wagenaar, Weyers en Wiese
jannel1 het gesê op Januarie 28, 2010
Goeie bliksem. Met so ‘n lys is jy ten minste verseker daar was nie kans vir te veel ‘inteeling’ nie.
Mooi dag ‘Neef’ Ouboet.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Thanks neef Jan. Mooi dag daar ook.
veralda het gesê op Januarie 28, 2010
oeps dan is ek ook een van julle
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Welkom dan in die “ring of remarkable people”
zephur het gesê op Januarie 28, 2010
Nee ek is nie daar nie…
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
No problem. Jy is deel van die vriendekring.
Maghitta het gesê op Januarie 28, 2010
nee ek is ook nie daarnie….
maar op die stoep wel
lekker dag…
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Familie of te nie, ons kuier lekker.
modderkoekie het gesê op Januarie 28, 2010
Ek is ook nie familie nie.
My voorvaders kon ons terug’trace’tot die 11de eeu,en Modderman se familie is teruggedokumenteer tot by 3 Romeinse senators in die patriargale lyn.
Wens ek kon bietjie meer oor my genealogie en Modderman sin plak,maar vir my (persoonlik)is dit maar effe riskant om soveel persoonlike inligting uittegee.Sal wat met Mev.Lee gebeur het seker nooit uit my gedagtes kry nie.Heelwat psycho’s op die internet.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Sonder familiegeraamtes is ons lekkerder pelle.
modderkoekie het gesê op Januarie 28, 2010
:0)
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Mooi Pot. Selfs verlangse familie van jou is ‘n voorreg.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
OK, great minds think alike Pot. Ons hoort dus in mekaar se geselskap.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Ek dink Ja is ‘n goeie neef. Hy hoort in die familiekring.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Beslis neef Pot. Dit sal heerlik wees.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Defnitief. Ongelukkig is dinge die naweek moeilik, maar daar is nog baie tyd. Yes ‘n hoogs implementeerbare idee.
katrina het gesê op Januarie 28, 2010
Jis jy het so baie vanne hier dat ek en die helfte van my vriende familie moet wees. Hehe. My nooiensvan en my getroude van is hierby, maar ek het nie eers verlangs ‘n Naude in my stamboom nie. 🙂
shlwanjan het gesê op Januarie 28, 2010
Volgens daai lysie is ek en jy ook moontlik familie. Al is dit aangetroud. {-;
FOXY1975 het gesê op Januarie 28, 2010
Lyk vir my ek kan dan volgens jou navorsing dalk ook erens aan Jan gehaak wees!en wie weet dalk, net dalkies nog van joue ook! voorwaar baie interessant!
DallaSePa het gesê op Januarie 29, 2010
Jammer … ek mis uit.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Als OK
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Dan is ons pelle sonder familietwiste
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Welkom nig Foxy
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Welcome to the crowd nig MaanKind
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Welkom in die familie.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Welkom nig Katrina.
Neffertiti het gesê op Januarie 29, 2010
Jy is ‘n tipiese Afrikaner.
louisna het gesê op Januarie 29, 2010
Thanks. So ietsie van als.
NARITHA het gesê op Januarie 30, 2010
Meyer bloed vloei deur, my maar is nou ‘n de Klerk 🙂 So kan jou buurman familie wees en jy weet dit nie eers nie.
Ekke vang nou eers so bietjie op, op die blogs.
((((HUGS))))
louisna het gesê op Januarie 30, 2010
Ek mis met ‘n nooi de Klerk getroud. Ja, die familie het sy intriges. Hier is een.
Vaaljaap, of te wel Jacob Johannes sy oudste broer, het bykans sy hele lewe op die plaas Driehoek geboer. Hy was tweekeer getroud, eers met Susara Berndina Salmina Smit wat gedurende die Anglo-Boereoorlog dood is (14 April 1902) en later met Catharina Gertruida Elizabeth Herbst. Susara Smit was sy oupa Jacob Johannes se tweede vrou JPD Smit se kind by haar eerste man. Tegnies was ou Jacob dus Vaaljaap se oupa en sy stief skoonpa. Mens wonder of hy hom na die huwelik as oupa bly aanspreek het.