Einde van die woordgeveg
Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie
Stuk vir stuk sluk jou donker oë
my swart en mufgedinkte
gedagtes in
Ek sien jou in hierdie
woordlose uur mik op
’n grys vel papier
en wonder wat jy dink
as jy sekuur bly woorde spits
en dalk nog ‘n rondte kruit
genadeloos vergader
Diep lyne om jou mond versag
Jy fladder rond soos
vleipaddatjies in die reën
Woorde spring
Op en af skik ’n
landskap vol letters
wat woorde word
strofes lig
bars deur die linie
Jou helder oë kaats
’n vredesduif
op die horison
VozSola het gesê op Januarie 28, 2010
…as jy kon gedagtes lees…sal jy verstaan hoekom die eerste 10 lyne skieklik uit fokus is.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Skerp Voz. Jy is skerp.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
More. Soort van
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Mooi!
veralda het gesê op Januarie 28, 2010
laat my dink aan van wyk louw se byteltjie
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Thanks, maar ek dink beiteltjie is aansienlik beter as hierdie stukkie.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Sjoe. Thanks.
skurwesan het gesê op Januarie 28, 2010
;n Vredesduif, nê?
Pragtige beeldspraak.
Ek het ook so een. Hy is van breekbare plastiek gemaak en wen op met ‘n wit ratjie aan die kant. Werk so 30 sekondes op ‘n slag. My wysvinger en my duim kry blase van die aanhoudende opwen.
louisna het gesê op Januarie 28, 2010
Thanks. Sterkte