Kom ons gaan die nuwe jaar al dansende binne

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

 

’n Tamaai snotklap voor die hoofpawiljoen het ouboet in genres ingewig wat nie noodwendig sy eerste penliefde is nie. ’n Snedige en onvanpaste opmerking oor tyreflaps het hom na die enorme klap gedwing om goed oor die genealogie en die toekoms te plak.  Tydens die emosionele herstelproses het hy diep gedink en sedertdien nog nie weer enige buitesinlike metaforiek gebesig nie.

 

OK, dalk toets hy weer die randmetafoor en gee die pop hom weer ’n klap. Wie weet?

 

Nietemin, toe dink ouboet diep. Toe kom hy agter dat alle geboortes begin by die onderlyf. Die grootste pandemie in die geskiedenis ontspring uit die onderlyf, en hy is hoogs/slegs? aansteeklik Die heerlikste lekker is onderlyfvlietend. Hoekom dan nie daaroor skryf nie? Ghaap se hele blog draai (soms baie fyn) in die onderlyf.  Jan se Viagra-dialoog was treffend. Lewies se kondoomvergeet was treffend. Denker se Welgevonden was meesterlik.

 

Hoekom toets jy nie weer die randmetafoor so effens nie ouboet?  OK niemand het my gevra nie, maar ek hoop iemand wou. Dit is my droom dat alle bloggers die nuwe jaar al dansende sal binnegaan. Oorgeslaandes, gekwestes en sensitiewe lesers, stop net hier.

 

Omie trap die petrol dat ons vinniger kan ry. Ek vermoed ten minste 3 manne sou my dalk net wou vra vra om die krane so ‘n bietjie oop te draai. Vertel ons van die sewe tarentale, die draai en die dooie pappegaai. Van die draai ook, vra ek? Yes, vertel ons van die fyn ding! OK, kom ons start die Vauxhall.

 

Maar watter genres gaan ons dans ouboet? Nee wat, dit hang af van keuse, tyd, plek en ander veranderlikes.  Dalk moet ek gou die genres verduidelik.  Vir die meeste van ons is daar die matraspolka, die paringsdans, die disselboomwals en die stoutwees-setees.

 

Vir baie ander ondersteuners van die grondwet is daar die rugridderpolka, die holriel, die batteryvastrap en vasstrepsetees.

 

Maar hoe dans mense wat die gawe verloor het? O, daar is baie moontlikhede. Die deugde van die tong kan mazurka, wals en vastrap. Die tongtippietoets alleen bied 8 genres.  Vingerleklekker bied ook verskei opsies.

 

Maar ek is vanaand alleen? OK, gaan koop batterye voor Checkers toemaak en sorg dat daar ‘n skoon handdoek langs die wasbak is.

 

Maar mammie is nie vanaand seisoenaal toeganklik nie. Gebruik ’n donker handdoek.

 

RSVP

17 antwoorde op Kom ons gaan die nuwe jaar al dansende binne

  1. Hou an jou blogtoekennings:) Happy New year:)

  2. louisna het gesê op Desember 31, 2009

    Thanks pel. Selle daar

  3. jannel1 het gesê op Desember 31, 2009

    Donker handoeke kan ook vir neusbloei aangewend word na ‘n seisonale snotklap. Sterkte vir jou Ouboet.

  4. louisna het gesê op Desember 31, 2009

    Jan, jou skerpte maak die blog chirpy. Sterkte daar ook

  5. ritme in brokkies en benoude boude

  6. katrina het gesê op Desember 31, 2009

    Balke toe vir jou! 🙂

  7. louisna het gesê op Januarie 1, 2010

    Mooi metafroriese repliek Pruim. Glas oppie nuwejaar

  8. louisna het gesê op Januarie 1, 2010

    Sal so maak

  9. louisna het gesê op Januarie 1, 2010

    Thanks en mooi jaar

  10. louisna het gesê op Januarie 1, 2010

    Nee, vandag swem ek

  11. carinp het gesê op Januarie 1, 2010

    🙂

  12. louisna het gesê op Januarie 2, 2010

    Thanks

  13. louisna het gesê op Januarie 2, 2010

    Thanks Ghaap. Selle daar

  14. brilfswh het gesê op Mei 8, 2022

    provigil 100mg brand order provigil pill

  15. kqmwnhuq het gesê op Mei 14, 2022

    modafinil 200mg ca modafinil generic

  16. ruxeasdg het gesê op Junie 4, 2022

    https://erythromycinn.com/# uses for erythromycin

  17. mtdwkqgb het gesê op Junie 15, 2022

    http://hydroxychloroquinex.com/ hydroxychloroquine pills

Los ’n antwoord vir katrina. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.