Memories

Desember 3, 2009 in Sonder kategorie

Pa was sy hele lewe doenig met die kerk en die Sondagskool. Ons het redelik gereeld godsdiens gehou. Ek en suster moes dan elkeen ‘n stukkie uit die Bybel onthou wat pa gelees het en dan repliek daarop lewer. Ek moes so hard konsentreer om iets te onthou dat die hele essensie van die skriflesing my soms ontglip het. Ek het eenkeer “Pa het vandag te vinnig gelees” probeer. Dit was die laaste keer wat pa te vinnig gelees het. Seker die heel kosbaarste herinnering aan my ouers is die huisgodsdiens wat hulle as egpaar saans saam gehou het, in die slaapkamer voordat hulle bed toe is. Hulle het ook gereeld saamgesing: Uit dieptes gans verlore, Bly by my Heer.  La Paloma wat pa soms saans op die klavier gespeel het en hierdie twee liedere is seker die drie melodieë wat  my die langste sal bybly. Indien ek eendag ‘n laaste seremoniële afskeidsgroet waardig is, kan enige van hierdie drie oorweeg word. 

 

Die soms “rough edges” van my kindwees het my die mooiste en fynste dinge in die lewe leer waardeer. Aan die voet van my nederige en gerespekteerde vader het ek die grootste deugde van die lewe leer ken, sonder die weelde van baie aardse besittings. Aan die hand van my moeder het ek die deugde van dissipline en spaarsamigheid geleer. My suster het my sagtheid en begrip vir hartseer en menslike emosie geleer. Monavoni met sy plotwaardige en wydgeskakeerde menseryk was ‘n mikrokosmos van breë en smal weë, en in hierdie kontrasterende invloedsfeer het die soeke na die ware self beslag gekry. Soms is hierdie herinneringe my enigste troos en motivering in die stryd om ’n toekoms in die andersoortige en virtuele wêreld te skep. Ek vertrou dat die volgende geslag, en veral my twee seuns, inspirasie in hierdie werk sal vind en, soos hul vader en die geslagte voor hom, die stryd waardig sal stry, elke dag met ope arms en entoesiasme sal aangryp, en fel aan hul eie droom sal by vasklou. 

 


 


15 antwoorde op Memories

  1. Van nageslag tot nageslag gaan die mooi voort. Pragtig!

  2. jannel1 het gesê op Desember 3, 2009

    “Uit dieptes gans verlore” sal nie deug by jou nie.

  3. louisna het gesê op Desember 3, 2009

    Jys reg Lady-Bug. Dit wat ek ontvang het wil ek oordra.

  4. louisna het gesê op Desember 3, 2009

    Maar onthou teen daai tyd sal ek nie meer die begerendhede van vandag he nie. Dalk het die gawe van onthouding lank reeds oor my vaardig geraak in onvermoe.

  5. DIT IS WAAROOR DIE LEWE GAAN!!

  6. Ek kan so identifiseer met wat jy hier geskryf het!

  7. louisna het gesê op Desember 3, 2009

    Yes. Gooi jou brood op die water….

  8. louisna het gesê op Desember 3, 2009

    Ek kan dink mense wat Calvinisties-behoudend en respekvol streng grootgeword het kan dalk ‘n raakvlak vind.

  9. louisna het gesê op Desember 3, 2009

    Yes MaanKind. Soort van.

  10. dinkweer het gesê op Desember 3, 2009

    Dit is ‘n pargtige getuigskrif vir jou ouers. So dink ons terug,veral hierdie tyd van die jaar…! Pragtig, Ouboet.
    Ek teken sedert skooldae ‘n joernaal op. Dit beslaan nou al ‘n hele paar bande. Ek wil dit ook DV eendag verwerk in ‘n soort van biografie.

  11. Neander het gesê op Desember 3, 2009

    Ons het ook ‘uit dieptes gesing’. Baie nostalgies.
    Die soeke na ware self is so belangrik, mens moet jou kinders daarmee aanhelp.

  12. louisna het gesê op Desember 4, 2009

    Thanks Therina

  13. louisna het gesê op Desember 4, 2009

    Waar Neander. Wat ek ontvang het dra ek oor.

  14. louisna het gesê op Desember 4, 2009

    Thanks Anha. Jy maak my dag.

  15. louisna het gesê op Desember 4, 2009

    Dinkweer, jy moet ‘n boek skryf. Ek het geworstel oor 500 jaar in 500 bladsye en dit was die reis van my leeftyd.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.