Kom ons gaan die nuwe jaar al dansende binne
Desember 31, 2009 in Sonder kategorie
’n Tamaai snotklap voor die hoofpawiljoen het ouboet in genres ingewig wat nie noodwendig sy eerste penliefde is nie. ’n Snedige en onvanpaste opmerking oor tyreflaps het hom na die enorme klap gedwing om goed oor die genealogie en die toekoms te plak. Tydens die emosionele herstelproses het hy diep gedink en sedertdien nog nie weer enige buitesinlike metaforiek gebesig nie.
OK, dalk toets hy weer die randmetafoor en gee die pop hom weer ’n klap. Wie weet?
Nietemin, toe dink ouboet diep. Toe kom hy agter dat alle geboortes begin by die onderlyf. Die grootste pandemie in die geskiedenis ontspring uit die onderlyf, en hy is hoogs/slegs? aansteeklik Die heerlikste lekker is onderlyfvlietend. Hoekom dan nie daaroor skryf nie? Ghaap se hele blog draai (soms baie fyn) in die onderlyf. Jan se Viagra-dialoog was treffend. Lewies se kondoomvergeet was treffend. Denker se Welgevonden was meesterlik.
Hoekom toets jy nie weer die randmetafoor so effens nie ouboet? OK niemand het my gevra nie, maar ek hoop iemand wou. Dit is my droom dat alle bloggers die nuwe jaar al dansende sal binnegaan. Oorgeslaandes, gekwestes en sensitiewe lesers, stop net hier.
Omie trap die petrol dat ons vinniger kan ry. Ek vermoed ten minste 3 manne sou my dalk net wou vra vra om die krane so ‘n bietjie oop te draai. Vertel ons van die sewe tarentale, die draai en die dooie pappegaai. Van die draai ook, vra ek? Yes, vertel ons van die fyn ding! OK, kom ons start die Vauxhall.
Maar watter genres gaan ons dans ouboet? Nee wat, dit hang af van keuse, tyd, plek en ander veranderlikes. Dalk moet ek gou die genres verduidelik. Vir die meeste van ons is daar die matraspolka, die paringsdans, die disselboomwals en die stoutwees-setees.
Vir baie ander ondersteuners van die grondwet is daar die rugridderpolka, die holriel, die batteryvastrap en vasstrepsetees.
Maar hoe dans mense wat die gawe verloor het? O, daar is baie moontlikhede. Die deugde van die tong kan mazurka, wals en vastrap. Die tongtippietoets alleen bied 8 genres. Vingerleklekker bied ook verskei opsies.
Maar ek is vanaand alleen? OK, gaan koop batterye voor Checkers toemaak en sorg dat daar ‘n skoon handdoek langs die wasbak is.
Maar mammie is nie vanaand seisoenaal toeganklik nie. Gebruik ’n donker handdoek.
RSVP
Onlangse kommentare