“Ode to Matfield.” Spesiale stukkie meforiek (met lyflike raakvlakke) aan Jan.

Oktober 29, 2009 in Sonder kategorie

Jan, ek sal jou vergewe as jy van nou af tot Saterdag die stukkie tussen die nuus en die weerberig op jou TV uitblok.  

 

Die meesterlike wyse waarop Mafield die nasionale psige tydens hierdie toppuntgleuf van meesterlike joernalistiek meevoer, spreek beduidend meer as boekdele en dwing vele rugbyleke daarbuite tot kajuitraad oor die kruks van die soekende siel.  

 

Met sy manne aan die oefen dwing hy weergalose respek af.  Moré lek sy lippe af in die agtergrond terwyl hy sy rigting kassie toe met elke poging verbeter.  Ball op tiekie neersit kom nie vanself nie. (Ook nie deur die pale jaag nie)

 

Sonder ’n tikkie Vrystaate Engels of Natalse Afrikaans verdig Matfield se oratories-meesterlike gedagtevlug  tot ’n asembenemende visie waarna oorgeslaandes streef.

 

Goed, Matfield is nie die swaarste slot in die game nie, maar die slimste en die beste. Brussow is ook nie die grootste nie, maar die beste.  Ontvang hiermee ’n positiewe stukkie repliek op jou span.  Ek raak die bliksim in as hulle na hom verwys as Brussowtjie.  As ’n man goed genoeg is, is hy lank genoeg, vinning genoeg, slim genoeg, swaar genoeg en vele ander noege.

 

As ek jou metaforiese skerpte gehad het, sou ek die essensie van die argument maklik in ‘n onderlyfliggende spurt van los gedagtes wou knoop. Ek gaan nogtans probeer.

 

Let wel ek breek nie ‘n lansie vir die onderbedeeldes nie. Dus. As ’n man die spokkelster laat koer het hy die reikwydte, girth, foreplaytaktiek en ander swaartepunte wat die los dele van die spel in tot ’n verruklike samekoms laat gedy. (amper soos die laaste stuk wat meesterlik in asembenemende legkaart inpas).  Soos Saterdag op Loftus

 

Blou groete tot Saterdag. (Ek is nie in die filmbedryf nie maar ek sien ‘n mooi “plot” gou raak).

7 antwoorde op “Ode to Matfield.” Spesiale stukkie meforiek (met lyflike raakvlakke) aan Jan.

  1. louisna het gesê op Oktober 29, 2009

    Voortydig neersit is maar deel van die spel. Kan maar hier en in die Vrystaat voor(kom). Sorry, ek het vir ‘n kort wyle aan Ghaap se pap bande gedink.

  2. louisna het gesê op Oktober 29, 2009

    Oningelig oor Saterdag maar hiperskerp

  3. Ouboet, ons praat weer na die wedstryd. Onthou: Hoogmoed kom tot ‘n val! En dit is bleddie seer! WP-groete!

  4. louisna het gesê op Oktober 29, 2009

    Thanks Kobus. Ek is nie goed met die voer van liturgiese argumente nie, en ofskoon ons rugby praat het ek respek vir julle intellek.

    Die verskil tussen hoogmoed en feite is soms net ‘n skop ver. As ek reg is weet ek van ten minste een Vrystater wat op ‘n bal gaan sit…. (sy eie) bloot omdat sy spannetjie niks met die groter een gemaak het nie.

  5. jannel1 het gesê op Oktober 29, 2009

    Jou antwoord kan jy daar op my stoep gaan rook.

  6. louisna het gesê op Oktober 30, 2009

    Lekker gerook en vir jou ‘n twakmengseltjie met ‘n silwer lable op die stoep geplak.

  7. louisna het gesê op Oktober 30, 2009

    Kobus, gaan lees gerus die stuk op Jan se stoep. Ek hou nie van Vrystaat nie maar Jan kan en mag maar skryf.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.