Nog lyfstraf

September 27, 2009 in Sonder kategorie

Snaaks genoeg, die onderwyser wat die minste, indien enige, indruk op my gemaak het, was ook by taalonderrig betrokke, vir die standerd sesse. Dalk is dit beter om nie die kalant se naam en van te noem nie. Toe hy eendag die enigste sinvolle opmerking wat ek ooit uit sy mond gehoor het in die in die klas maak, iets soos ‘n grootse prestasie deur iemand iewers vêr, het ek my waardering met ‘n effense sis-fluit deur die tande bekend gemaak, amper soos wanneer jy jou waardering vir ‘n mooi meisie spontaan tot uiting bring. “Wie het gefluit????  Wie het gefluit, vra ek???? Laat die voël wat gefluit het onmiddellik opstaan en saam met my kom.” Ek het sy waansinnige afwagting sover moontlik uitgerek en my uiteindelik aan die oordeel van die groot orde oorgegee. “Quit the fight my mate. The order wins.” Hy het my buite die klas gaan straf vir die ongemanierde daad met vyf van die beste of so iets. Sy grinnikende orgasme roep ek nog vars in die herinnering.

13 antwoorde op Nog lyfstraf

  1. Ek het in standerd agt myself in ‘n ander skool laat inskryf as gevolg van ‘n onderwyser wat my aanhoudend afgekraak het in LO oor ‘n PT broekie met twee gaatjies in.
    Toe hy die dag sy vingers in die gaatjies inwurm(Jip, hulle het heer onder gesit) en die broek draai tot hy heeltemal uitmekaar skeer, het ek besluit dis genoeg.

  2. Ja, dit klink bekend. Wonder hoeveel van daardie bliksems wat so links en regs vir die geringste redes ons só uitgeneuk het, nie dalk closet-sadiste was en skroefies los gehad het nie. Spul bastards.

  3. Jy’s reg Thomas. Ek dink hulle het moerse skroewe los gehad.

  4. Arme bliksim. Ons LO onderwyser het ons met ‘n tou geslaan. Eenkeer stoei ons en hy demonstreer ‘n greep. Hy vra ‘n volunteer en die eerstespan se no 4 slot volunteer en fok hom goed op. Toe word hy kalmer.

  5. Jy’s reg. Ek het 2 seuns en het hulle nooit ooit geslaan nie, en altwee het goed uitgedraai.

  6. Ek was hard met so ‘n dik supersize plastiek lat geslaan op my hande in graad 2. Weet nie hoekom nie. Maar na dit kon ek nie onthou dat die dogtertjies vreeslik geslaan is nie. Hulle sê eerder “jy stel hulle teleur” en dis soms nog slegter want dan linger dit vir lank en dit brand nie net en wyk nie.

  7. Ja, emosionele afpersing is soms erger as lyfstraf.

  8. Daar’s ‘n groot verskil tussen lyfstarf op die Goddelike manier toegepas en aanranding van kinders. Die straf is nie die probleem nie, dis mense wat die probleem is. Ek het altyd soos ‘n man my pak gevat as ek skuldig was, dit was tog verdiend, maar enige iets anders as dit: NOOIT.

  9. Goeie punt Boerseun. Jou kommentaar asb op die volgende een oor emosionele straf

  10. Baie goeie punt Ghaap. Overdemocratisation het sy beserings

  11. Emsosionele straf is nog erger as lyfstraf en moet nooit toegelaat word nie..NOOIT. Ek baklei hand en tand as ek net ‘n vae idee het dat iemand my kinders so aanval.

  12. Ek stem saam Boerseun. In naam en denkwyse deel ons tradisies en waardes.

  13. louisna het gesê op Oktober 3, 2009

    Groot een

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.