Emosionele straf. (Erger as lyfstraf?)

September 27, 2009 in Sonder kategorie

My standerd drie-onderwyser tel nie onder die hoogetepunte tydens my laerskoolloopbaan nie. Hy en pa was saam in die kommando. Sy indringende en emosionele loesings met die tong het my soms hewig ontstel. Selfs vandag nog snap ek nie mooi die opmerking wat hy eenkeer tydens ‘n een-tot-een-gesprek, of eerder tugsessie gemaak het nie. Hy het die moontlike intree van die dood van een van my ouers aan die eenkant en die een of ander oortreding of moontlike oortreding deur hul seun (ek) aan die anderkant, op ‘n lomp dog ondubbelsinnige manier aan mekaar gekoppel. Ek dink ek het ‘n top wederegtelik op die een of ander ongeoorloofde plek gespin, of ‘n derglike ernstige oortreding begaan. My punte in standerd drie was die swakste tydens my sewe jaar op laerskool.

3 antwoorde op Emosionele straf. (Erger as lyfstraf?)

  1. Kyk, dis sulke stories wat my benoud maak. En my harder laat dink en oorweeg voor ek iets vir enige kind sê.

  2. Spot on Droomkind

  3. louisna het gesê op Oktober 3, 2009

    Groot een ook

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.