Lyfstraf

September 26, 2009 in Sonder kategorie

Die winde van verandering maak my erg teleurgesteld in die hedendaagse verwronge ideologie van “overdemocratisation”.  Ons was genadeloos gewetter. Vandag se kinders word omhels. 

Onderwyser XYZ het nie van omhelsing geweet nie.   Hy was die eerste onderwyser wat die ou orde verbreek het en ‘n modeuse ligpershemp aangetrek het. Gekleurde hemde en bont breë dasse, meestal saam ‘n sellofaanbedekte boks verpak, was daardie tyd hoog in die mode. (Die woord boks is in die HAT opgeneem, blykbaar om verwarring te voorkom, aangesien die eens meer aanvaarbare en suiwerder sinoniem verwys na meer as net kartonhouers). Hy het ook loshande die hardste van al die onderwysers geslaan. Sy tamaai rottang was met rooi insulation tape toegedraai en het altyd op sy lessenaar gelê en loer vir die volgende oortreder. Sy passie was ongedoende of halfvoltooide huiswerk, of huiswerk wat voor skool by ‘n slimmer en vrygewige maat afgeskryf is. Ek het ‘n paar beurte gehad. Dit was die seerste seer wat ek ooit gekry het, en die seer wat ek seker die langste sal onthou. Twee was vir die normale “run of the mill oortredings” en drie vir meer ernstiges. Hy het ook altyd gevoel of jy nie dalk twee of meer broeke of onderbroeke aanhet nie. Indien dit wel die geval was, moes jy die surplus “padding” gaan uittrek. Houe is met lang tussenposes toegedien. Elke hou moes eers behoorlik “intrek.”

“Laat hy eers mooi intrek” was omtrent die enigste Afrikaanse woorde wat hy in die klas gebruik het.  Na die toediening moes ons altyd “thank you sir” sê. In sulke toestande van ondraaglike pyn is dit vir my half onmoontlik om te praat. Ek het gewoonlik my asem ingetrek, die “thank you sir” half onhoorbaar en mompelend ingesuig en hoogs die moer in en in volle pyn gaan sit, ook net so half-half want jy kon nie mooi gesit kry nie. Die liewe Vader het hom die insig gegee om my vir die res van die periode uit te los. Hy kon seker die hoogs plofbare wraakgedagtes op my gesig lees. Hy kon in my strak gesig sien die “thank you sir” is eintlik “f… y.. you sir.”  Nietemin, mens moet nooit die vergete deugde van die outokrasie onderskat nie.

12 antwoorde op Lyfstraf

  1. Boet, dose vir onnies was daar maar altyd, maar daar was darem goeies in my tyd ook. groete

  2. Ja, die meete was OK. Bulle 32, Vrystaat 15

  3. Dis so ironies dat die onderwysers wat onseker was oor hulself, die ergste slaners was. Ons afrikaanse onderwyser in st 4 het ons meisies ook behoorlik houe gegee. Ons kon kies op die boude of op die hande.
    Wens hul het daardie tyd besef dat mens deur respek af te dwing die beste resultate kry en nie deur vrees nie

  4. Dis so waar. Ons wiskundeonderwyser het die meisies met ‘n rubberpyp op die hand geslaan. Vark. Geen man durf enige vrou slaan nie. Punt

  5. hutton het gesê op September 26, 2009

    😉

  6. !!!!!

  7. Lyfstraf maak maak my steeds opstandig.

  8. Maak twee van ons

  9. zette het gesê op September 26, 2009

    ‘Thank you sir’ nogal! Genade!!
    Ek het dit nie teen lyfstraf nie, maar die MANIER wat dit gedoen word. Soos iemand reeds gesê het, dit help nie die kind vrees jou nie. Daar moet respek wees en hoe kan jy iemand respekteer wat so optreë. Maar ek sien al klaar hoe is van die Gr 7 kinders in die laerskool. ‘n Laaitie het nou die dag sommer weggestap terwyl die ‘bloedjong’ onderwyser met hom praat! Hoe gaan hy wees as hy 16 of 17 jaar oud is? Hy moes net daar ‘n loesing gekry het!

  10. Spot on Annabelle

  11. Destyds, ja, gevloek. Maar vandag in terugblik het lyfstraf sy doel gedien en beter mense agter gelaat.

  12. Ook weer waar

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.