Nee, ek gaan ghoef

September 25, 2009 in Sonder kategorie

Op hoërskool is ons eenkeer deur ‘n gesiene patriarg oor die behoudende waarde van taal in die skepping van ‘n voorbeeldige Afrikanerjeug of iets dergliks toegespreek. Hy het ‘n gesprek van twee seuns aangehaal wat hy toevallig gehoor het wat die verval van die destydse geslag kinders treffend illustreer: “Haai Bieza, kom jy vamirrag saam rugga jall? Nee, Ouboet, ek gaan ghoef, miskien sien ek my cherry daar.” Die patriarg se woede en grynslag sal my nog lank bybly.

2 antwoorde op Nee, ek gaan ghoef

  1. Ja, dis soos die ou wat 100 gerslaan het op die krieketveld, toe reken die onnie wen is nie alles nie..wat van dit met bietjie styl doen.

  2. Goeie opmerking.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.