Wie knyp die kat?

September 24, 2009 in Sonder kategorie

Tydens ‘n vername huweliksonthaal moes hulle die waardige bruidsmoeder laaf toe die seremoniemeester die bruidegom ‘n klein spieëltjie gee en sê moet hom maar proaktief gebruik en mooi kyk, voordat hy sy gat op ‘n ander manier sien. Die moeder was ontsteld en uiters verontwaardig, tegnies dus seergemaak en in haar diepste eer en waardigheid gekrenk. “Wat moet die mense dink???? Die verdomde vark!!!” Later is vasgestel dat die waardige moeder die kat reeds jare lank in die donker knyp, tans glo met ‘n viriele klong in sy twintigs. Ek moet sê, met die suur trek op haar gesig buite rekening gelaat, is die moeder op vyftig nogal heel gangbaar en sag op die oog, danksy die tegnologie en vormdrag wat die kurwes so mooi in plek hou.  Kom ons swyg dus nie oor die enkele helder momente wat ons pad gekruis het nie. Helaas is ons ook net mense en die versoeking groot, veral in daardie vlietende oomblik wanneer jy twyfel of jy die deel in die Skrif wat handel oor die beproewing bokant jou vermoëns, reg verstaan het. 

10 antwoorde op Wie knyp die kat?

  1. lol..ek like ook nie mense wat voorgee nie…

  2. *sug* die katte is deesdae almal te rats vir my!

  3. Puik enetjie.

  4. Ek ken 2 wat hulle skuldig maak. Albei kerkmense.

  5. Ja Kelly, daai romantiese bootjie het my my ook hard geslaan

  6. Is omdat sy agter die deur gestaan het.

  7. Yes.

  8. Is dit die tipe kerkmens wat Saterdag suip by die Golf,en Sondag in die voorste gestoeltes sit…..?Of was dit die kugel se skuld?lol

  9. Soort van, en hulle cope heel gemaklik voor die skare. Sondagoggend in die kerk, Sondagmiddag met mammie en Maandag in sy lam (wat ook in die kerk was) se mik .

  10. hutton het gesê op September 24, 2009

    😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.