NAGBLERRIEMERRIE

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

Om af te tree is nie vir sissies nie

Dis ‘n nagblerriemerrie – hoor my lied

Het met die slimste van die slimmes gekonfereer en gehum en gehoo

Oor die sestien GRIEKS geskryfde vorms wat PERFEK ingevul moet word

Tippex word BELET – vaardige Lou maak talle afskrifte vir incase.

Dit help nie veel nie, want dan moet alles oorgesertifiseer en gechap en geduimafdruk word.

As jy ‘n foutjie maak, is jou toekoms moertoe

Met die goeie raad van vorige afgetredenes, bel ons die department

Foon lui.  Iemand tel op en sit neer.  PEEEEP PEEEP   ses keer.

Gee MOED op.

 

Ezratjie se mangels is weg

Hy het so soortvan in ‘n placid mode verander

Ek mis die hardegatmannetjie, maar sug dieplik oor die rus en vrede wat tans heers.

Hy word Vrydag 3!

Kan julle nog onthou toe sy ma destyds oor die heining geskree het:

“Hello Ouma!”

😀

MET DIE HULP VAN

Oktober 25, 2012 in Uncategorized

my liewe vriende hier, kan ek sowaar my heel eerste iets hier skryf.

So, here goes:

Ezra het gister sy mussels laat uithaal.  Hy het ewe sy t-hempie se moutjie opgetrek om sy bo-arm te wys.  Shame, Ouma het ‘n traantjie weggepik (nie getjank nie!  NEE)

So, ‘n mangelontstekinglose toekoms skyn dus helder….dankie tog!

ok, sien gou weer.

 

Gaan nog dit wat ek nie weet dat ek dit nie weet nie, uitfigure, en dan plain sailing….hier op die nuwe getrekte plek.

 

 

Testing testing

Oktober 25, 2012 in Uncategorized

‘ello ‘ello,

 

’tis Modderkoekie hier wat ‘n paar toetslopies vir Lou doen 🙂

Hmm terwyl ek nou hier is, een van die probleme wat ek sopas opgespoor het is die volgende ‘ Your blog is not public. Searchengines will be blocked etc’. As een van julle so ‘n boodskap kry as julle die ‘voeg nuwe inskrywing by’ opsie uitoefen, kliek op die ‘you can change this in your privacy settings’ opsie in dieselfde paragraaf waar dit sê ‘your blog is not public’.

Gaan noukeurig deur die opsies waneer jy in die ‘privacy settings’ is, en onthou om tot reg onder te scroll as jy klaar is en te ‘save’.

So ‘n paar byvoegings oor dinge wat Lou bekommerd gehad het. Lou jou posts van Oktober is nie weg nie:

En as volg hoe om ‘n nuwe pos te doen (jou probleem was jy kon nie die ‘blad’ kry om dit te doen nie):

Kyk bo regs op die tuisblad van jou blog. Daar is ‘n ‘W’ icon heel links in die swart blok, en langs dit sal jy sien daar staan ‘Lou’. Hover met jou muis oor die Lou en daar sal ‘n drop down menu verskyn.

Kies ‘nuwe inskrywing’. Doen jou pos soos gewoonlik (ons sal later vir jou kategoriee ens doen in die widgets) en kliek op publiseer om te pos. Indien jy op ‘n latere stadium iets wil bywerk, edit net later en kliek dan op ‘bywerk’ om te save en optedateer.

Print sommer hierdie blad met die inligting en hou byderhand, oor ‘n week van nou af gaan jy ‘n ou hand wees 🙂

 

Net gou voor die wegraping

Oktober 18, 2012 in Sonder kategorie

Net gou ietsie tik tik tik

voor “hulle” van my vergeet

 

Ek is toe afgeskeid en het skielik ‘n spul vreemde emosies ervaar.

Twyfel en opwinding en jaloesie (kan jy dit glo?)

 

Ek sal die ou kop moet regkry en aanvaar en

net aangaan met lewe.

 

Sien julle daar anderkant.

 

 

 

Vitamin B Complex, nogals!

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Vanoggend kom Hartman medisynekassie toe om sy daaglikse hanjievol uit te pak.

 

Hy roep verbaas:

 

Waar is my Vitamin B Complex pille!  (Geen vraagteken, hoor)

 

Ek weet mos nie. 

Drink self nie pille nie.

Weet nie eers dat hy Vit B nuttig nie.

 

Vanmiddag moes klein Ezra please and explain.

Hy erken dat hy die saadjies wat in die pakkie was, geplant het.

 

EN hy wys nogals waar dit geplant is.

 

Ons gaan binnekort 60 Vit B Kompleks bome he

SO, as iemand belangstel in die oes,  laat weet die behoefte.

Dis sal gratis en persoonlik gepluk kan word!

 

Wys jou net:

As Oupa kind oppas, pas niemand kind op nie.

😀

Laaste dae hier

Oktober 10, 2012 in Sonder kategorie

Ek het so bietjie teruggelees oor my blogs van Julie 2008 af, want Adri het gese ons moet backups maak.

 

Ek begin toe.

Dit werk nie as mens die 10 blogs op ‘n blad copy en op Word paste nie.

Want dit paste net die begin van elke blog.

 

Dis te veel om te red!

Toe begin ek rondlees en sien, nee wat, dit gaan hopeloos te lank neem.

 

Ek blog meestal oor gebeure met datums, sodat ek kan terugblaai

om te sien wanneer wat gebeur het. 

Is mos maklik om ‘n blog as ‘n navorsingstaak te gebruik,

of om ‘n familie-twis op te klaar as dit oor wanneer wat gebeur het gaan

 

Ek gee moed op!

Brief aan my sus

Oktober 5, 2012 in Sonder kategorie

Liefste Sus
Ek skryf sommer vir jou oorlat ek verlang.
Die week van vakansie is overskedovers en ek het net mooi NIKS
gedoen – geen werksbevrediging of aangename volwasse gesprekke
gevoer nie…NET vir Ezra ge-entertain.
 
Albert-hulle kon nie kom nie, want hulle soek nog huis in Pretoria.
 
Ek het met ‘n skok besef dat ek nie sommer weer maklik en carefree
kan weggaan nie, want Ezra wil net by my wees, en ek sidder by die
gedagte dat hy van half ag soggens tot half ses saans by ‘n nanny/huishulp
moet wees. Ek het Maandag die ure afgetel tot Irene uit die werk gekom het.
Dinsdag het ek weggeglip met ‘n pel Clanwilliam toe – sommer vir brekvis
en strate stap.  Ek was heeltyd so siek. Duiselig, wil net omval  —  blerrie
vertigo!
 
Teen Woensdag het ek al plannetjies gemaak oor hoe om vir Ezra te vermaak…hy is
so freeking dierbaar.  Se kort-kort: “Zief Ouma baie” 
 
Nou weet ek….ek kan dit doen.  Ek worry nie meer oor kaste pak en deure afskuur nie.
Solank ek my Ez by my het, is ek ok.
(solank my wasbak skoon is, is ek ook ok  :D)
 
Sien jy?
 
Die Polo Vivo is ‘n feestelike karretjie.  Ek het op jou voorstel my VREDE gevind.
Jy is net stunning, sus….weet net wanneer om watter woorde vir my te se.
 
Ek het vanaand daardie vreugdevolle, onverklaarbare gevoel van rykdom, en ek praat nie
nou van geld nie, ervaar.
 
John het my gehelp om ‘n canvas van 1m x 1,5m op hardbord te plak.
Ek het tussen Ez oppas my skets vir my nuwe poging haarfyn beplan…
 
Ek gaan die een vir die skool gee om in die kaal gange op te hang.
Iets vroliks en kleurvol om my dankbaarheid te toon – teenoor die onderwys en die
absolute volbringing (is daar so ‘n woord?) van my jaaaaarrrre met kind opvoed.
 
Kan nie wag om te hoor van jou kiddies se sendingwerk in donker Afrika nie.
 
Groetnis en baie liefde vir jou en Arrie
 
Sien geweldig baie uit na die naweek van troue vier op Stanford.
 
 
xxxxx

Ek werk nou aan die een

September 29, 2012 in Sonder kategorie

Dis die eerste keer dat ek mense verf..en voels ens.

Ek werk nou al hoelank hieraan en kort-kort moet ek iets verander.

  

Soos bv die voel wat bo oor die bergpiek aankom.

Ek weet “hulle” noem dit “kissing”  dis nou wanneer voorgrond en

agtergrond mekaar raak en dis ‘n besliste no no in die kunswereld.

Ok, ek moet eider die voel wegneem, of die bergpiek hoer maak.

 

Dan nog die hoendertjies en die voeltjies en die vanishing point se boompies.

 

Die oranje huis staan my nie aan nie, so dit gaan ook nog verander.

Dan kort daar mos nog blommetjies en die twee seuns links bo se kites, ens

 

So, ten minste weet ek wat verkeerd is….die pad is ook nog te blou.

 

Ok, ek geniet dit so…ek wil amper se meer as die nuwe wiele.

 

Nog nuus:

Eerste keer dat Ezra by ons oornag.

Sy ma sms aanmekaar om te hoor hoe dit gaan

Hy slaap doeksag

 

POLO VIVO se sleutel is in my sak

September 28, 2012 in Sonder kategorie

Na ‘n week se tuisbly het ek hierdie enetjie se sleutels in my sak.

 

 

Te donker om ‘n foto van die nuweling te neem, maar liggenoeg

vir die bewys.

 

Toe ek by die plek kom, staan sy gepolish met die

bewys mooitjies op ‘n stander langs haar.

Dankie!

Afsterwe van ‘n geliefde, betroubare, beste kar op die pad.

September 25, 2012 in Sonder kategorie

Honda Civic het afgesterf….haar hartjie het opgesieze….sy was oorverhit, al was haar

dinges vol water.

 

Ek is MOS ‘n onafhanklike ma, vrou, ouma, juffrou….

 

Kan nie op die hoewetjie sit sonder wiele nie

 

Wik en weeg en bel die eerste car dealers in Vredendal

Halfuur later daag die dealer met ‘n Polo Vito op.

 

Voordele:

Bekostigbaar, diens sommer net hier op ons naaste dorp

Vyfde deur staan my moerse aan

Aircontjie en radio en airbags en als

 

Beste ding is mos dat hy vier wiele en ‘n sleutel het.

 

Of hoe?

 

Wat se jy?