Hier’s ek weer.
Junie 17, 2013 in Uncategorized
Ek weet nie eers meer hoe die besigheid werk nie. Sal maar sien of ek dit gepos kan kry.
Hello al julle oulike bekende en onbekende bloggers!
Ek loer gereeld op Blik Voorblad en sien dan als wat julle skrywe. Sorry dat ek so lank weg was, maar genade tog! die werkery het
my gatoorkop gehad.
Ok, here goes.
My laaste week by die plaasskooltjie het aangebreek. Dis met gemengde gevoelens (weemoed en vreugde) dat ek afskeid neem.
Die pad is snotglad as dit reen en 44 km per dag het my nuwe (vir die wat die sage onthou) motortjie lekker laat lesopsê. Behalwe die pad is daar nog die heel vreemdste tipe kindertjies. In my 40+ jare in die onderwys het ek nog nooit so iets beleef nie, hoor my lied! Mens kan nie van ‘n koning of paleis of selfs ‘n spietkop praat nie….hulle staar jou net so onbegrypend aan. Bittere lae omgewings IK. Al wat hulle ken is die rivier en die stoeibesigheid op die tv.
Wel, in die ses maande het ek ‘n paar ekstra, onverwagte lewenslessies geleer.
My aftrede is toe getippex! Dog ek gaan op ‘n idilliese eiland onder ‘n palmboom lê en net my vingers klap vir ‘n langsteelglasie met ‘n sambreeltjie in.
No ways! Nog deure is oopgemaak en ek kan die nie weerstaan om NIE deur te loop nie. My ou skool het my weer ‘n pos aangebied, wat myne is tot ek nie meer wil nie, of tot ek net daar omkap. SUGTOG!
My liefste, dierbaarste, enigste kleinkind, Ezra gaan nog voor Krismis ‘n boetie of ‘n sussie kry. Hy sê dis ‘n sussie en sy mag nie groot word nie, en ek mag nie op die stoel sit of op daai plek staan nie, want sy sussie moet daar sit….of staan of watookal. Hy is te cute vir woorde. Word in November 4. Onthou julle nog toe ek die “hello Ouma” stuk gepos het? Jeeeez, dit voel soos gister! En…hy’s mooier as ooit! 😀 (Onthou ons ouma’s is maar so).
Ok, baai vir eers
(Moet ons worry oor Tina?)
Bruggie het gesê op Junie 17, 2013
Hullo Lou
Safe Travellings het gesê op Junie 18, 2013
Ag dit klink sommer of dit goed gaan, jong 🙂
Zeppie - @zephur het gesê op Junie 18, 2013
Coool nog ‘n kleinkind oppad…lekker Ouma gaan nog bederf
Hahahaha jou pos totdat jy nie meer wil of kan nie….ok
Ja hallo Lou….welkom terug….ons het jou gemis
vega het gesê op Junie 18, 2013
Die lekkerte nou is, jy weet jy kan ophou as jy nog wil. Die timing is goed vir Ezra, hy gaan ‘n babasussie so geniet. Geniet die vakansie.
ek-myself het gesê op Junie 18, 2013
Lekker om iets van jou te hoor! Geluk met die swangerskap, ouma!
Foitog die arme kindertjies wat so min weet… ek glo jy het hulle beter agtergelaat….
En jy sien wraggies kans vir terug gaan skool toe… ai Lou… lol!
EK worry oor Tina, ja!!!!
monicahaddad het gesê op Junie 18, 2013
Ag hoe besonder lekker om jou weer hier te sien. Wat aftree betref, ek dink jy is nou eers op die kruin van jou beroep, jy het ondervinding, jy het kennis, wat ‘n vermorsing om dit op te gee terwille van ‘n ding wat hulle noem pensioen. Dis sommer net stupid.:-)
Net Ek @ cbl1979 het gesê op Junie 18, 2013
Sjoe! Hello! Lekker om jou weer te sien hier rond, moenie weer so lank wegbly nie toe!
Baie geluk met Ezra se boetie of sussie hoor!
danie coetzee het gesê op Junie 18, 2013
Ek is ook bekommerd oor Tina? Nie op fb nie, nie hier nie. Nêrens.
Hoop ons hoor nou gereeld van jou en geluk met die nuwe kleinkind wat oppad is.
pienkvolla het gesê op Junie 18, 2013
Goed om jou weer te sien – hoop jy is terug om te bly!
Tyd is die rede hoekom ek ook nie so gereeld iets skryf nie. Maar ek bly op hoogte met die lees!
Baie geluk met die volgende oumaskap! Wow, die tyd vlieg behoorlik…
Rina Willemse het gesê op Junie 18, 2013
Jip, vir sommiges van ons is ‘n oop deur daar om deur geloop te word :-).
Henry @kompethenry het gesê op Junie 18, 2013
Ag hel vannie dommetjies, nice vannie werk ennie nuwe enetjie, en ek weet nie van Tina nie – sien net sy’s nie hier nie – hoop ook sy’s oukei!
rosiemetdorings het gesê op Junie 18, 2013
Kan net dink dat daardie kinders se verwysingsraamwerk geweldig beperk is
Ek het ‘n kort boodskappie van tina af gehad, niksseggend maar net dat sy darem nog skop. Ek bid maar aanmekaar vir haar
Tannie Frannie het gesê op Junie 18, 2013
Ag lekker dat jy terug is, Lou. Ek het jou gemis. Tina het ons gesê dat sy na ‘n dosis chemo verlede Vrydag ‘n rukkie gaan ‘hiberneer’ soos sy dit gestel het. Sy is so dapper…
abrham het gesê op Junie 18, 2013
‘n skooltjie soos kiewietan met velkanker mure. meeste van die land se groen hout is in sulke skole. quo vadis?
Lewies Mymer het gesê op Junie 24, 2013
nice om jou weer hier te sien, en om te hoor van die verwagteling–goeie nuus!
elizac het gesê op Junie 24, 2013
Ag, sulke wonderlike, goeie nuus!
perdebytjie het gesê op Junie 28, 2013
So bly om jou weer hier te lees!
issieALTYDhiernie het gesê op Julie 27, 2013
haLOU! (ek kon dit nie weerstaan nie he he he!)
Baie geluk met die nuwe kleinkind wat al ernstig oppad is. En baie geluk met jou nuwe ou pos!