Misdaad

Februarie 3, 2013 in Uncategorized

So tref misdaad die Loua’s toe mos so twee weke gelede.

Dis strorie het ‘n aanloop:

 

Dogter is een aand by die keffie vir brood en melk, en daar vra ‘n dronk boemelaar:

Giera geld vir brood. (Hulle noem my ook Giera)

Haar bui is af, moedeloos na ‘n dag se harde werk, sien.  Sy sê: Verwag jy ek moet van my geld, waarvoor ek hard gewerk het vir jou  gee wat heeldag fkl doen?

Net daar dreig hy haar.  Sê hy weet waar sy woon en van haar mooi krulkopseuntjie en sy moenie dink hy is bang vir die hond nie, ens.  Dieplik gerattle kom vertel sy die storie.

Die volgende nag, breek “hulle” by haar en haar man se karre in.  Die een kar se deur is met iets oopgebeur sodat die venster ingeval het, en die ander kar se ruit is sommer uitgeslaan.  R12 000,00 skade. Die dreigement het veroorsaak dat die hond in die huis geslaap het, en die lugverkoeler was aan, dié dat hulle niks van buite kon hoor nie.  Haar werk se laptop en sy tablet is gesteel.

‘n Deel van haar werk is opheffing van die agtergeblewenes.  Sy gee vakansies kos vir sowat 300 kinders per dag, en sy het ‘n groentetuin aan die gang by die plakkerskamp.  Die voorman daar is ‘n rasta.  Sy gaan sien hom oor die gesteelde laptop.  Hy stuur sy manne uit om ondersoek in te stel, en wraggies ‘n dag of wat later, lewer die boef die laptop by die polisie in, EN kry ‘n beloning van R1500.00!  Hy sê hy het dit opgetel.

So, jy steel iets, neem dit polisiestasie, kry ‘n beloning….hard gewerk né!

En die beloning kom uit die belastingbetalers se sakke.

So ons betaal hulle om ons goed te steel..

 

(?)

 

 

 

21 antwoorde op Misdaad

  1. Dis om van die blouwille aapstuipe te kry. Hier is ook so paar gewoonte misdadigers, maar die landdros stuur hulle net ‘n maand tronk toe en dan is hulle weer uit. As hier iets gesteel word gaan laai die polisie hulle sommer dadelik weer op, hulle hoef nie eers te soek nie.

  2. Tsk,tsk!Ek kan net my kop skud!My dogter het eendag in Vietnam haar kamera vir ‘n oomblikkie op ‘n bankie vergeet.Dit was nie tien minute weg nie,toe tel ‘n persoon dit op en ipv om dit vir haar terug te gee,eis die vrou dat sy dit moet terugkoop!Cheeky dogter het haar kamera uit die vermetele vrou se hand gegryp.

  3. tina10 het gesê op Februarie 3, 2013

    Eish… en hier dink ek nog julle op die rustige veilige dorp? Dis soos afpersing. Ek hoop van harte dat dit maar toevallig was?

  4. Bruggie het gesê op Februarie 3, 2013

    Lou, medelye. Dis nie lekker nie.

  5. Dis nogal scary dat hulle so alles van mens af weet.

  6. Eish!

    Dis sommer tos!

    Mens voel lus en sit ‘n strafkommando aanmekaar en gaan soek die ou…

    Sterkte daar!

  7. Hy’s tien teen een reguit drankwinkel toe met daardie beloning.

  8. @loudavisi

    Jis dit maak mens sommer moerig!

    Hier in Brits het ons by amper elke groot verkeerslig boemelaars wat bedel. En gee jy niks vir hulle nie, sê hulle jou sommer sleg! Maar ek is die kiepie wat elke dag sit en WERK vir my geld!

  9. Ag NEE!!!!!! Weet nogal van alles – tot haar kind en die hond, wys jou hulle hou almal dop!

  10. Soos almal weet het hulle mos in Augustus verlede jaar by my ingebreek. Nou moet ek Donderdag gaan getuig. Vrek bang want ek bly alleen en is nie lus vir al die drama nie. Die polisie laat weet die saak is sterk maar as ek nie getuig nie kom hulle los. Vir wat ek het hulle nie gesien inbreek nie. Kan iemand my sê of hulle sal terug kom en die job beter kom doen? nee so vir nou gaan ek nie getuig nie. Sterkte Lou julle het my simpatie.

  11. Verdomp! Ek kan dit nie glo nie!

  12. twee inbrake kort na mekaar by my mynhuis te Blyvooruitzig het my gehelp besluit om vroeg af te tree. Die polisie het net ons tyd gemors met vingerafdrukke en verklarings. Geen vordering is ooit gemaak met die oplos van die misdaad nie. Dis waarom ek by een verkiesing die DA uit my keuses geelimineer het. Hulle het belowe om nog 60,000 sleg goed in die strate op te tel en aanklagkantore met hulle vol te stop.

  13. Dis om van bedinges te voel. Slegte, lui wetters. Hoor nou die dag oor die radio dat Rian van Jakaranda Radio ‘n boemelaar R400 aangebied het om ‘n advertensie bord vir 3 tot 4 ure vas te hou. Die lag hom toe af en se dat hy baie meer as dit verdien en dat hy nie belangstel nie. Wat die lot nie weet nie is dat een van my nuwejaarsvoorneme was om minder aan karwagte en boemelaars te spandeer. Sterkte!!

  14. Dis nogal ontstellend as ‘n boemelaar jou hele lewe kan beduiwel. Die ou sal egter altyd bly wat hy is omdat hy nie regtig net arm en behoeftig is nie, maar inherent sleg. Dit veroorsaak dat mense dan nie vir diegene wat regtig hulp nodig het, gee nie. Ek sien hier waar ek nou woon, is daar so baie boemelaars langs die pad .. en is hulle nie kreatief met hul bordjies en bedeltegnieke nie?!

  15. Dis nou hoe ‘n mens beloon word vir jou liefdadigheid in die gemeenskap. Ek is bevrees boemelaars, diewe, skelms jou ons gevange in ons eie land…. Dit klink darem of die voorman sy kan gebring het – al is dit 1500 later.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.