My nuwe werkplek

Januarie 16, 2013 in Uncategorized

Uitsig van die stoepie van een van die twee klaskamers.

Na twee dae se skrop en Jik en Handy Andy was die klassie vandag silwerskoon en kindervriendelik.  Twintig kindertjies van Gr 1 tot 3.

Baie admin en uitdeel en organiseer en reels neerlê!

Sowat 20 km van die huis.  Die eerste 14 is teerpad en die res net stof en klippe, maar genade! die uitsig is HEMELS.  Ek gaan seker maak dat elke sielletjie hulle omgewing sal waardeer voor die einde van die kwartaal.  Die wingerde hang dragtig reg rondom die skooltjie.  Daar is geen werkers of hulpe nie.  Net die hoof en ek.  So die spreiers moet versit word, die toilette, die vuilgoed dromme en ALLES word self gedoen.

Hierdie skildery is nou sowat halfpad,  Dis die boonste regterkanse hoek.Een en half meter by een meter.  Nou, ja, hy sal moet wag tot na die kwartaal….al jeuk my vingers en die kwassies hang tonguit van lus.

Julle weet seker van ons weer.  Was 44 hier.  Sugtog!  Geen nat handdoek help nie.  Die lugverkoelers staak saam met die plaasarbeiders in die Boland.  Dit laat my  wonder of daar net plaaswerkers in die Boland is  (?)  Die res van die land se arbeiders verdien seker dan die R150 waaroor almal so op hol is, of hoe werk dit nou eintlik?

Ok, sien gou weer

 

30 antwoorde op My nuwe werkplek

  1. Kliek op die foto om beter te kan sien..
    As jy wil
    😀

  2. tina10 het gesê op Januarie 16, 2013

    Ooooooo tyd. Dis nou weer ‘n nuwe uitdaging. Dis meer van ‘n roeping as enige ander skool. Sterkte … Ek sien uit na jou skoolstories want daar gaan baie wees

    • @tina10 Ek het al vanoggend ‘n video geneem van die samesang tydens “saal” Vrek snaaks hoe die kleintjies hul inleef en die woorde so verkeerd uiter.
      Ja, nee, dié stappie is nodig en net mooi op die regte tyd.

      Hoop dit gaan goed met jou
      xx

  3. Dis sowaar ‘n lieflike omgewing

  4. jy ‘kleur’ mooi in . die fotokomposisie . die pragtige skilderwerk . die lewens van jong Suid Afrika …

  5. Ek is mal oor jou skildery, al wat kort in daardie spooky huis op die heuwel is ‘n mini-me Modderkoekie weergawe, LOL.xx
    Jou klas klink sommer so lekker blink en shiny 😀

  6. Dit lyk na ‘n lieflike plek Lou, hoop die arbeiders hou op staak anders het jy nie meer ‘n job nie 😉
    Ek is gek oor jou stuitige kasteel op die koppie, wie bly daar ??

  7. @loudavisi – Sjoe, dit kan net lekker wees om daar te werk! Ek is sommer jaloers.

    Sterkte met die eerste kwartaal!

  8. Dit klink vir my idillies, die nuwe skooltjie van jou. Ek bietjie jaloers, voel so half vasgevang tussen al die tegnologie hier in die betonoerwoud.

  9. PIXIE het gesê op Januarie 17, 2013

    Wow, die skildery is “beautiful”! Ek kan nie wag om die eindresulataat te sien nie. Sterkte met die nuwe skoolkwartaal!

  10. Ek hou baie van jou prentjie – laat my dink aan Koning van Katoren vir die een of ander rede!

  11. vega het gesê op Januarie 17, 2013

    Ek love jou skilderye, dis so kleurvol en vol detail. Waarmee skilder jy? Akriel? Geniet jou skooltjie ek het ook al so in die boendoes skoolgehou.

  12. @loudavisi

    Enjoy! Daardie skooltjie en soortgelyke genadetjies staan bo-aan mens se daaglikse dankie-lysies.

  13. Jitte,dit lyk mooi!Daardie kinders is uiters bevoorreg om so ‘n onderwyseres soos jy te hê!

  14. Ek kan nie besluit wat is die mooiste nie…. die foto of die skildery!
    Lekker werk! Geniet die kindertjies! Op hierdie stadium wil ek nog myne se nekkies omdraai!

  15. Dis pragtig Lou. Die hoeveelheid kinders in die skool laat my dink toe ek op Chrissiesmeer in die skool was. Ook so al die standers/grade gemeng.

  16. Die uitsig is pragtig! Klink vir my hemels…. Ek hoop jy gaan dit geniet! Die skildery lyk ook baie mooi Lou! Geniet die skooltjie, hoekom kry ek so idee dat hierdie net net by 3 maande gaan bly nie!

  17. Met so mooi uitsig moet mens lekker werk,jou skildery is pratig!

  18. So lekker om jou weer te kan lees Lou. ek is mal oor jou skilderye! Geniet die skooltjie; ek het 6 jaar in een- en twee-man skooltjies skoolgegaan, great. maar is dit nou nie te veel vir ‘n afgetredene nie?

  19. jy’s ‘n onnie so na my hart! jou uitsig pragtig – all be it oor die buitekant of oor die pragtige 20 kindertjies!

  20. Gunsie asb ou Lou!

    Ek wil hê jy moet my e-posadres wat jy kry met hierdie kennis inlees by die volgende plek

    Paneelbord
    Die prentjies links die heel laaste een is ”subscribe”
    email – lees my adres in
    save
    Dan kry ek kennis van jou blog

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.