Hoe dit gaan met die Loua’s

Januarie 9, 2013 in Uncategorized

Dit gaan ok dankie.

Die vakansie was die eerste een in baie baie jare wat ek nie voor die rekenaar hoef te gesit en beplan het nie, want ek is mos afgetree.

Vandag gehoor ek het ‘n kontrakpos by ‘n plaasskooltjie in die omgewing gekry.

Nou worry ek mos, maar toemaar, hierdie ouma se hande staan vir niks verkeerd nie.

Intussen het ek en klein Ezra dieper gebond.  Hy is nou versot op stories. Ouma moet vertel en vertel en oorvertel.  Sy gunsteling is Jan en die boontjierank.  Opgevertel, soek ek op You Tube en wraggies, daar is videos van al wat ‘n sprokie is.  Hy kan nou al self die muis bewimpel om die volgende een te kies.  Met die oorfone op, hinder die klank nie en ons kan met die dagtaak voortgaan.

O ja, skielik dink almal my keffie is 24/7 oop.  Ek het hard en duidelik my stem laat hoor, hoor my lied!.  My keffie maak sekere tye toe…HA!  Ek kan nie heeldag bedien en opruim om dan net weer te bedien nie.

Aan liewe, kosbare  Tina, my hart en gebede gaan uit na jou en ek hoop die besigheid gaan gou verby, sodat jy weer kan roomkoek na smaak.  xxx

Nou met die vooruitsigte van ‘n ekstra inkomstetjie, word daar deeglik beplan aan ‘n vakansie….vroegerig in April.  Ek gaan vir oulaas in Mosselbaai se see swem en, soos, Modderkoekie, gaan ek elke minuut en tree vooraf beplan.

Mag 2013 vir julle goed wees.

xx

16 antwoorde op Hoe dit gaan met die Loua’s

  1. Ek lê natuurlik tussen jou en Mosselbaai, maar hoekom sê jy vir oulaas?

  2. Die ekstra inkomste sal goed te pas kom. Voorspoed met die nuwe onderneming.

  3. is die kontrak pos vir die hele jaar?

    Weet dit gaan jou beslis nie onderkry omdat jy nie vooraf beplan het nie

  4. Latino het gesê op Januarie 9, 2013

    @loudavisi Gedink ek is afgetree, maar nou besef ek dat dit nie altyd so werk nie. Ander dinge wat mens nou amper besiger hou as voorheen, maar geniet dit.

  5. @daancoetzee Ek glo ek sal ook nie ‘n oomblik ledig wees nie, Latino. As ek van bak en brou gehou het, sou dit maklik wees ; )

  6. tina10 het gesê op Januarie 10, 2013

    Ek is baie bly vir jou … grinnik nou het jy baie om te vertel hier. Is dit van die tweede kwartaal af? Lekker nuwe uitdaging. Hoeveel kinders en watter graad?
    Hoop die departement verras jou aangenaam.

    Baie dankie vir die goeie wense en tonne liefde … die Lewe neem ons op vreemde maar opwindende paaie

    • @tina10 Nee, henetog, Tina! Ek begin Maandag en Woensdag kom die 18 gr 1, 2, 3 (gekombineerd) kindertjies om my toe te laat om hulle te vermaak..hehe
      Ek was vanoggend op die plaas waar die tweemanskooltjie is. Dis prentjiemooi daar…so 18km van die dorp af. Sal Maandag onthou om my kamera saam te neem dan kan jy sien…xx

  7. Lekker om te hoor dat dit met julle goed gaan! Klink my Es raak slim en groot! Ek is bly vir jou oor die kontrek pos – geniet hom!!!!

  8. Baie bly om te hoor dat jou talent nie vanjaar onder ‘n maatemmer gaan skuil nie.

  9. Lou sterkte met die jaar….dit gaan ‘n great jaar wees

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.