Ek gaan my

Desember 28, 2012 in Uncategorized

Ek gaan (het) my

(verbete vasgeklemde)

halm los

en vry val

en waar ek land

gaan ek stil lê

en wonder

 

 

Pst:  Dink daar moet berading voor aftrede geskied.

26 antwoorde op Ek gaan my

  1. aangesien ek nie in enige joppie is nie, gaan ek nooit kan aftree nie.

  2. adage het gesê op Desember 28, 2012

    Dis ‘n aanpassing Lou, gee tyd. Moenie vandag besluit hoe jy more daaroor gaan voel nie.

  3. celia het gesê op Desember 29, 2012

    Hierdie is dalk net die begin van ‘n nuwe lewe, nou het jy tyd om ander dinge te doen 🙂 Duisend drukkies en soentjies vir jou xxx

  4. Hi @loudavisi,
    Berading is in ons moderne tyd baie nodig vir ouens wat op aftrede staan. Dis ‘n vreemde koue-skouer wêreld as jy op pensioen is. Jy kom agter dat jy nie meer markwaarde het nie en dat jy so-iets self moet bewerkstellig as jy nie in ‘n depressie wil verval nie.
    Amper teenstrydig met wat ek hierbo sê, sal jy ook verbaas wees as jy jouself beskikbaar stel – jou kundigheid aanbied en bekendmaak – om te sien dat instansies jou mag nodig hê.
    Onthou – firmas en instansies weet nie dat jy nog wil werk nie, jy moet dit bekendmaak. Hulle dink gewoonlik ‘n pensioenaris is doodgelukkig en wil nooit weer werk nie.

    • @frixos Ek weet net een ding, Frik, en dis dat ek nie ‘n huisvrou kan of wil wees nie.
      Ek gaan jou raad volg. Ons dorpie is so klein en hier gaan bitter min aan, maar iewers sal iemand my vaardighede dalk nodig kry.
      Dankie vir jou kommentaar.

  5. Kom ons stig ‘n ondersteunersklub, iets soos die AA–Hallo my naam is Lewies en ek is ‘n afgetredene!

  6. ek glo en verstaan ook dat aftrede ‘n reuse aanpassing is . mens verlang skielik na die rompslomp van waardetoevoeging . mens voel skielik leeg , onbeholpe en waardeloos . MAAR dit hoef nie lank te duur nie – skryf, verf en wees daar vir jou naastes en jou familie , en begin die lewe geniet met ou dinge waarby jy selde kon uitkom toe jy nog gewerk het . en ook baie NUWE dinge . ek weet jy is iemand wat kan aanpas … sterkte ! 🙂

  7. My aftrede tien jaar gelede het skaars twee weke gehou toe vra die myn waar ek laas gewerk het om te kom uithelp. Oor die volgende paar jaar was ek besiger as toe ek nog gewerk het. Die laaste paar jaar is rustiger en ek hou my besig met navorsing. Daar is vervelige dae, veral Kersdag, nie eens ‘n koerant om te lees nie.

    • @deonleroux Ek moet net rigting kry..ek soek nog. Vir jare lank het ek hierdie tyd van die vakansie soggens opgespring om die jaar se lesse te beplan. Nou fb ek game ek net. Ek glo dat dit beter sal gaan. Dankie vir jou kommentaar.
      Voorspoed vir 2013

  8. Ja sien,dit kom daarvan as jy so daarop aandring om oud te word!

  9. vega het gesê op Januarie 1, 2013

    Ek breek die rekord vir die hoeveel kere wat ek al afgetree het. Maar jy gaan sien dis heerlik. ( tot eendag dan staan jy op en weet nie wie jy is nie, want dit voel of jy niemand is as jy nie werk nie.) Dan begin jy kyk wat jy eintlik wil doen en wie jy eintlik wil wees.

    • @avega Ek was lekker ontsteld toe ek hoor dat pensioenarisse nie weer vir die staat mag werk nie, Vega. Ek het ‘n aflospos vir die eerste kwartaal, maar mag blykbaar nie. Sal maar moet sien wat die toekoms inhou.
      Dankie dat jy jou insig met my gedeel het. Dit gee moed
      xx

  10. Sou jou min kuiers hier in blogland ietsie hiermee te doen he? Jy is baie stil gewees….
    Geseende 2013 vir jou en mag jy jou gevoelens en dinge uitsorteer die jaar en die beste JY ooit wees vervulde juf (X) Lou!
    *drukkie*

  11. Doen wat jou hand vind om te doen? En voor jy weet…

  12. Mmmm. Jy kan ‘n poet word…

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.