Blog-uitdaging. My gunsteling tydverdryf (vir nou)

November 17, 2012 in Uncategorized

Ek werk nou al amper drie maande aan die een.

Een en half meter by een meter.

Dis nog lank nie klaar nie.  Mens moet eers als wat voorgrond is, wit verf en dan

die kleur insit.  Dié dat al die kinders nog wit lyk…: ) 

(Dit het niks met rassisme of woede-gevoelens oor wat in die Boland aangaan te doen nie, ok?)

Dis my afskeidsgeskenk aan die skool. 

Ek meen 20 jaar is mos ‘n leeftyd.

Pst: Wat is dit dan nou dat mens jou hele geskiedenis plus bloedgroep moet invoer voordat mens kommentaar kan lewer.  Asof die cat#!!$  code nie erg genoeg is nie!

 

46 antwoorde op Blog-uitdaging. My gunsteling tydverdryf (vir nou)

  1. Jy het ongelooflike talent. Ek vrek oor jou skilderye !

  2. Dis pragtig, ek’s mal oor die vrolike vlieërs. Jy moet onthou om vir ons die voltooide skildery ook te wys. Ek dink die skool gaan jou baie erg mis…

  3. vega het gesê op November 17, 2012

    Pragtig, kleurvol vol lewe. Ek hou BAIE daarvan, Lou. Die skool is lucky!
    Ek gaan hopelik ook nou weer kan verf, klaar getrek en het nou my eie ‘loft’ om in te verf 🙂

    • Ek leer nog baie,vega. Weet nie of prentjies teken en inkleur nou eintlik talent is nie. Ek sien nog jou een in my kop en DIS nou talent!
      Geniet die nuwe huis en jou eie plek om in te vroetel.
      xx

  4. Ek hou baie hiervan, vir een of ander rede herinner jou werk nogal aan Richard Scarry se ‘Busy, busy world’ illustrasies:

    http://movies.netflix.com/WiMovie/The_Busy_World_of_Richard_Scarry/70177023?locale=en-US

  5. Skilder lyk asof dit uiters bevredeigend kan wees.
    wou ook al my hand daaraan waag – weet egter ek het bitter min talent

  6. Latino het gesê op November 18, 2012

    Ek hou van daardie tipe skilderye. Een van die dae het jy genoeg tyd om jou talente uit te leef.

  7. @Latino Ja, dit en nog baie ander dinge..’n Nuwe lewe le en loer voor die deur. Dankie vir die inloer hier.

  8. twaksak het gesê op November 18, 2012

    Hallo verloor iets groots en kry iets groots by daai skool.

  9. Mmmmm jy is te oulik! Ja 20jaar is ‘n leeftyd – mens kry so knop in die keel

  10. katrina het gesê op November 18, 2012

    Ag Lou, ek het hierdie kodetjie sommer herdoop na die ‘hetjou’ kode. Dis ‘n pyn in die alie maar nou ja. Ek hou baie van jou skildery met sy helder kleure en sy storie. Is dit jou dorpie daai? Ek stel my voor hoedat sommige kindertjies lekker lank voor dit gaan staan en met mekaar gesels oor wat hulle sien.

  11. Lou daar is net een woord vir my gevoelens as ek na die skildery kyk en dit is HAPPY! Well done…

  12. Nice afskeidsgeskenk vir die skool.
    Dis nou ‘n lekker iets om mens konstruktief besig te hou in die jare van aftrede.

  13. Dis darem nie net ek wat met die kode baklei nie.

  14. maryna het gesê op November 18, 2012

    Gelukkige skool. Hulle gaan hom in die voorportaal hang.

  15. Dit raak mooier en mooier…en jy verf lekker groot…gewoonlik begin memse mos met sulke A3-grootte verwerasietjies, hoogstens…
    (My baas vir wie ek jare terug gewerk het, het besluit om sy kunsklas-debuut te maak met vier olieverfskilderye elk so groot soos ‘n deur _-; hy het die arme kunsjuffrou-tannie skoon moedeloos gehad, maar uiteindelik was dit die moeite werd!)

  16. jitte! watter medium gebruik jy?
    dis besonders!

  17. philvr het gesê op November 18, 2012

    Met die CAPTCHa code, as n mens kleurblind is sal jy darem die ou dingetjie moeilik kan reg kry.
    Hallo Lou, dit is goed om jou te kan sien, groete daar in jou groen wereld van die winter, en lekker ry met jou Karretjie. Groete van Another Day…philvr

  18. philvr het gesê op November 18, 2012

    Ek glo die kunswerk van jou gaan sommer baie mooi wees wanneer dit klaar is, mens maar dit is baie werk Het jy al probeer uitwerk hoeveel uur jy daaraan bestee het ?? En dan nog moontlik…en dan is dit klaar. Ek sal dit sweerlik raam en met n glas toemaak vir beskerming !!

  19. Baie mooi, een van die dae maak jy sakke vol geld met jou kunswerke..!!:-)

  20. Jis dis lekker as mens iets so geniet.

  21. adage het gesê op November 19, 2012

    Inderdaad ‘n baie gelukkige skool!

  22. Baie mooi en baie groot – harde werk!

  23. Hi Lou, lyk my jy raak die Van Gogh van die knersvlakte:) xR

  24. Lyk my jy reek die Van Gogh van die Knersvlakte :)xR

  25. Beautifull!! Ek het nie woorde nie!

  26. Dis pragtig Lou.
    Die skildery is baie rusgeend.
    Hier is dit baie kouwd + sneeu

  27. ‘n diepe onskuld gevoel. en ook vrede. mal oor die werk. dit remind my aan ‘n ou daar in Paris se werk. die stories van sy dorp het hy so vertel. ek is werklik mal oor die onskuld gevoel in jou werk. eendag moet jy een skildefr waar ek onder ‘n boom le in jou ‘storie’. maar dan sal dit nou nie meer ‘n ‘onskuld’ verhaal wees nie. die duiwel hoort nie in een sin as die mooiheid van jou werk genoem te word nie. hehehhehe. mooibly

  28. Hoop dis lekker by die huis! Geniet die feestyd, Lou.

  29. Patches het gesê op Desember 18, 2012

    Ek hou daarvan, pragtig lewendig

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.