Ok, derde keer is seker skeepsreg

November 13, 2012 in Uncategorized

Ek het oor die afgelope paar dae skrywes hier gepos – ok, probeer pos.  As ek Publiseer, dan verskyn my blog nerens nie…Poef!  weg, soos in gonners.

Anyway, ek vat hierdie laaste dae in my beroep jubelend en met ope arms aan.  Bied sommer my dienste aan, oorlat ek kan en oorlat ek dit (dalk) nooit weer sal kan doen nie..en ek smile. 

Glo nou dat ek op die regte pad in my lewe is en ek hou baie daarvan…:)

Ezratjie, klein willewragtag, het redelik afgekoel – hy’s mos nou al 3.  Hy eet sy leeupap sodat hy sterk kan word, want hy wil eendag vir Katy kan optel.  Katy is sy maatjie by die skool.  Ezkepez is ‘n blou smartie in sy skooltjie se konsert.  Hy oefen daagliks aan sy Maccarina-dans.Ek moedig hom aan deur aspris verkeerd te dans.  Gister se hy ewe ernstig, ouma moenie hande op kop en dan spring-draai nie – dis hande op die gat, dan kom die draai!

Skeur net daar my milt soos ek lag.  Dink julle ook hy hoor dit by die skool? of iewers in die dorp?  Beslis nie in MY huis nie..    😀

Mens moenie lag as kleintjies vloek nie, ek weet – ek probeer hard

18 antwoorde op Ok, derde keer is seker skeepsreg

  1. @loudavisi – Lou het jy jou blog subskripsie betaal…hehehe

    Wel die post wys…die ander maak seker eers ‘n draai in die Kaap…nee wag jy is van die Kaap…so hulle maak eers ‘n draai in die Bosveld of so iets.

    • Ek het agtergekom dat ek eers daai save opsie gekliek het, en toe eers publiseer…..ek weet nie hoekom daar ‘n save opsie is nie.

      En, liewe Zepman, jy’s reg. Ek het seker NIE my geldjies betaal nie.. 😀

  2. Hihi, lekker lag ek nou vir jou, ek sien net die prentjie so in my geestesoog en raai wat was my Captcha code? 2MAL

  3. Jy is darem die stoutste ouma op die planeet. Jy gaan beslis nie sukkel in die ouma hemel nie …
    Bly jy het uiteindelik die blog ding onder die knie!

  4. Maar wat kan mens anders doen? Ek giggle maar in my mou….

  5. die uitdrukking is nie verniet kleine muisies grote ore nie. Hulle hoef ‘n ding net eenmaal te hoor…. en afterall is daar baie erger woorde wat hy al kon optel. 🙂

  6. Ek twyfel glad nie oor waar kleine Ez dit hoor nie… lol 🙂 Ag ek kom agter jy sien baie uit na jou nuwe status – en jy verdien dit! Het jy toe reggekom met die papiere in die Kaap???

  7. Geniet jou min-dae, Lou!

  8. Ek geniet jou stories van Ezra!

  9. maryna het gesê op November 14, 2012

    Ougat se kind! Ek dink ek geniet hom meer as jy, as dit moontlik is.

  10. Hello Lou! My blogs is bietjie stukkend en die techies probeer dit fix. Goed om jou weer ‘n slag raak te lees.

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.