NAGBLERRIEMERRIE

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

Om af te tree is nie vir sissies nie

Dis ‘n nagblerriemerrie – hoor my lied

Het met die slimste van die slimmes gekonfereer en gehum en gehoo

Oor die sestien GRIEKS geskryfde vorms wat PERFEK ingevul moet word

Tippex word BELET – vaardige Lou maak talle afskrifte vir incase.

Dit help nie veel nie, want dan moet alles oorgesertifiseer en gechap en geduimafdruk word.

As jy ‘n foutjie maak, is jou toekoms moertoe

Met die goeie raad van vorige afgetredenes, bel ons die department

Foon lui.  Iemand tel op en sit neer.  PEEEEP PEEEP   ses keer.

Gee MOED op.

 

Ezratjie se mangels is weg

Hy het so soortvan in ‘n placid mode verander

Ek mis die hardegatmannetjie, maar sug dieplik oor die rus en vrede wat tans heers.

Hy word Vrydag 3!

Kan julle nog onthou toe sy ma destyds oor die heining geskree het:

“Hello Ouma!”

😀

18 antwoorde op NAGBLERRIEMERRIE

  1. celia het gesê op Oktober 31, 2012

    Is dit al so lank terug! Man, hou net aan bel totdat iemand praat, sulke gedrag van staatsdiensamptenare maak my sommer wit warm. Sterkte met die aftree.

  2. Jy sal maar daar neffentjies hulle moet gaan sit met jou vormpie…..sug

  3. hoop die aftrede bring net die beste in die ouma na vore !

  4. Dit voel soos gister toe klein Ez gebore is. Tyd vlieg.
    Sterkte met al die hordes papierwerk.xx

  5. katrina het gesê op November 1, 2012

    ‘n Paar woordjies vir jou: Bly kalm en vloek saggies! Een of ander tyd word die dinge tog uitgesorteer 🙂

  6. Lou so gaan daar nou op die stoep gesit word en tee geskink word…of hoe…sekerlik nie

    Voorspoed met die aftree

  7. Moer toe jy se – lekker lag ek nou 🙂
    Ek is bly klein Ez is beter, my kinders was “ander kinders” na hulle mangels uit is… die goed kan jou tog so vergiftig! Die mannetjie word nou vinnig groot. Sterkte met al die vorms, dit klink ook so as ek die Mislikepaliteit skakel… sterkte!

  8. Vat die dag af, en kom daar aan net na skooltoemaaktyd – jy kan altyd se jy had ‘n af periode…

    🙂

  9. Wat sou die lewe wees sonder daardie gesiggies….

    Sterkte met die nagblerriemerrie…. daai’s nooit lekker nie!

  10. En is dit dan nou nie al darem weer tyd vir die volgende kleinding nie, a nee a?!?! 🙂

  11. gidivet het gesê op November 2, 2012

    Ek dink is ‘n sameswering om goeie onderwysers te verhoed om af te tree.

  12. Ek wonder hoekom hulle nog bodder om telefone te hê as hulle dit nie antwoord nie!Sterkte met die gemors!

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.