Vitamin B Complex, nogals!

Oktober 12, 2012 in Sonder kategorie

Vanoggend kom Hartman medisynekassie toe om sy daaglikse hanjievol uit te pak.

 

Hy roep verbaas:

 

Waar is my Vitamin B Complex pille!  (Geen vraagteken, hoor)

 

Ek weet mos nie. 

Drink self nie pille nie.

Weet nie eers dat hy Vit B nuttig nie.

 

Vanmiddag moes klein Ezra please and explain.

Hy erken dat hy die saadjies wat in die pakkie was, geplant het.

 

EN hy wys nogals waar dit geplant is.

 

Ons gaan binnekort 60 Vit B Kompleks bome he

SO, as iemand belangstel in die oes,  laat weet die behoefte.

Dis sal gratis en persoonlik gepluk kan word!

 

Wys jou net:

As Oupa kind oppas, pas niemand kind op nie.

😀

45 antwoorde op Vitamin B Complex, nogals!

  1. TS het gesĂȘ op Oktober 12, 2012

    hehehehe… julle gaan skatryk word! Jy kan ‘n pragtig etiket ontwerp en julle koop botteltjies by Consel(sp)

    Ek het nou die aand ‘n foto van ‘n interessante skildery vir jou ge-epos Het jy dit gekry?

  2. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 12, 2012

    Het dit vandag eers kon kry, want ons internet was vir twee dae af…en my hotmail wil net nie op inbox oopgemaak het nie. Dis nou toe die internet uiteindelik weer gesig gewys het.

    Ek kon ook nie vir jou terug mail nie, want my geduld was nerfdun met die gesukkel. Ek het die link gevolg en al daai paintings op word gepaste.
    Dis die wonderlikste, most stunning paintings!
    BAIE DANKIE
    xx

  3. gits, julle kan bly wees hy’t dit geplant en nie gedrink nie. Sou hy ooit weer kon afskakel???

  4. katrina het gesĂȘ op Oktober 12, 2012

    Hahaha! Groente het mos baie vitamines, so dan moet vitamines baie groente kan maak!

  5. Perdebytjie het gesĂȘ op Oktober 12, 2012

    Kostelik!Lyk my die kleine Ezra is baie vindingryk.

  6. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 12, 2012

    Ek kan nie vir jou se hoe ek geworry het nie!
    Alle gevaarlike medikasie is sumier onder my aandrag nog opperder (kan nie hoer met die ogies op maak nie, sorry)
    gestoor!

  7. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 12, 2012

    Hy spit en plant heeldag, Bytjie!

  8. Dis waar,As Oupa kind oppas ,pas niemand kind op nie.

  9. bloukaap het gesĂȘ op Oktober 12, 2012

    hier in ingeland waar ek so paar dae ‘n week spandeer vertel die vente altyd die selle grap; die Ier kom by die huis en gil; “waar is my Viagra” … toe antwoord sy Ingelse vrou ….. die Skotse buurman was vroeg tuis …..

  10. bonty het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    jou stories is altyd ‘n tonic hehehe

  11. wat ‘n kostelike onthoustorie . Ezra is ‘n slimkop boerklong – mag daar in sy vindingryke lewe nog baie vitamien b bome en botterbone en pronkertjies opkom !

  12. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    😀

    Feite, bruggie!

  13. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Hoop nie hy het haar met sy knuppel bygekom nie!
    😀

  14. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Dankie, Bonties.

  15. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Jy moet hom sien slote grawe, pype le en opkoppel, tot die water uitkom.
    Hy kyk goed af.
    Dankie, Exi..

  16. smella het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Ag dis oulik!

  17. pasella het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    hahaha! Bedrywige boertjie!

  18. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Ek moes groot smile, na die bekommernis.

  19. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Yep, like his Oupa!

  20. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    😀

    Hoop jy is okerig…

  21. HeavyHenry het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Daai outjie gaan julle nog alle hel gee – en heeltemal onskuldig ook!

  22. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 13, 2012

    Onskuldig en onrein, Henry…..soos sy ouma, MOS

  23. sirpsa het gesĂȘ op Oktober 14, 2012

    :-))

    Laat my dink aan toe ek so vier jaar oud was en waatlemoenpitte geplant het. Net halfpad in die grond ingedruk natuurlik, sodat hulle darem nog kon asemhaal. En toe dit ‘n rukkie later begin reĂ«n, het ek hulle inderhaas weer gaan uithaal en sodoende voorkom dat hulle verdrink.

  24. Carol460 het gesĂȘ op Oktober 14, 2012

    Ek soek van die vitamin B plantjies asseblief. Gelukkig het hy net die goed geplant, nie gedrink nie!

  25. avega het gesĂȘ op Oktober 14, 2012

    Haha dis so cute. Hierdie cityslickerkleinkind van my sal bang wees sy hande word vol modder 🙂

  26. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 14, 2012

    Jy laat my aan my seun dink toe hy so klein was. Hy wou elke miertjie se lewe red as dit reen
    😀

  27. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 14, 2012

    Sodra ons die vrugte pluk.
    Jou bestelling is geplaas
    😀

  28. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 14, 2012

    Ons moet eers vir Ez buite met die tuinslang afspuit voor hy in die huis kan kom!
    Hy spit en maak damme en mors water.
    😀

  29. Ek-Myself het gesĂȘ op Oktober 15, 2012

    Bawhaaa!!! lekker lag ek vir klein Ez!!!!

    Gelukkig het hy dit geplant en nie geeet nie!!!

  30. Modigliani het gesĂȘ op Oktober 16, 2012

    Ag jinne dis oulik!!!!!!!!!!!!!
    Gee sommer vir Ez ‘n groot vet soen van my af!

  31. Lekker lag ek nou….vitamienes aan bome!!!

  32. Hahahahaha! Dis maar goed dit was nie slaappille nie, dan het daardie bome jou hele werf vol gele sodra hulle begin groei het!

  33. Ek het met die grootste gesukkel vandag vir die eerste keer weer op jou blog ingekom, Lou. Ek was so gefrustreerd. Maar nou kan ek bietjie teruglees en ek hoop ons trek saam WordPress toe!

  34. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 17, 2012

    Ek was so verlig toe ons die probleem opgelos het!

  35. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 17, 2012

    Soen sommer ‘n paar maal oorgedra, Jeanne!

  36. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 17, 2012

    HAHA! Slaapbome!
    😀

  37. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 17, 2012

    Die moeilikste is om op kommentare kommentaar te lewer. Mens kan nie meer direk van email af inkom nie.

    Ons trek beslis saam

  38. loudavisi het gesĂȘ op Oktober 17, 2012

    Hellooooo!
    Hoe gaan dit met die kleintjies?

Laat 'n Antwoord

Jy moet aangemeld inwees om kommentaar te lewer.